Eskom voeg fase 4-beurtkrag by

beurtkrag

Argieffoto

Suid-Afrikaners kan dalk binnekort fase 4-beurtkrag beleef nadat Eskom Vrydag bevestig het dat die fases gewysig word.

Die huidige beurtkragfases maak voorsiening vir 1 000 MW om op die kragnetwerk bespaar te word tydens fase 1; 2 000 MW tydens fase 2; en fase 3 wanneer 4 000 MW bespaar word.

Eskom het egter selde vroeër aan sy gebruikers bekend gemaak dat fase 3 eintlik twee vlakke het, naamlik 3a (3 000 MW) en 3b (4 000 MW).

“Ons beplan dus om tydens ʼn fase 3-beurtkrag 3 000 MW te bespaar en dan tydens fase 4-beurtkrag word 4 000 MW bespaar,” het ʼn woordvoerder van Eskom aan Fin24 gesê. “Die presiese datum [wanneer fase 4 beurtkrag ingestel sal word] is nog nie bevestig nie. Maar dit sal binnekort wees.”

Die nuwe fases is dus:
– Fase 1: 1 000 MW
– Fase 2: 2 000 MW
– Fase 3: 3 000 MW
– Fase 4: 4 000 MW

Alhoewel dit dalk mag klink of Eskom beurtkrag na ʼn nuwe vlak toe neem met fase 4, is die skuif egter daarop gemik om meer opsies beskikbaar te stel sodat die maatskappy meer doeltreffend met sy aandeelhouers kan kommunikeer.

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het Woensdag in die parlement gesê sy het Eskom versoek om beter te kommunikeer met sy aandeelhouers en dat hulle vennootskappe met verskeie mediamaatskappye gevorm het om die proses te verbeter.

Bron: Matthew le Cordeur, Fin24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

John ·

As Eskom voortgaan om hierdie fases so te vergroot gaan hulle binnekort meer fases hê as die Tour de Frans.

Stephan ·

Die berig is verwarrend en sensasie-soekend. Dis slegs ‘n naamsverandering. Kom nou.

Johan ·

Ai, daar is geen einde aan die duister nie…Arme Madupi, kan hy 4000MW opwek (as hy klaar is)? Soos dit v my lyk moes die volgende GROOT kragstasie nou al klaar gewees het.

Marius ·

Noem dit net:
Fase 1000
Fase 2000
Fase 3000
..
Fase 8000
ens dan verstaan almal tog. Hoekom ingewikkelde kodes

Pieter ·

Dit is n klomp snert,eskom moet hulle prioriteite reg kry en ophou om leke in poste te wil he Dit is hulle eie skuld dat die ervaring en kennis eerder in die buiteland werk

Peet Schabort ·

Pieter, dis dan ook waar die woord “Black-outs” vandaan kom . . .

Pieter ·

Dit is n klomp snert,eskom moet hulle prioriteite reg kry en ophou om leke in poste te wil he Dit is hulle eie skuld dat die ervaring en kennis eerder in die buiteland werk

Ina Cripps ·

Of dit nou ‘n naamsverandering is of wat ookal, wil ek net weet wat dit vir my as verbruiker gaan beteken? Meer en langer beurtkrag, of landswye krag afsluiting of wat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.