Eskom waarsku oor druk op netwerk

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Eskom het Donderdag ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hul kragverbruik te verminder om die moontlikheid van beurtkrag te voorkom.

Die kragvoorsiener sê die netwerk is onder kwaai druk weens onderbrekings by verskeie opwekkingseenhede.

Die onderbrekings gaan Eskom binnekort noop om van sy kragreserwes gebruik te maak.

In dié stadium is 14 925 MW weens stukkende opwekkingseenhede nie beskikbaar nie, terwyl 4 759 MW weens beplande instandhoudingswerk uit die stelsel gehaal is.

Eskom sê geen beurtkrag word in dié stadium verwag nie, maar hy kan moontlik later gedwing word om beurtkrag op kort kennisgewing in werking te stel.

“Hoewel Eskom verwag dat ʼn aantal opwekkingseenhede oor die volgende paar dae weer in diens gestel word, doen ons ʼn beroep op mense om kragverbruik te verminder en aan te hou om elektrisiteit spaarsaam te gebruik om te help om beurtkrag te vermy.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hondjie ·

Um ekt betaal vi my krag wat ek gekoop het.R3000 se krag kom ook net net deer damee.julle het my geld ontvang so ek hoor niks van dis onder druk ni.skakel di verniet verbindings en verniet krag af en los die sin aan wat betaal en krag koop aan sonder om te vertel dis onder druk.probleem uitsorteer.

Gerhard ·

Ek stem 100% saam met jou. My krag beloop al ongeveer R3700/maand en ek laat nie eers die kinders toe om “aircons” aan te sit nie, my swembad lei daaronder, want ek laat die pomp absoluut minimaal loop. Dit maak my boos dat, ons wat ons dinges af betaal vir ons krag ook moet swaarkry onder die wat onwettige verbindings het, wat juis die grootste probleem is met die druk op die netwerk. Dit maak my soos in op dat ons wat belasting betaal, wat duur vir alles betaal, water, krag en en en moet swaar trek. As mens net dink die land kan nie meer onregverdig raak nie, dan tref die volgende skok. Sterkte daar

Anoniem ·

So my swembad moet vuil wees, my huis moet donker wees, ek moet vuurmaak ipv my stoof gebruik, my yskas moet afgeskakel word en dit terwyl en vooruit vir my krag moet betaal en talle informele en formele woonbuurte nie betaal nie? Julle kan in julle tannie se blomtuin vlieg, my noodsaaklike toestelle bly aangeskakel want ek betaal daarvoor.

SlinkseKoljander ·

Geen beurtkrag tot na die verkiesings nie, moenie bekommerd wees nie.
En al se hulle wat, ek gebruik al my toestelle al die tyd!

Jammer om te hoor van julle onbekwame BEE aanstellings.

Strandloper ·

Die anc spaar krag deur hul verstand af te skakel…oeps was nog nooit aan nie…sal ook nooit wees nie

henndrik ·

My opinie – dit het iets te doen met die protesaksie (goed word doelbewus beskadig)

Corne123 ·

Ek sit niks af nie se maai ek het betaal vir my krag lewe julle diens waarvoor ek betaal het

Pietertjie ·

Ou nuus. Eskom gaan nog lank sukkel om reg te kom, indien ooit. Hoe meer gebruikers weg beweeg van Staatsbeheerde ondernemings, hoe beter.

AmY ·

Ons spaar alreeds oral waar ons kan, maar ons krag is reeds R1000 meer as wat dit in Januarie was. Nou wat die duiwel moet ek nou nog doen?

Harry ·

Hulle soek mos weer n verhoging in krag pryse so nou moet hulle ons bietjie intimedeer sodat Nersa dit sal toestaan, dit gaan mos altyd so as hulle die tariewe wil verhoog

Jr ·

Hier’s die oplossing. Stig n baie belangrike parlements sitting en Eskom sal nie loadshedding stig nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.