Eskom vra nou nog groter tariefverhoging

Calib Cassim, Eskom se finansiële hoof. Foto: Armand Hough/ANA

Eskom het bevestig dat hy sy aansoek vir tariefverhogings oor die volgende drie jaar verhoog het weens sy kragverkope wat na verwagting laer gaan wees.

Khulu Pasiwe, woordvoerder van Eskom, het aan African News Agency (ANA) bevestig Eskom het sy “aansoek vir die eerste jaar van die multi-jaar-aansoek met ongeveer 2% aangepas”.

Eskom vra dus nou ʼn verhoging van 17,1% in die eerste jaar, 15,4% in die tweede jaar en 15,5% in die derde jaar.

“Eskom het ʼn beroep gedoen dat sy bedryfsvereistes wat die reguleerder se omsigtigheidstoets moet slaag, vergoed word deur die regulerende proses om dit tegnies en finansieel te herstel,” het Pasiwe gesê.

“Die boodskap is by die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se openbare verhore gedeel en Eskom het ook bevestig dat die inkomstevereiste onveranderd gebly het, hoewel laer verkope verwag word.”

Calib Casim, Eskom se finansiële hoof, het gesê die maatskappy se tussentydse resultate vir die tydperk geëindig September 2018 het die kragvoorsiener se status as aanduiding van finansiële nood bevestig.

“Ons verwag ʼn netto verlies van sowat R20 miljard teen die finansiële jaareinde en dit is duidelik dat Eskom nie alleen die finansiële en operasionele volhoubaarheidsuitdagings kan oplos wat hom in die gesig staar nie ondanks die feit dat ons stygings in bedryfskoste rondom inflasievlakke behou het. Die verliessituasie sal die volgende paar jaar voortduur selfs met die verhogings waarvoor aansoek gedoen is.”

Casim het gesê Nersa moet besluit of die verbruiker aanspreeklik is vir doeltreffende koste, met verwysing na ontledings wat daarop dui dat histories elektrisiteitspryse in Suid-Afrika op ʼn subsidie vir sy kliënte neergekom het.

Daar is sterk teenkanting teen Eskom se aansoek vir tariefverhogings van die private sektor, drukgroepe en opposisiepartye.

Mpumelelo Mnyani, Eskom se senior bestuurder vir verkope-vooruitskatting, het gesê die verkoopsvolume-aanpassing was net een van verskeie faktore wat die maatskappy genoop het om ʼn groter tariefverhoging vir die komende jaar te versoek.

“Ons het ons verkoopsvoorspelling hersien en moedig Nersa aan om ʼn verifikasieproses op die nuwe syfers te doen. Ons versoek Nersa verder om Eskom toe te laat om hierdie syfers jaarliks te hersien op grond van die jongste beskikbare projeksies.”

Eskom se standpunt is dat ʼn groter tariefverhoging wel ʼn negatiewe uitwerking op verskeie sektore van die ekonomie sal hê, maar die oplossing hiervoor is programme om kliënte te help “in plaas daarvan om die prys van elektrisiteit kunsmatig laer te hou wat Eskom sal weerhou van die vermoë om beleggings te finansier en instandhouding te doen wat nodig is om voldoende elektrisiteitsvoorsiening vir kliënte te verseker”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Jan B ·

Duh!!!!! As jy beurtkrag het en jy vra kliente om meer spaarsamig te wees gaan jou verkope minder wees.
Klomp patete!!!

Bus ·

Hulle kry te veel bonuses en kos wat deur Eskom aan gekoop word . Maak dit minder dan hoef ons nie meer te betaal nie

Colleen ·

Presies. 2-3 bonusse ‘n jaar; onbevoegde mense wat astronomiese salarisse verdien en sekuriteit wat sit en slaap.

Werner ·

Ek neem aan daar is geen uitstaande skuld van munisipaliteite en ander instansies wat by jul krag aankoop nie?

Enige roofverbruikers?

En mens al hierdie bymekaar tel , waar kom mens uit, is dit nie waar julle moet begin nie?

