Eskom het Dinsdag ʼn beroep op verbruikers gedoen om kragverbruik te verminder sodat dit nie nodig sal wees om weens die afgelope ruk se koue beurtkrag in werking te stel nie.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat verskeie kouefronte die land vandeesweek gaan tref. Die koue weer sal na verwagting tot die naweek duur.
“In die lig van hierdie waarskuwing wil Eskom ʼn beroep op mense doen om kragverbruik te verminder omdat die koue toestande kwaai druk op die stelsel gaan plaas,” lui ʼn verklaring van Eskom.
“Die stelsel vaar tans betreklik goed en Eskom verwag nie om beurtkrag in hierdie stadium in werking te stel nie.”
Die kragvoorsiener het op 13 Junie laas beurtkrag in werking gestel danksy ʼn verbetering in die prestasie van kragsentrales.
“Die kouefront gaan egter die vraag na krag verhoog en druk op die stelsel plaas.”
Eskom sê hy sal verbruikers so gou moontlik in kennis stel sou daar enige noemenswaardige veranderinge aan die situasie wees.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
Ag lieweland, nou kry die arme onskuldige kouefronte(natuur) ook al skuld vir lummels wat in posisies is waar hul nie verantwoordelikehid kan neem vir hul makkers se plundery nie. Mag die gevangenis waar die groot probleem tans in is, eerste sonder krag wees en sommer tot Augustus dat hy kan voel waardeur hy sy onskuldige “lansburgers” plaas
Sal oom Ceril dan asseblief ons toelaat om weer kannetjies brandstof te koop vir die generator? Of kan hulle nie die twee bymekaar sit nie?
Ons het nog elke dag beurt krag lyk my eskom se dit nou net op n ander manier. Als waar die ANC betrokke is is n gemors.
Wat nou nog? Eskom maak naar verby! Dankie tog my inverter stelsel is Saterdag in gesit vir my hele huis!
Waarskuwing en 4 ure later beurtkrag. Standaard prosedure. Dan kan hulle mos sê: Ons het julle gewaarsku!