Eskom waarsku: Groot druk op kragnetwerk

Eskom waarsku dat die nat en koue weer verdere druk op die kragnetwerk plaas. (Argieffoto: Reint Dykema)

Vier van Eskom se opwekkingseenhede is stukkend, terwyl die inwerkingstelling van twee ander vertraag is en dít, tesame met die reënweer, het tot ʼn verhoogde vraag na elektrisiteit gelei en groot druk op die kragnetwerk geplaas.

In hierdie stadium is 15 513 MW se kapasiteit weens stukkende opwekkingseenhede nie beskikbaar nie, terwyl nog 4 984 MW weens beplande instandhoudingswerk uit die netwerk gehaal is.

ʼn Opwekkingseenheid by die Matla- en Kriel-kragsentrale, asook twee opwekkingseenhede by die Camden-kragsentrale is stukkend. ʼn Opwekkingseenheid by Tutuka, sowel as een by Matla, kon ook nog nie weer soos beplan in diens gestel word nie en dit het bygedra tot die huidige tekort aan kapasiteit.

Eskom het ʼn beroep op verbruikers gedoen om kragverbruik te verminder in ʼn poging om beurtkrag te verhoed. Soos gewoonlik waarsku die kragvoorsiener egter dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word, sou die situasie versleg.

Eskom waarsku boonop dat die situasie die week kan voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Corne123 ·

Ag bla bla bla houbop waarsku van hoe laat af kyk ons kerslig S8E29

Smurf ·

En dit is nog nie eers winter nie……….ons gaan swaarkry ..

Lourens CFG ·

Kry klaar swaar, maar nou ja, sal seker nóg swaarder.

Onnie ·

Swak! Een koue front oor SA en beurtkrag is al weer aan die orde van die dag – as hulle “waarsku” oor dreigende beurtkrag kan jy maar weet hulle gaan die krag afsit. Hier lê ‘n laaaaang, koue, donker winter vir ons voor.

Christine ·

Dis meestal sabotasie deur ANC kaders van binne en buite Eskom.

Sarie ·

Hoeveel keer moet iets breek voor dit ordentlik reggemaak word? Of is daar iets anders agter die skerms aan die gang

Magda ·

Kry bekwame mense om di herstel werk te doen want regtig di ou verskoningkie raak ook nou afgesaag. Iemand daar het geen benul wat in eskom aangaan ni.

Papsak ·

Ja flippen pateties want die winter kom mos Nou Moet ons vinnig plannetjies maak Nou word weer skuld gegee

Charl ·

Stukkend ?? Alles in hierdie land is stukkend dankie anc, julle het alles maar alles deur julle gatte getrek en niks sal weer regkom solank julle in beheer is nie want daar waar julle voetjies trap groei niks weer en om elke keer die belaglikste verskonings te opper oor krag werk nie en help nie, ons sien deur julle, vir jare al !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.