Chris Ws ·

As almal net wil opstaan teen Escom en se :DIS GENOEG!Escom is te sleg om hul uitstaande skuld van miljarde rande van munisipaliteite te vorder dan wil hulle tariewe verhoog omdat hulle finansieel in die knyp is?En intussen kry Escom Raad se lede miljoene rand aan “prestasie” bonusse elke jaar?Not ‘n DEM – dit MOET stop.Maar ja ons mense KAN NIE saamstaan nie so Escom gaan wen en Escom Raad se lede lag al die pad bank toe!Ons het mos lekker bederf geraak om net ‘n skakelaar aan te skakel vir alles in ons huise want daar is mos krag instede daarvan dat ons begin oorgaan na alternatiewe krag bronne toe,al is dit bietjie vir bietjie tot jy heeltemal onafhanklik van Escom is en hulle ‘n hele hand se vingers gee en nie net die middel een nie!

GRHe ·

Henry ek stem saam met jou sny al die onwettige verbindings in die townships.Eskom en die regering is te bang om dit te doen nou moet ons wat wettige verbruikers is die townships subsidieer. Belaglik!!

Kediksie ·

Iewers het my besigheidsin my verlaat. Hoe kleiner die aanvraag, hoe laer die prys. En daar trek Eskom in die teenoorgestelde rigting???

Deon ·

Nog erger, geen krag word gedurende beurtkrag verkoop nie. Eskom baklei teen swaartekrag.

Wonder maar net! ·

Duh! Swak diens en hemel hoë pryse = alternatiewe. Raak ontslae van alle leegleërs in die werksmag. Dalk sal julle dan ksn wins wys.

Ronel ·

In die straat waar ek bly in Kroonstad, is daar onwettige verbinding na 2 huise. Ek het dit al male sonder tal rapporteer, maar raai wat? Jip, dis nog daar!! So, wie betaal daarvoor ne?

Adrian ·

Jul betaal miljarde te veel vir steenkool want sien daar is baie ,,backhands” wat lustig al die pad miljoene score en o ja die direksie weet dit want hul het ook n vinger in die pastei…. en te veel niksnuts werkers, die ander ding is dat duisende sonpanele in die noordkaap opgerig is en word noe gebruik nie HOELOM NIE IS DAAR DIREKTEURE wat cuts wil he. Sowete skuld 26 miljard rand en steeds word niks gedoen nie. ESKOM JUL SOEK OPLOSSINGS BY VERKEERDE PLEKKE

Natascha ·

Nee kyk waarnatoe gaan ons land?? As almal in ons land krag betaal sal die belaglike verhogings nie nodig wees> Ek weet vir n feit dat die mense in Alexandra geen krag betaal en dit hoor ek uit hul monde< want daar werk n paar van die mense wat daar bly saam met my
En hoekom sit hul nie die krag af van die wat nie betaal soos in die verlede
En die salarrise van die top bestuur

Natascha ·

Nog n ding wat het geword van die lening geword wat hul gekry het?

Diefie ·

Nou vra ek jou met trane in my navybrown eye! Eskom het dan ‘n paar miljoen of so iets dan geleen by die Chinese. Ons kan nou nie eers die krag bekostig nie! Die werkgewers bied 4% verhoging aan? As ek wil hê iemand moet op die treinspoor speel terwyl die trein aankom en ek motiveer dit soos dat die persoon my glo en dit doen, wel dan is ek Eskom, die regering ens. O ja gooi nie die petrol en voedsel pryse weg nie. Eish

Meerkat ·

Dit sal nou interessant wees om te weet wat die jaarlikse syfer is wat diefstal in die land beloop, dis nou van krag, koper, onwettige mynberdywighede, ook dit wat deur versekeringseise gedek word. Hordes mense het nie eens versekering nie, en wat van diefstal van ander items, wat nie hierby gemeld word nie. Dis dan die bydrae wat die gebruikers en kliente van daardie instansies maak dmv premies en om maandeilks hul kragrekeninge te betaal.

En die las wat ons moet dra om vir daardie wetloses kos op die tafel te sit.

Sarel ·

Ja, en al hierdie saam beteken natuurlik ‘n enorme verlies aan inkomste vir die staatskas, tensy hulle dit ook nou maar as ‘n vorm van ‘toelaes’ of byvoordele vir daardie deel van die bevolking beskou wat nie belas word nie.

