Eskom sê sy operasionele en finansiële posisie het in die ses maande tot einde September verder versleg en voorspel die situasie sal na verwagting selfs verder agteruitgaan voor dit eers oor vyf jaar begin regkom.
Phakamani Hadebe, Eskom se groep- uitvoerende hoof, het met die bekendmaking van die kragvoorsiener se tussentydse resultate vir die oorsigtydperk gesê inkomste het effens van R95,5 miljard tot R98,1 miljard toegeneem, hoofsaaklik vanweë die 5,2%-tariefverhoging wat in April vanjaar in werking getree het.
Maar Eskom se netto wins het met 89% gedaal – van R6,3 miljard verlede jaar tot R671 miljoen.
“Daar sal druk wees op kort tot mediumtermyn terwyl ons na finansiële en operasionele volhoubaarheid oorskakel,” het Hadebe gesê. “Dié verandering sal vasbeslote, sterk en beslissende leierskap verg. Eskom het ʼn ambisieuse omkeerplan – grotendeels in sy eie beheer – opgestel om sy finansiële toestand teen 2023 te verbeter.”
Van die probleme waarmee die kragreus te make het, is lae tariewe, beperkte groei in verkope, toenemende koste en verminderde opwekkingsvermoë. Ook is die steenkoolvoorraad laag en hoop munisipaliteite se elektrisiteitskuld op.
“Ondanks dié uitdagings is Eskom se raad en bestuurspan verbind tot vyf sleutelprioriteite vir toekomsgroei,” sê Hadebe.
“Dit sluit die verbetering van swak bestuur, verbeterde likiditeit, finansiële volhoubaarheid en ʼn plan om opwekkingsvermoë reg te ruk in.”
Eskom sê die nuwe vergoedingspakkette waarop in die bedingingsforum ooreengekom is, het nog druk op die kragvoorsiener se uitgawes geplaas: Salarisse kos hom nou R16,9 miljard, 12% meer as die R15,1 miljard van verlede jaar.
En ek verwag ‘n totale en rampspoedige ineenstorting van Eskom lank voor dan.
Ok jul kom agter iets is nie baie lekker nie, maar julle het nie die vaagste benul wat om daarvan te maak nie, julle beplan en beplan en beplan……… en dan leen jul maar net meer. Vat vyf
Aan hom het die apartheidsregering gevra: ‘Wat gaan jy maak met al hierdie kragstasies wat jy bou se oortollige elektrisiteit?’ Sy antwoord was: ‘Los my uit want ek weet wat ek doen’. Inderdaad het die regering hierdie begaafde man gelos want hy hét geweet wat hy doen!!! http://www.eskom.co.za/sites/heritage/Pages/DR-R-L-STRASZACKER.aspx