Eskom-voorsitter bedank

Foto: GCIS

Foto: GCIS

Zola Tsotsi, Eskom se voorsitter, het Dinsdag bedank.

Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, het gesê dit het “oornag” gebeur en het gevolg ná ʼn voorlegging wat hy aan die direksie gelewer het.

Tsotsi het aangevoer dat hy meen sy bedanking is in belang van die maatskappy en die land sodat die direksie al hul aandag kan fokus op die oplossing van die maatskappy se probleme.

Ben Ngubane is intussen aangestel as waarnemende voorsitter.

Dit het Sondag aan die lig gekom dat Tsotsi Lynn Brown, minister van openbare ondernemings, beskuldig het dat sy toutjies getrek het om hom uit die maatskappy se direksie te verwyder.

Volgens ʼn berig in die Sunday Independent beweer Tsotsi dat Brown gereeld met “drie of vier geskorsde senior Eskom-bestuurders” vergader het. Hy het aan die koerant gesê dat dit duidelik was dat Brown hom nooit daar wou gehad het nie. Tsotsi het bygevoeg dat Brown direk met die kommersiële- en operasionele besluitnemingsprosesse van Eskom inmeng. Brown het hierdie bewerings ontken.

Tsotsi het Maandagaand voor die direksie verskyn oor bewerings van misdrywe wat oneerlikheid insluit.
Sy bedanking volg ná die onlangse skorsing van Tshediso Matona, Eskom se uitvoerende hoof.
Matona is op 11 Maart geskors nadat hy geweier het om as uitvoerende hoof terug te tree sodat die raad ʼn ondersoek van stapel kan stuur oor die krisis by Eskom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pierre Celliers ·

Dit gaan maar wild by hierdie kritiese instansie lyk dit my!!!

Piet Pompies ·

Al hierdie positiewe veranderinge by ESCOM is te danke aan Cyril Ramaphosa, hierdie man weet wat is reg en wat is verkeerd, hy is tans besig om die sous trein van ESCOM se waens af te haak. Hy gaan nog geskiedenis maak in SA want hy en Zuma sit nie langs mekaar.

Anton Smit ·

Tinus mens kan nie skelm streke n storm noem nie skelm is skelm

Peet Schabort ·

In Afrika moet daar altyd eers druk uitgeoefen word voordat die persoon besef dat hy nie daar hoort. Gewoonlik is daar altyd ‘n afskeidsbonussie ook betrokke.

Basie Badenhorst ·

Hoe dink die mense in die regering ,hoe kan totale leke in die kragopwekking miljee enigsins goeie of haalbare besluite doen om die kragsituasie te verbeter.Kry n Eskom kundige(baie afgetredenes) om hierdie ding te bedryf!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.