Eskom waarsku netwerk is onder druk

(Argieffoto)

Die kragvoorsiener Eskom het Donderdag gewaarsku daar is ʼn groot waarskynlikheid vir beurtkrag indien hy enige verdere kapasiteit verloor.

Verbruikers word gemaan om elektrisiteitsverbruik tydens die spertyd te verminder om druk op die netwerk te verlig.

Die gebrek aan kapasiteit word veroorsaak deur ʼn verlies van verskeie kragopwekkingseenhede en eenhede wat roetine instandhouding ondergaan.

“Ons het tans 7 532 MW op roetine instandhouding en 10 853 MW van kapasiteit weens onbeplande instandhouding. Spanne werk onverpoosd om so veel as moontlik van die kragopwekkingseenhede weer aan die gang te kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

annie ·

Is daar ‘n kafeteria by Eskom? Iemand daar gooi ‘n towermiddel in die kos want almal tot die nuwe baas praat uit dieselfde kan. Groot geld en groot druk en groot skrik vir kragverbruikers. My kersliggies is ook onder beleg en my bankrekening. Wil Rusland nie asseblief die gaspypleiding verder bou tot by ons nie. Miskien kan ons Grondwethof dit reguleer, Hulle is die enigste persone wat regdenkend is en dan het hulle darem werk voor hulle deur die unies gefire word juis agv die feit dat hulle dink.

Annelize ·

Ja, as Eskom begin “waarsku” kan jy maar weet, sorg dat jou gasbottels vol is en jou kampeerligte gelaai is. Dis net ‘n kwessie van ure, nie eers dae nie….

JohanR ·

I’m dreaming of a black Christmas. Januarie sal hulle weer geld soek.

Hennie J ·

In die duister in’ getransformeer’. Useless verby!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.