Eskom-vrou is vermoor

Thembisile Yende

Die polisie het bevestig Thembisile (Thembi) Lucia Yende (29) is vermoor.

Kapt. Johannes Ramphora, woordvoerder van die polisie, het gesê die nadoodse ondersoek toon Yende is verwurg. Sy het ook kneusplekke opgedoen wat die polisie laat vermoed dat sy en haar moordenaar moontlik in ʼn struweling betrokke was.

Yende se liggaam is Maandag in ʼn ongebruikte kantoor van Eskom se Pieterboth-substasie in Springs gevind. Sy is op 17 Mei deur haar ma as vermis aangemeld nadat sy die dag nie van haar werk af teruggekeer het nie.

Volgens Ramphora sal die polisie tydens die moordondersoek probeer vasstel of Yende elders vermoor en haar liggaam toe in die kantoor weggesteek is. Daar sal ook gekyk word na bewerings van haar familie dat sy nie gelukkig by die werk was nie en dae voor haar dood griewe aan haar werknemer bekend gemaak het.

Foto: Facebook

Die Eskom-voertuig waarmee Yende gery het, is op 18 Mei by die substasie opgespoor. Die voertuig was gesluit, daar was geen teken van Yende nie en haar selfoon was afgeskakel.

Dit het ook vroeër aan die lig gekom dat die kringtelevisiekamerastelsel by die substasie glo daardie dag afgeskakel was. Eskom het aangedui hulle ondersoek die rede hiervoor.

Die polisie het aanvanklik ʼn geregtelike doodsondersoek gedoen, maar ondersoek nou ʼn saak van moord ná afloop van die uitslae van die nadoodse ondersoek.

ʼn Span maatskaplike werkers van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling gaan Donderdag Yende se familie besoek. Nandi Mayathula-Khoza, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het gesê die span gaan Yende se familie besoek om vas te stel hoe daar ingegryp kan word om hulle te help om die tragiese verlies te verwerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Ella ·

Dit is verskriklik. Ek kan nie eers dink waardeur haar familie moet gaan nie. Sterkte aan almal betrokke. Rus in vrede, Thembisile.

Alet ·

Baie jammer om te hoor en sterkte aan familie.
Net amazing dat post mortem so gou gedoen is. Ken n dame wat al meer as 4 jaar wag dat post mortem op haar dogter gedoen word…

Ano ·

Alet, ek dink nie die post mortem moet nog gedoen word nie. Dit is die uitslae wat mens so lank voor wag. Jy kan nie ‘n afgestorwene so lank “bere” voor hy/sy begrawe word nie.

Scalla ·

Kring televisie was afgeskakel, begin met n interne ondersoek, dit is iemand bekend aan haar.

al ·

My innige simpatie met haar familie. Dis die soveelste vrou wat haar lewe verloor.

Magda ·

As jy in die pad is dan raak ons maar ontslae van die problee. Iemand by Eskom gaan hier moet verdeuidelik!

?!? ·

Ek weet darem nie van die insinuasie dat dit haar werkgewer is wat haar vermoor het oor sy griewe gelug het nie, dis darem gevaarlike aantygings om te maak… onthou die familie kan ook maar net bespiegel.

Ons het al gehoor van werknemers wat werkgewers vermoor uit wraak, maar ‘n werkgewer wat sy werknemer vermoor oor ‘n grief? Ek weet darem nie – ek dink dit sal ‘n eerste wees….

Oosie ·

Waar is die LUR en beradingspanne wanneer boere (en ander blankes) wreed en traumaties vermoor word?

Whitey ·

White lives don’t matter, just their RATES AND TAXES ~~ Hier sien ons mos nou duidelik die onderskeid, Courtney se ouers het ‘n huis gekry, hierdie dame se familie word deur die REGERING bygestaan maar steeds GEEN regeringsamptenaar by enige plaas by enige plaasmoord nie! Vreemd dat dieselfde mense wat TEEN apartheid geveg het nou Apartheid op hierdie manier toepas!!

al ·

Die rassistiese gemanipuleerde zupta ANC regering sal ook nie. Hulle probeer hard om white monopoly capital voor te sê, so dit sal ‘uncool’ wees om medelye met ons te toon.
Gelukkig dat hul konkelwerk op die lappe gekom het. Bell Pottinger het hul siele vir ñ paar silwerlinge verkoop en rassespanning aan te hits.
Gelukkig is hul warm plekkie ook gereserveer vir hulle…

Nanda Hefer ·

Berading vir ons….nee wat….ons boere, vroue en kinders mag mos maar vermoor word, en dit het mos blykbaar ook niks met radisme te doen!!????

Nanda Hefer ·

Berading vir ons….nee wat….ons boere, vroue en kinders mag mos maar vermoor word, en dit het mos blykbaar ook niks met rasisme te doen!!????

