Eskom vra inwoners vir veilige toegang tot buurte

Sommige van die onwettige kragverbindings wat Eskom verwyder het. (Foto: Eskom/Twitter)

Eskom het Woensdag ʼn beroep op inwoners van Ivory Park in Gauteng gedoen om sy tegnici veilige toegang tot die buurt te gee om stukkende transformators te herstel en onwettige verbindings te verwyder.

Die kragvoorsiener sê die transformators is oorlaai weens die onwettige verbindings en meters wat omseil word en het gevolglik die gees gegee.

Eskom sê ʼn vergadering met wyksraadslede, taxiverenigings en amptenare van die Johannesburgse metroraad het verlede week op ʼn dooiepunt uitgeloop, omdat geen ooreenkoms bereik kon word op “ʼn manier om die gemeenskap te betrek nie”.

“Ons wil ʼn beroep doen op die Ivory Park-gemeenskap om saam met Eskom te werk om die kwessie op te los deur ons toegang tot die gebied te gee om oudits te doen, onwettige verbindings te verwyder, meters wat omseil is te diskonnekteer, asook om boetes uit te reik vir oortredings. Die doel hiervan is om skade aan die toerusting en die kragnetwerk te voorkom,” het Motlhabane Ramashi, operasionele  en instandhoudingsbestuurder van Eskom se Gautengse operasionele eenheid, gesê.

Hy het gesê Eskom volg spesifieke riglyne om stukkende infrastruktuur te herstel en gaan nie daarvan afwyk nie. Eskom is nie in ʼn posisie om deurlopend stukkende mini-substasies te herstel in gebiede waar inwoners nie hulle kragrekeninge betaal nie.

Die polisie hou ‘n wakende oog terwyl werkers van Eskom onwettige kragverbindings verwyder (Foto: Eskom/Twitter)

“Die gemeenskap van Ivory Park, omliggende gebiede, asook ander buurte in dieselfde posisie, word aangemoedig om saam met Eskom te werk om te verseker kragtoevoer word herstel en betaal. Eskom-werkers se veiligheid geniet te alle tye die hoogste prioriteit. Die gemeenskap kan saamwerk deur ʼn geskrewe onderneming te gee dat hulle die veiligheid van Eskom se werkers waarborg en nie gaan inmeng wanneer tegnici hulle werk doen nie,” het Ramashi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Db ·

Wonder ek nou of daardie polisie oë agter in die koppe het want daar word vir mekaar gekyk en beslis nie na die Eskom werkers nie. Lekker daggie af om te kuier onder mekaar

ne ·

As Eskom toegang geweier word – SIT DIE KRAG AF!
Die polisie en eskom is bang vir die inwoners????

Martie ·

Aha dis ‘n begin….volgende week is dit sekerlik Soweto se beurt ne

colleen ·

Nee nooit nie. Die kaders is te bang alles word afgebreek of afgebrand as daar ingegryp word. Soweto wil mos die land regeer en die kaders dans na die nasie se pype.

wilma ·

Goeie genugtig, waarom nog sukkel? Geen betaling, geen herstelwerk, geen krag aan enigeen.

colleen ·

Nou gaan die skelms eers toesak. Hulle sê hulle is van Eskom en beroof, verkrag en vermoor mense.

KP ·

Die ANC het hulle alles verniet belowe, nou pluk die hele land die vrugte. Niks gaan verander tot die hele land in donker sit, binnekort ook.

D B ·

Geen toegang = Geen kragtoevoer, einde van die storie.

Wat my wel baie pla van hierdie berug is waarom daar vergader was met taxiverenigings? Soos baie mense beweer, word ons ou landjie dan nou nie maar eintlik regeer deur die taxibase nie…

Johanna ·

Eskom behoort oral die onwettige verbindings te gaan verwyder. daar is baie!!!

Michelle ·

Just google on the townships, see cables running from the pole boxses into shacks and the street shops, miljoen wires and cables. FREE ELECTRICITY AND WE MUST PAY WHAT THE HELL, I’M CONNECTING TO THE POLE TONIGHT INTO MY HOUSE.

Michelle ·

Please start in the Alexander township where cables of power is running from the pole boxes into the shops & shacks. This is a matter of emergency, how the hell do they get free electricity

marous ·

Hoeveel onwettige verbindings en nie betalers was daar voor 94 ?

Matt ·

Martie in jou drome sal hulle Soweto aanvat. Hulle sal dieselfde behandeling kry as wat die polisie in Johannesburg gekry het toe hulle ontwettige goedere wou konfiskeer.

Swart Piet ·

Nou as ek vir Eskom probleme gee as hulle my perseel wil betree vir die krag dan sit hulle bloot eenvoudig die krag af. Doen nou maar dieselfde daar. Hulle ore sal vinnig genoeg oopgaan.

George in Bloem. ·

Hahahahahaha! Die Sirkus en al sy narre gee my wraggies groot lag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.