Eskom vra vir tariefverhoging

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Eskom het ʼn dringende aansoek by die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) ingedien om die elektrisiteitstarief met 25,3% te verhoog vir die 2015/16 boekjaar.

Dit sluit die 12,69%-prysverhoging in wat reeds deur Nersa goedgekeur is. Volgens Nersa het Eskom aansoek gedoen vir die selektiewe heropening van die derde veeljarige prysvasstelling (MYPD3).

Eskom het die aansoek gebring aangesien hy glo kosteverhaling van R32,9 miljard vir oopsiklus-gasturbines en R19,9 miljard vir die korttermyn-kragaankoopprogram nodig het.

Nersa het intussen gesê hy oorweeg die aansoek aangesien daar ʼn dringende behoefte is om die land se kragnetwerk te stabiliseer.

Fin24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pieter du plooy ·

Eskom het nie meer geld nodag nie. Wat hul wel nodag het is n beter bestuur en minder BEE regstelinde aksies.

Johan Luüs ·

Ek stem.Eskom het nie meer geld nodig nie.Definitief beter bestuur met “fatcats”wat gewoond is aan groot bonusse.Skakel BEE uit en kry gekwalifiseerde mense om die werk te verrig.Definitief met hul finansies en die Instandhouding.

Peet Schabort ·

Die kaders by mislikepaliteite kan/wil/gaan nie betaal. Dis so eenvoudig as wat dit is. Dus, melk die koei maar gee haar nie kos.

blondie ·

Mr Eskom, ons betalers is reeds vuisvoos, en waar dink jy gaan die geld vandaan kom om die 12,5 verhoging in elektrisiteit verbruik te betaal. Ek begin al hoe minder krag gebruik en minder en minder. Wat nou gaan oorbly is dat ek geen krag gaan gebruik nie, dan wonder ek waar jy n sent uit my gaan kry, en as menigte ander soos ek redeneer, het jy nie meer n inkomste om julle belaglike salarisse en bonusse te betaal nie. Dink mooi Mr Eskom, Dink mooi.

Ani ·

Stem saam blondie! Ons gebruik al soooo spaarsamig dat ek met R300 elke maand prepaid klaarkom, of net oor die 200 units. Ons het time switch op kinders se wall panel om net 2 keer ‘n dag vir ‘n uur aan te sit dat hulle nie koud kry nie. Het alle ligte energy saving en sit amper nooit aan nie. Skottolgoedwasser net 1 keer ‘n week. Was masjien net 1 keer ‘n week, 3 bondels. Stort binne 5 minute, kids bad saam in spoegspatsel water. Plug alles uit wat “onnidig” is. Het Gas heater aangeskaf wat ook net in die aand klein rukkie gebruik word. Wat gaan gebeur as Eskom die krag nog duurder gaan maak, is dat ons dan Solar Geaser gaan moet kry, Gas stoof en dan Solar met Battery Backup vir ligte en tv. Dan betaal ons hulle elgeval niks nie! Plaas hulle die mense wat krag steel aanvat maar hulle is te bang vir massa riot!!

Rhona ·

As hulle die wat so krag steel kan vasvat dan sal die res krag hê om te gebruik. Miskien dan kan hulle ñ verhoging instel vir die wat krag betaal.

boer ·

Nie net Eskom se geld is klaar nie, die regering het Suid Afrika se geld
ook als klaar gemaak (gesteel). Ons het op n punt gekom waar totale ekonomiese ineestorting
op die horison wink.
Ons almal weet wat dit beteken.Geen elektrisiteit,water en kos nie. Massas sal winkels begin plunder, en ook in die woonbuurte inbeweeg op soek na kos en water.

Wilhelm ·

Los die probleem op deur mense aan te stel wat bevoegd is vir die taak, moenie beleid van nepotisme toepas nie en mense verantwoordelik maak wat alreeds soos Peter’s principle sê ” reached the level of incompetency”!

Japie ·

Dit is nie net die krag tarief wat verhoog word nie. Hier op die plase wat direk krag vanaf Eskom kry is daar nog kraglyn en ń klomp ander tariewe wat ook verhoog.
Voor ons enige krag gebruik betaal ons meer as ń duisend rand.

Ben Lindeque ·

Die Eskom tebakel is niks nuuts nie,oneindig probleme in top bestuur nie genoegsame kundigheid in die bedryf nie,alle munisipaliteite moet ook eers hulle huise skoon maak van al die mense wat onwettig krag tap,daar word hoopeloos te min gedoen aan die saak,stoot die krag op en meer mense tap onwettig krag ek dink die regeering kan ons almal subsideer met krag,want dit is ons belasting betaalers wat maar weer sal moet betaa.Ek se nee nee nee genoeg is genoeg.Groete Ben Witbank

Vuisvoos ·

nee dit moet nou genoeg wees , elke paar maande n tarief verhoging…. Kry julle huis in orde en kry meer bevoegde werkers en minder overpaid bestuurders

Anoniem ·

Ons moet buite SA ons eie staat begin, en oor 80 jaar neem ons SA terug….

Zappers ·

Die groot ding is ons as Suid-Afrikaners is groot gemaak met die idee dat jy nie baklei teen die owerheid en wetgewers nie. Ons is van kleins af geleer om mense in ‘n gesags posiesie te respekteer en blindelings te aanvaar wat hulle se en voorstel. En die Here bewaar die arme een se siel wat dit waag om op te staan teen hulle want ordentlike mense doen nie sulke dinge nie. Dit is uiters nonsens sê ek nou vir julle. Ons moet bietjie ‘n blaaitjie vat uit van ons swart broers en susters hier in Suid-Afrika en ook begin om mass aksie te neem. Ons moet optogte hou teen eskom tarief verhoging en ons moet optogte hou teen bedrog in die regering en ons moet optogte hou teen presedente wat skot vry kom van krimenele klagtes omdat hy die mag het om homself daar uit te koop! Dit is nou die tyd vir die blake, kleurling, swart, indian ens van Suid Afrika om saam te staan en seker te maak dat ons nie ons land en ons “livelyhood” verloor omdat daar ‘n hand vol geldgurige mense aan die hoof is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.