Eskom waarsku oor beurtkrag

Argieffoto

Argieffoto

Die kragstelsel is erg onder druk weens tegniese foute by kragstaseis, het Eskom Donderdag gesê.

“Eenhede wat instandhouding ondergaan het, het onderbrekings gehad, wat beteken dat die eenhede nie weer op die sperdatum aangeskakel kon word nie,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

Eskom het van sy sleutel nywerheidskliënte in kennis gestel en hulle versoek om van Donderdagaand hul gebruik minstens met 10% te verlaag. “Indien ons nie die vereiste besparing kry nie, sal ons moontlik beurtkrag moet toepas.”

Eskom het alle gebruikers gemaan om warmwaterstelsels, lugverkoelers, swembadpompe en alle ander nie-noodsaaklike toestelle tussen 17:30 en 22:00 af te skakel om beurtkrag te voorkom.

Beurtkragskedules is op Eskom se webwerf beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jannie ·

Dank almal by Eskom af in bestuurs posiesie en stel bekwame mense aan. Dis al wat gaan help want duidelik is Eskom bestuur so onbekwaan dat hulle niks kan reg doen nie en net verder agter uit gaan, o ja behalwe bonusse en salarise. Dit word elke jaar verhoog sonder dat dienste ordentlik gelewer word.

scalla ·

Hou op om borgskappe uit te deel en spreek eerder die probleme aan, kan nie eers die bestaande strukture in stand hou nie!!

Eben ·

Hou op met verskonings Esdom …. Vra die Russe vir hulp … sit regerings geboue se krag af oor naweke en aande …. stop krag aan Botswana … aan Zim dan is daar genoeg vir ons.

V ·

Gedurig se ou verskoning daar is n tegniese fout,
dieselfde met water beperkings,gee altyd iets die skuld.Dis seker die regering se skuld omdat daar soveel onbevoegdes is wat nie kwalifikasies het nie,laat dit eeder oor in bevoegde mense se hande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.