Db ·

Genugtig waar gaan hierdie onvulbare put eindig! Hulle weet hulle het die hef in die hand wat kragvoorsiening betref dit is hoekom ons sal hoes tot in ewigheid om hulle leefstyle te handhaaf

Optimus Prime ·

Genugtig hoeveel will hulle nog he daar is al reeds soveel stakings op die myn en afleggings oor salarisse hulle voel net mooi niks vir die arm en ek bedoel arm verbruiker nie vraatsige klomp dat cats hulle het al soveel lenings nou noet one daarvoor betaal

Blits ·

Daar is beslis nie nodig vir nog n tarief verhooging nie, hulle kan eers begin om huis skoon te maak deur die onnodige mense wat daar is eerder te laat gaan en dan van die spook werkers ontslae te raak daar na kan hulle begin om die pay te verminder, di klomp kry hengse geld vir niks doen nie, n wag kry al amper R18 000 pm en hy pas net hek op, as hulle , so daar anne manier om hulle uit die gemors te kry, en hou ook op om bonusse van 1 miljoen te betaal en so aan, dis onnodig, die klomp kry al reeds helse vergoedings, maar ons moet heeltyd opdok vir hulle crap.

Snowball ·

Dié wat betaal is TE MIN. Daar is eenvoudig te veel vernietvreters. Hierdie beginsel is so belaglik dit sal later daarop neerkom dat dié wat betaal nié krag kry nie, maar nog steeds moet betaal, bloot vir die bestaan van Eskom. Êrens moet iemand die kranksinnigheid stopsit – hierdie onbevoegde kaderkorrupte nes gaan SA se ekonomie die finale doodskoot gee.

Elbie Naude ·

Op 19 November 2014 berig die Mail & Guardian dat Soweto inwoners Eskom R3.6 miljard skuld. Die rede daarvoor? Die inwoners beweer die ANC regering het hulle gratis elektrisiteit belowe. Dit is nou amper 5 jaar later en ek sidder om te dink wat skuld net Soweto in vandag se tyd, die ander swart gebiede ingesluit. Smaak my die ANC kan gerus maar hierdie rekening self betaal.

Kfn ·

Ja, en e kan nog goed onthou hoe die CANCER voor die eerste ‘demokratiese’ verkiesing vir ‘our people’ wasmasjiene, yskaste en nog wat belowe het. Kyk nou na die helse gemors waarin hulle hierdie land gedompel het met hulle sin van empowerment.

Alias my ·

Die ANC kan die rekening wel betaal, maar dit impliseer dat die belastingbetaler in elk geval darvoor instaan, deur Fiat geldskepping sal inflasie verhoog en die ZAR sal begin pyn vat soos die Bolivia en Peso en ander geldeenhede vir ons gewys het. Ons word lekker aan ons neuse gelei, maar dis hoe sosialisme werk… ander se geld word vermors totdat die geld opgebruik is, dan is die partytjie oor en verby vir almal….

Adrian ·

Wat ek laas gehoor is dit nou R15miljard en ligte nog steeds aan te min betaal

Martin ·

Raak ontslae van al die gesubsideerde voertuie wat miljoene elke maand kos……….

Joe ·

Dis hoe eskom werk, vra verhoging, word nee gesê, skielik is daar weer beurtkrag. Word ja gesê, skielik stop beurtkrag tot hul nog wil he. Net nog n rede dat ek bitter bly is ek werk slegs van son en wind af.

HPV ·

Maklik die mees patetiese besigheidjie in die land. Is lankal moeg vir hul getjank en kerm. Het ook maar begin belê in alternatiewe krag, beste belegging ooit!

Casper ·

Vorder al julle uitstaande skuld in en sny onwetige koneksies af , maar daarvoor is julle te bang . Soweto skuld die meeste geld aan Eskom , wys ons julle het die guts en sny Soweto en wanbetalers in alle townships se krag af , doen dit en ek ondersteun julle verhoging ten volle .

BlinkStephaans ·

Vir die soveelste jaar in ñ ry nou al, het Eskom die vermetelheid om voor Nersa te kom staan en te vra dat die belastingbetaler nog meer gemelk moet word, aangesien hulle weereens nie die laaste jaar daarin kon slaag om die oorsake van die probleme eers te begin aanspreek. Die betalende verbruiker bring sy kant, gebruik minder, maakplanne en siedaar, nou gaan ons(eskom) julle terugkry omdat julle al minder van ons krag gebruik. Hier is vir julle nog ñ lekker 17persentjie net omdat julle sulke voorbeeldige landsburgers is.

