Eskom-voorsitter ontken bewerings van ‘onregmatige invloed’

Argieffoto: GCIS

Ben Ngubane, voorsitter van Eskom, het Vrydag bewerings ontken van pogings tot “onregmatige invloed” op minister van minerale hulpbronne, Ngoako Ramatlhodi.

“Die leuens deur die voormalige minister van minerale hulpbronne kan slegs deur niksvermoedende of bevooroordeelde persone volgehou word,” het Ngubane gesê in reaksie op wydverspreide berigte dat hy en Brian Molefe, uitvoerende hoof van Eskom, die minister “gedruk” het om alle mynregte deur Glencore op te skort.

Ramatlhodi het gesê hy is gereed om aan ʼn geregtelike ondersoek te sê dat Molefe en Ngubane probeer het om druk op hom te plaas om die mynmaatskappy Glencore se lisensies op te skort, in die stadium toe die land gebuk gegaan het onder beurtkrag.

Ramatlhodi, wie se verdoemende bewerings kom terwyl Molefe weer as uitvoerende hoof van Eskom aangestel word, het gesê pres. Jacob Zuma se seun Duduzane was die boodskapper wat die Gupta-familie gebruik het om ʼn vergadering met hom te reël.

Ramatlhodi het gesê hy het in 2015 met Molefe vergader, waar hulle Glencore se R2 miljard-boete bespreek het toe substandaard steenkool aan Eskom verskaf is. By die tweede vergadering het Molefe en Ngubane glo daarop aangedring dat Ramatlhodi alle Glencore-lisensies opskort hangende die betaling van die boete van R2 miljard. “Ek het gesê ek gaan nie die myn sluit nie,” het Ramatlhodi verduidelik.

Die voormalige minister wou egter nie bekend maak of hy gevoel het of hy onder druk is om Glencore se lisensie op te skort om plek te maak vir Optimum nie, wat die Guptas glo in daardie stadium van plan was om aan te skaf.

Ngubane het Vrydag egter al die bewerings ontken. “Dit is absoluut ongeloofwaardig om voor te stel dat ʼn senior minister deur beamptes van ʼn staatsentiteit geboelie kon word. Iemand sou uiters bevooroordeeld teen Eskom moet wees om selfs hoegenaamd hierdie bewerings as waarheid te oorweeg, gegewe die belaglike aard daarvan.

“Die bewerings deur ʼn vorige senior minister met só ʼn noodsaaklike nasionale mandaat is nie net absurd nie, dit werp ook lig op sy eie persepsie van sy onbekwaamheid.”

Ngubane het gesê hy wonder waarom Ramatlhodi versuim het om die beweerde oortreding op die “regte tyd”, toe dit glo plaasgevind het, aan te meld.

“Het hy die media genader toe dit na bewering plaasgevind het? Het hy die saak by die polisie aangemeld en as hy het, wat is die saaknommer?” wou Ngubane weet in ʼn lang verklaring wat hy uitgereik het en waarin hy enige oortreding ontken.

“Hoekom is dit eers nou die tyd om dié verdoemende bewerings te maak? Mens sou verwag het dat die ernstige bewerings dadelik by die polisie en of die media aangemeld sou wees. Dit is duidelik nou vir hom die geskikte tyd om die bewerings te maak, en mens kan maar net wonder oor sy motief.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ander Annie ·

Verbaas dit julle dat die man ook voorheen SABS se Voorsitter was. Nou is dit ESKOM. Die sous trein hardloop volstoom. Lekker man.

John ·

… Is die geyser af? Sit tog asseblief die ligte af…. Hoekom tap jy al die warm water uit?… Is die gas alweer op?… Ja… ja… ons harte bloei vir arme Eskom… en hul patetiese twak…

Scalla ·

En hulle word senior ministers genoem, lieg en bedrieg kan hul goed doen, dit is hoekom ons rommel status geniet

Johann ·

Man, loop net, loop tog net. Dit laat my dink aan dink aan Fikile, die nuwe menister van polisie. Pas het ‘n regter teen Ntlemeza beslis dat hy nie terug kan gaan werk toe nie, of Fikile harloop koerante toe om te beduie hoe reg hy was om die man van sy pos te onthef. Plaas dat hy met sy werk aan gaan, maar nee die klomp wil gedurig in die koerante en op die voorblaaie wees, hulle wil akteurs en politici wees. Celebs, dis om van naar te word.

Lekker ini Donker ·

Ek se mos al lankal dat die beurtkrag stories so georgestreer was dat sekere mense hulle vingers in steenkool kontrakte kon kry terwyl besighede in SA derduisende rande se skade lei. Dis gaan lekker in die Nuwe Suid Afrika.

Mickey ·

Ek skat daar gaan al hoe meer dinge in die ANC uitkom soos elkeen begin keer vir sy eie ‘wickets’. ‘Methinks thou doth protest too much’ is baie van pas hier.

Ander Annie ·

Hehehe, dis goeie een, maar my broer Jack lieg mos nes ek. Ek wonder met watse tandepasta borsel die spul hulle tande in die oggende. As hulle hulle monde oopmaak is dit onaangenaam.

MANIE ·

Sien Evkom se hulle gaan die krag probeer aanhou die winter. Aag moeder. Hulle is tog te oulik, Sal nog beter wees as die BEE base ophou sit en dink hoe om te steel en doen waarvoor hulle enorme salarisse verdien

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.