Eskom vies vir agterstallige VS-munisipaliteite

Bloemfontein. (Argieffoto: Facebook)

15 Vrystaatse munisipaliteite én die Mangaung-metro (Bloemfontein) se skuld by Eskom het teen einde verlede maand reeds R16 miljard beloop.

Die skuld is steeds nie vereffen nie en Eskom sê nou dit plaas druk op sy inkomstestroom, wat eindelik ’n negatiewe invloed op dienslewering het.

Eskom verskaf elke maand elektrisiteit in groot maat aan verskeie Vrystaatse munisipaliteite wat herverdeel en verbruik word. Die provinsie se topdrie munisipaliteite verbruik maandeliks gemiddeld energie ter waarde van R200 miljoen.

Tog versuim die munisipaliteite én ander om Eskom daarvoor te betaal ten spyte daarvan dat hulle staatstoelaes en betaling van kragverbruikers ontvang.

Die 16 sondaars is Maandag deur Eskom uitgewys as:

  • Maluti A Phofung
  • Matjhabeng
  • Ngwathe
  • Nketoana
  • Phumelela
  • Mafube
  • Nala
  • Mantsopa
  • Masilonyana
  • Tokologo
  • Dihlabeng
  • Moqhaka
  • Tswelopele
  • Setsoto
  • Letsemeng
  • Mangaung Metro

Volgens Eskom beloop die topdrie munisipaliteite in die Vrystaat wat die meeste elektrisiteit gebruik, se skuld 78% (R12,5 miljard) van die provinsie se skuld.

“Munisipaliteite het ’n grondwetlike verantwoordelikheid en plig, nie net teenoor Eskom nie, maar ook teenoor hul kliënte, om hul finansiële verpligtinge vir die grootmaatverskaffing van elektrisiteit na te kom sodat Eskom weer sý verpligtinge kan nakom,” sê Agnes Mlambo, hoofbestuurder vir Sentraal-Oos-groepering (KwaZulu-Natal en Vrystaat).

Eskom het nie gesê dat daar in dié stadium enigsins stappe teen die munisipaliteite beplan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Anel ·

Hoekom moet hulle betaal? Daar is mos vir hulle belowe hulle gaan alles verniet kry.

Elizabeth ·

Waarom nie optree nie? Waarom voorkeur gee aan die wat hul sakke vul? Waar anders gaan die geld heen? Eskom sal optree teen my? Ek sê nie sny almal se krag af nie ek sê kry ñ bevel teen die verskillende munisipaliteite. Dit is ñ fortuin en hulle kom weg met moord. Die land kan dit nie bekostig .

Jacobus ·

Sit die niebetalers se krag af tot die rekening tot op datum betaal is. So maklik soos dit. Dis wat met my sal gebeur as ek nie betaal nie.

Hasie ·

Ja nee die rooi Mercedes-Benz betalings Moet eers afgehandel word ….. Die EFF mos gesê als is verniet ….Nou wat nou ….

cornelius ·

Wat van soweto se uitstaande skuld. Hulle praat nie daaroor nie.

cornelius ·

Wat van soweto se agterstallige rekening en al die onwettige koppelings? Hulle meld dit nooit.

Wondermaarnet ·

Moenie vies wees nie eskom. Julle laat toe dat die anc die kitaar tokkel. SNY DIE KRAG AF!

christo ·

Emalahleni (Witbank) skuld ook miljarde. Emalahleni Wes is die grootste sondaars maar daar word geen krag gesny van die kragdiewe nie, want al word dit gedoen is dit openbare geweld en die elektriese infrastruktuur afgebrand. Korrupte amptenare ontvang omkoopgeld om dienste weer te koppel.

Blikkies ·

Hierdie berig beteken vir my niks. Ek het absoluut geen idee waar daardie plekke is of op watter name ons hulle ken nie? Ek lei slegs af dit is erens in die Vrystaat.

Dries ·

Dit is die hele Vrystaat, Die blinkste en duurste motors staan by die munisipale kantore,

Nico ·

Hoekom kla Eskom oor Bloemfontein se agterstallige skuld wat van Soweto.

JohnR ·

… en ek is vies vir Eskom wat onbeholpe is en absoluut niks van instandhouding af weet nie.

MrMagic ·

Ek wil voorstel dat alle oorspronklike dorp- of gebiedsname voortaan ook aangedui word. Meeste van ons lesers het geen idee waar die vervreemde dorpe geleë is nie. Sodoende weet almal waar dit is en leer ook sommer terselfdertyd die nuwe name.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.