Tammy ·

Eskom moet dadelik van al sy “oortollige” personeel ontslae raak daar alleen kan miljoene gespaar word. Hou op om voertuie te subsideer, dit is buite die kwessie , Eskom kan nie vir personeel karre subsideer nie. Kyk bietjie na die bestuurders se slarisse, dis hopeloos te groot. Gaan na elke informele nedersetting en trek die skuldiges vas wat onwettige kragverbindings gemaak het. Hulle kan nie krag gebruik tensy hulle betaal. Laastens Elke individu wat nie n rekening betaal nie se kabel moet teruggevat word tot sy skuld vereffen is..moeilike taak, maar niks is onmoontlik as n mens jou werk wil doen nie. die individu kan later self betaal vir n kabel na sy huis wat dan deur n aangewese persoon geinstalleer sal word om weer bedrog te voorkom. Al wag jy die res van jou lewe vir so n installasie , jy het nie oorspronklik vir jou voorregte betaal nie en daarom mag dit weggevat word en klaar.

Jaco ·

Maar eskdom het dan gevrae ons moet minder krag gebruik…nou word ons daarvoor ook gestraf!! Nee wat….gaan maar van die grid moet afkom, so kan dit nie aangaan nie.

Tammy ·

Dis te maklik om altyd by die publiek bakhand te staan en ons moet net altyd betaal vir ander se foute, Hierdie het al kultuur geword in Suid Afrika, sodra iets flop moet die publiek daarvoor betaal. Die melkkoeie is nou gatvol hoor Esom!!!!!!!

Anoniem ·

Dis oor en oor die moeite werd om jou huis van Eskom se netwerk te ontkoppel en ‘n sonkrag stelsel te installeer. Hy betaal homself binne 5 jaar. Vervang die elektriese stoof ook met ‘n gasstoof.

HPV ·

Manie, jy is reg. Dit is maar die prys van ‘n klein motortjie en jy hoef nooit meer na hul gekerm te luister nie. Net in my vriendekring is ons al 6 wonings wat afgeklim het waarvan die eerste een al agt jaar gelede.

Eugene ·

Soos almal weet Evkom is soos “stakers” die tariefverhogings is slegs vir die volgende 6 maande voor die volgende reddingsboei aansoek. Jy kan nie die Titanic red nie.

@Jepetto ·

Nooit nie, Eskom is net nog een van die karretjies wat die ANC ry om stemme te koop. As Eskom privatiseer het die kaders nie meer werk nie – die oorbetaalde, oorbevolkte werkerskorps sal vinnig verklein word deur bevoegde bestuursmetodes en dan verloor die ANC nog stemme…

elize ·

Ag asseblief. Ons almal weet van die biljoene wat met staatskaping en korrupsie weggeraak het. Nou word ‘n vermindering in verbruik die skuld gegee vir hulle verliese.

John ·

Alexandra is deel van ons ondergang. Sedert sy ontstaan weier die inwoners selfs om huur te betaal. Geen eiser waag dit om die gebied te betree nie. En so beskerm die inwoners mekaar. Eskom toon dieselfde kroniese simptome van Guptaiose… ‘n parassitiese multi-geldvreter. Ons kan die bestuur nie meer bekostig nie en ook nie die 40 000 personeelkorps nie. Mense gaan sterf van die koue in wintermaande omdat krag onbekostig raak. Venezuela is ons voorland. Indiè lyk soos dit lyk omdat sulke mense daar woeker en nou ook hier.

JM ·

Ons getroue betalers gaan net meer oorlaai word met die verhogings………………terwyl nie nie betalers net aangaan om “illegal connections” te maak. ESKOM sal nooit wen nie, maak nie saak hoeveel verhogings hul deursit nie. Nee wat back to basics. Gaan beslis nie meer krag koop nie.

Gert ·

Tot en met 2009 het ESKOM se tariewe heel aanvaarbaar gestyg vergeleke met inflasie. Van toe af klim dit skerp teen massiewe persentasies per jaar. Wat het in 2009 verander? Twee dinge: ‘n nuwe president, en uiteindelik het ESKOM se regstellende aksie die teiken van 80% begin oorskry. Ek wonder of daar dalk ‘n verband is?

