Eskom verwag nie verdere beurtkrag

beurtkragEskom het Maandag gesê dat die land se kragtoevoernetwerk vir die volgende ses weke onderdruk gaan wees, maar verwag nie dat beurtkrag vir die tydperk toegepas gaan word nie.

Eenheid 2 van die Koeberg-kernkragstasie is tans glo vir herstelwerk gesluit wat druk op die netwerk gaan plaas. Andrew Etzinger, ʼn woordvoerder van Eskom, het aan EWN gesê dit sal veroorsaak dat nagenoeg 900 MW ʼn dag verlore sal gaan.

“Die aanvraag na elektrisiteit is sowat 30.000 MW op ʼn dag soos vandag. 900 MW is ʼn groot gedeelte daarvan,” het Etzinger gesê. “Die kragnetwerk sal onder spanning verkeer weens ons lae brandstofreserwes. Ons sal met tye kwesbaar wees.”

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.