Wonder maar net ·

Hoekom het haar vriend haar nie as vermis aangegee nie? Volgens die vorige berigte het hulle tog ‘n huis gedeel.

Wonder maar net ·

Hoekom word HAAR familie nou deur die REGERING bygestaan?

Lollos ·

Ja en waar is die mense wat nou om verskoning moet vra toe ander gespekuleer het dat sy dalk vermoor is en julle allerhande aanmerkings gemaak het? Julle weet kamstig altyd alles, maar wanneer die ware feite op die tafel kom skitter julle almal in julle afwesigheid. Ek dink steeds dit is ‘n skreiende skande dat ENIGE kantoor in ENIGE gebou vir twee volle weke nie eers skoongemaak/uitgevee/afgestof word nie. Maar ten minste staan die REGERING haar familie nou by ..

Kobus ·

Hiermee my onvoorwaardelike verskoning aan die naasbestaandes en vriendekring van Thembisile Yende vir my ongevraagde kommentaar op hierdie forum…alle sterkte vir familie

Gert ·

Dis eskom, ek is verbaas hulle het haar so gou gekry of dat hulle weet waar die kantoor is.

Wonder ·

Nou wonder ek wat maak haar so spesiaal of spesiaal gemaak het dat haar familie nou deur maatskaplike werkers moet bygestaan word. As iets met my familie gebeur gaan die staat my ook kom bystaan. Nee dink nie so nie. Wat van die vrou en kinders wat se man op plaas vermoor word, word hulle bygestaan deur staat. Nee.

Soekie ·

Sy was vermoor en iewers gehou. Polisie moet haar eie huis ook deursoek. Haar lyk was kantoor toe omdat ontbinding begin het. Dit is vreeslik dat moord en verwoesting ons volksbestaan oorgeneem het. Trane, pyn, verlies en seer ken geen kleur of ras nie.

Theresa ·

Baie tragies – hoop die familie en vriende verwerk hierdie hartseer saak. Dis egter slegs eensydige hulp aan die kant van die LUR en die maatskaplike groep wag gestuur word na een van vele moordslagoffers. Hoe kan daar so ‘n uitsondering gemaak word? Indien dit is hoe dit werk, moet elke moordslagoffer se ouers/familie besoek en hulp aangebied word. Weird.

Nie verniet ·

Liewe Yende, mag jou dood nie verniet wees nie. Ek is seker hierdie jong dame het vir die regte dinge opgestaan, toe word sy stil gemaak op ‘n baie wrede manier en goed beplan, om kameras af te skakel, dit maak dit egter maklik, begin by die kameras, wie is in beheer – wie het opdrag gegee om af te skakel of wie het dit afgeskakel? Mense wat so regte kry en dink hul het die reg om oor lewe en dood van ander te besluit moet met dieselfde respek behandel word, wat sal dit wees, die doodstraf.

Ai ·

Sjoe dis verskriklik. Dat iemand haar vermoor het en op n manier by daai kantoor in gekry het en niemand het dit eers gesien nie. Klink soos iemand wat geweet het daai kantoor word nie gebruik nie…

Innige simpatie aan die familie, moet verskriklik wees om deur so iets te gaan. Mag sy nou in vrede rus en mag hulle die skelm vang!

Nee. Ek weet regtig nie meer nie .... ·

@Gert. Ek het nou kliphard gelag! Maar dis waar. Dis Eskom! Skielik lig in die donkerte? Kan jy glo!

Ek wonder wat haar posisie by Eskom was, want Eskom is besig met tenders.

Maar dit bly hartseer.

Sterkte aan haar familie en gesin.

?!? ·

Dankie vir jou verskoning, Kobus.
Mag haar familie troos vind.

Afrikaanse Knaap ·

Omdat iemand van Eskom haar 10 teen 1 vermoor het, met die vermoë om kring televisie af te skakel en om kennis te dra van versteekte kantore met sleutels, staan die staat nou die familie by om hulle te vra om stil te wees wanneer die waarheid uitkom.

algemene praktyk ·

algemene praktyk dat kameras afgesit word, interessant,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,daar is n rehab ook waar ouers dink hulle kinders word gehelp, helaas, kameras word afgesit en pastoor gaan molesteer die meisies en pasiente word aangerand, ons het probeer om dit by NOSEWEEK aan te meld, helaas,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,, nie suksesvol nie,,,,,,,,,,,,,,,,,google die pastoor wat sy vrou vermoor het, hy het haar doodgeslaan…….

A. Mac ·

Dis jammer dat die vrou dood is en moontlik deur een van haar medekollegas vermoor is. Wat ek egter nie verstaan is dat die regering gou betrokke raak met die familie en wil help en ondersteuning bied. My vraag is, hoeveel doen die regering as dit ‘n boer is wat vermoor is of, en laat dit nou maar kras klink, as ‘n blanke vermoor word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.