
Eskom waarsku dat die nat en koue weer verdere druk op die kragnetwerk plaas. (Argieffoto: Reint Dykema)
Vier van Eskom se opwekkingseenhede is stukkend, terwyl die inwerkingstelling van twee ander vertraag is en dít, tesame met die reënweer, het tot ʼn verhoogde vraag na elektrisiteit gelei en groot druk op die kragnetwerk geplaas.
In hierdie stadium is 15 513 MW se kapasiteit weens stukkende opwekkingseenhede nie beskikbaar nie, terwyl nog 4 984 MW weens beplande instandhoudingswerk uit die netwerk gehaal is.
ʼn Opwekkingseenheid by die Matla- en Kriel-kragsentrale, asook twee opwekkingseenhede by die Camden-kragsentrale is stukkend. ʼn Opwekkingseenheid by Tutuka, sowel as een by Matla, kon ook nog nie weer soos beplan in diens gestel word nie en dit het bygedra tot die huidige tekort aan kapasiteit.
Eskom het ʼn beroep op verbruikers gedoen om kragverbruik te verminder in ʼn poging om beurtkrag te verhoed. Soos gewoonlik waarsku die kragvoorsiener egter dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word, sou die situasie versleg.
Eskom waarsku boonop dat die situasie die week kan voortduur.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Ag bla bla bla houbop waarsku van hoe laat af kyk ons kerslig S8E29
En dit is nog nie eers winter nie……….ons gaan swaarkry ..
Ek sit R1000 op dat beurtkrag voor vannaand sal begin….
Swak! Een koue front oor SA en beurtkrag is al weer aan die orde van die dag – as hulle “waarsku” oor dreigende beurtkrag kan jy maar weet hulle gaan die krag afsit. Hier lê ‘n laaaaang, koue, donker winter vir ons voor.
Eskom pas goed in by die onbevoegde regering.