Eskom waarsku oor beurtkrag vir Woensdagaand

beurtkrag

Argieffoto

Die kragvoorsiener Eskom het gesê die moontlikheid vir beurtkrag Woensdagaand bly hoog, veral tussen 17:00 en 21:00, weens ʼn aantal kragopwekkingseenhede wat tans instandhoudingswerk ondergaan en moontlik nie voor die spitstyd aangeskakel sal wees nie.

“Ons moedig inwoners en ondernemings aan om elektrisiteit spaarsamig te verbruik om die aanvraag na elektrisiteit te verminder. Skakel asseblief alle geysers en nie-noodsaaklike beligting af,” lui die verklaring.

Eskom het gesê hy sal bekend maak of beurtkrag fase 1, fase 2, fase 3 of fase 4 ingestel sal word, afhangend van die kapasiteitstekort. Fase 1 vereis dat 1 000 MW landswyd bespaar word, fase 2 vereis 2 000 MW, fase 3 vereis 3 000 MW en fase 4 vereis tot 4 000 MW. Beurtkrag word as ʼn laaste opsie gebruik om te verhoed dat die kragstelsel in duie stort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Antiestabliesment ·

Woensdag aand? en dan kry ons die berig eers Donderdag oggend.

juba ·

Ek is n tegnikus by n groot kragstasie en weet van niks. Waarom lees ek dit Donderdag eers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.