D B ·

Soos baie al genoem het, kom van die “grid” af. As die betalers nie meer “gebruik” nie, kry hulle niks meer geld nie, so dan sal hulle die nie-betalers maar moet opskroef.

Mense, dit geld vir ALLES in die land. Ons moet ophou kla en onsself begin regkry. Niks gaan verander nie! Onderhou jouself!

Andre ·

Wat van julle verhaal eers al die miljoene uitstaande munisipale gelde?

toy ·

Wens Eskom wil privatiseer. Hulle wil net he en he en he. Hoe moet die mens oorleef met sulke mense. Ons gaan met geld in ons hand staan en sal niks met dit kan doen nie, als raak buitensporig. Dit is ‘n maligheid in die land!

Farmer Brown ·

Ek voel jammer vir die mense wat afkanklik is van Eskom vir hulle besigheid se voortbestaan, julle gaan VERKRAG word.

Elizabeth ·

Ek is nie iemand wat gedurig Solidariteit! Solidariteit! skree nie. Maar as Solidariteit die land ‘n ALLERGROOTSE guns wil bewys, vat Eskom aan en dwing hulle om hulle bestuur tot die been te sny, sowel as hulle salarisse. Neem alle bonusse weg tot die besigheid ‘n wins toon en raak ontslae van alle onbekwame werknemers (is daar werknemers wat nie deel van Bestuur is nie?) Ek is seker ‘n mens sou so-iets met ‘n hofinterdik kon regkry. Dit is immers in die belang van absoluut elke Suid-Afrikaner!!

JK ·

Laat die townships betaal. Dink dis tyd dat ons ook die government gevange hou, “as jul kom afsit, gaan ons staak en afbrand” dis wat soweto doen met hul BILJOENE se skuld. Tyd dat ons ook die staat in n blik druk en hul forseer om te doen wat ons wil he.

humor ·

Tot die dood toe sal daar nie geprivatiseer word nie. Ons het so sito sito burgers van n kommunistiese staat geword. Al hierdie instellings sowel as ons eiendom sonder vergoeding moet onder die mag van die staat ingehark word. Dit bly n handige melkkoei om die staat te laat floreer.. Enige privaat instansie wat suksesvol is en ontwikkel word as n bedreiging beleef.

Thinus Erasmus ·

Hoe vinniger SAL val soos ‘n meteoriet, Transnet en Prasa die spoor duister raak en Eskom soos ‘n bom werk, hoe vinniger sal SA se inwoners op gelyke voet die waarde van ‘n “goeie regering” ervaar. As Piet, Jan en Sanele wat nie vir haar krag betaal nie, se liggies almal saam uit is, en Jan rap en sy kaders nie so lekker kan SAL-a-reis nie, of nie meer kan Transnet geld na buitelandse spaarrekenings nie!
Maar nou ja, al hierdie vrot staatsbeheerde instelling sal aanhoudend gelap en gekruk word tot aan lengte van dae (R van die belastingbetaler)
In teen deel, die belasting betaler sal eerder vernietig word voordat die huidige bestel sy kloue uit hierdie instellings trek.
Daar is geen, let wel GEEN oplossings vir die huidige situasie behalwe om net meer en meer te betaal, of die tarief of belasting. En soos iemand tereg opgemerk het: ons word reeds gedwing om vir dienste te betaal wat ons nie gebruik nie. Ek vlieg glad nie, ry nie trein of metro of busse nie, kyk geen SABC dienste nie, maar my belasting dra dit!

Chris Ws ·

As Escom hul uitstaande skuld van etlike miljarde rande van munisipaliteite vorder en ophou om krag te voorsien teen verlaagde tariewe aan die buurlande en “prestasie” bonusse aan Escom raadslede staak sal dit nie nodig wees om tariewe te verhoog nie.
Ons gewone burgers wat getrou krag rekenings betaal moet nou boet ir Escom se wanbestuur.Dis verregaande.Hoe gouer ons begin om bietjie vir bietjie oor te skakel na alternatiewe krag hoe beter en hoe gouer kan ons Escom ‘n hand vol vingers gee om van te kies instede van net ‘n enkele vinger!

Hansie Slim ·

Ons installeer sonkrag en alternatiewe stelsels.
Eskom julle het eenvoudig te duur geword agv te veel onwettige krag tappings. Ek verneem 60% van Soweto is op gratis krag. Kry die munisipaliteite aan die betaal. (oordat julle reeds te duur is) En nou moet die oorblywendes alles en die Gutptas betaal? Verbruik gaan verder vou, Julle onderskat die weg beweeg van die grid. Wag vir die buurstate om nie hulle goedkoper onbelaste krag te betaal nie.
Stumeleer ekonomiese groei, verkoop meer produk @ laer pryse. Die staat sal meer belasting ontvang en julle sal kan uitbrei….
Dit is immers die rede hoekom julle ‘n staats entiteit is, sodat hierdie monopolie nie kan ontstaan nie. Hoe op dees aarde moet ‘n man sweet om daardie salarisse en voordele van julle te verdien?

Johannes ·

Laat daai miljoene van hulle mense (ANC ondersteuners) eers hulle skuld betaal. Die ANC het mos almal geleer om nie te betaal nie, nie te studeer nie en nie te werk nie… maar wel klip te gooi en af te brand… Wel, dis nou die gevolge…

Johannes ·

Laat daai miljoene van hulle mense (ANC ondersteuners) eers hulle skuld betaal. Die ANC het mos almal geleer om nie te betaal nie, nie te studeer nie en nie te werk nie… maar wel klip te gooi en af te brand… Wel, dis nou die gevolge… en dis nie mooi nie!

Ruiklont ·

Laat die miljaarde wat verdwyn het deur ANC kaders eer teeuggevind word voordat die belastingbetaler nog vêrder gemelk word. Eis die miljoene terug van almal wat deel gehad het aan die soustrein

Henk ·

As swart verbruikers dieselfde tarief as wit verbruikers betaal EN ook btw op hul krag aankope, en Soweto betaal hulle krag, dan sal Eskom nie n probleem he nie!

Jordaan ·

Samel eers uitstaande skuld in, dan kan Eskom weer vir verhogings vra. Hulle is heetemal gek om te dink verbruikers kan sulke verhogings bekostig. As jy nou wil sien hoe NOG minder van hulle produk gebruik word, moet hulle sulke verhogings implementeer.

SjN ·

Verlede week langs die pad gekry besig om n kragpaal te vervang, daar was 2 groor trokke en 4 land cruiser bakkies op die projek. Sny eerder op uitgawes.

Dup ·

Sien julle dit ook soos ek dit sien?……Daar is GEEN uitvoerbare oplossing wat Eskom aan betref nie.

What a joke! ·

Vir wat die verhoging? Om die kaders se sakke nog voller te stop??
Hehehe ai die lot het geen skaamte en geen einde om die belasting betaler te melk nie….Nee wat mense druk hul n put en gaan alternatief so vinnig moontlik…
Kom ons kyk wat maak hul dan? Stoot die petrol prys of,stoot persoonlikke belasting op,stoot alles op om op te maak vir hul eie onvermoé om n land en besighedes soos Eksdom reg en effektief funksionerend te bestuur… Kan nie gebeur nie hul plunder eerder met nog verhogings,

Blue Butterfly ·

Miskien moet Eskom ‘n poging aanwend om die miljarde terug te kry van hulle geliefde Guptas en ander korrupte amptenare. Dan word werkers astronomiese salarisse en bonuses betaal maar ons die onskuldige verbruikers, moet maar aanhou betaal vir die gemors en ook vir al die “gratis verbruikers” in hulle miljoene. Ons word van alle kante gemelk totdat daar eenvoudig niks meer gaan oorbly nie.

Jaco ·

Dis tyd dat die verbruiker eenvoudig net nee se. Links en regs gaan pryse op maar die oorsaak vd probleme word nie opgelos. Ons almal weet watse probleme nie nodig om daarop in te gaan. Alternatiewes planne soos Solar is ook nie oplossing. Ons dok heeltyd vir basiese middelle wat deur regering voorsien moet word soos water, krag ens. Solank die ekonomie gestumileer word deur alternatiewes te steun sal probleem daar bly. Punt is, op een of ander tyd raak die geld klaar en dan wat…..

Sinies ·

Kry jouself so gou moontlik af van die Eskom netwerk.
.
Pas lewenswyse aan en belê in kwaliteit sonkrag sisteem en batterye.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.