Eskom waarsku oor hoë risiko vir beurtkrag

beurtkrag-kers

Argieffoto.

Eskom het Dinsdag gesê die risiko vir beurtkrag bly hoog.

Die kragvoorsiener het die afgelope paar dae gewaarsku dat die risiko vir beurtkrag hoog is, maar het gesê dit kon tot dusver vermy word danksy sommige krageenhede wat weer aan die werk is.

“Beurtkrag sal slegs ingestel word indien dit absoluut nodig is,” het die kragvoorsiener vanoggend gesê.

Dít volg nadat Eskom gesukkel het om die mas op te kom en in Februarie genoodsaak is om beurtkrag in te stel om te verhoed dat die kragstelsel geheel en al ineenstort en die hele land sonder elektrisiteit gelaat word.

Eskom het inwoners en ondernemings gemaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

jj ·

Na die nuus dat ons elektrisiteit rekening verder verhoog gaan word, dat ons krag af was Saterdag vanaf omtrent 2 uur tot 5 uur en die artikel, wens ek ek kan ‘n elektriese bom bou en die hele Eskom gaan opblaas – hulle beteken niks!

Judge Dredd ·

Hoef geensins elektriese bom te bou – moedig net jou makkers aan om almal dieselfde tyd hul 4 plaat stoof aan te skakel.

Jo ·

Die enigste maatskappy wat nie wil he jy moet sy produk gebruik nie pateties

@ nika ·

AG NIKA EN JOU LEWE IS PERFEK?// Mense is gefrustreerd en dit is hulle reg of werk jy nou weer by ESKOM . nie meer vir lank nie hoor!~

Theresa ·

Ja, kyk maar wie gee samewerking en wie nie?! Dis net soos met “werk spaarsamig” met die water. Moenie jou kar was nie, moenie jou paving afspuit nie. Duh!! Ry maar ek kyk wie spaar water.

Sponsie ·

Ja jy kan by SOWETO begin waar die water in die strate afloop en waar hulle WEIER om krag te betaal . so ja .. begin sommer daar en los jou buurman uit wat REEDS Soweto se krag sponsor.

Arnie ·

Wat het geword van die Steenbrasdam hidro krag opwekking. Daar is dan beweer dat daardie krag genoeg is vir die Kaap se Skierieland gebied en dat beurtkrag ons nie sal raak nie. ( Ruik ek alweer n rot)

Jo ·

Die enigste maatskappy wat nie wil he jy moet sy produk gebruik nie pateties

GM ·

Ag vader Nika! Moet julle mense altyd als so ernstig opneem? Waar is jul radartjie wat optel wanneer mense sarkasties, grappig, of net plein gefrustreerd is?
Ek is 100% seker dat JJ nie ‘n bom gaan bou en Eskom gaan opblaas nie, maar die ‘mental picture’ daarvan, laat hom beter voel. Mense is keelvol, om te mooi te stel. Die belastingbetalers word gemelk vir als, en kry geen diens daarvoor nie, en ander kry weer als verniet. Eskom boelie ons vir verhogings, en hul stel onbevoegde mense aan want als gaan oor kleur en nie meriete nie. So as die nagevolge nie so ernstig was nie, dan sou ek ook gesê het ‘kry vir jul Eskom’ – maar nou gaan ons die meeste ly en die rykes seker net oorsee vlug.

GM EK STEM ·

ja ek dink NIKA werk vir ESKOM of haar man werk daar .. hulle sal mos ALLES GOEDPRAAT tot die man sy werk verloor dan kom hardloop hulle na Solidariteit en AFriforum toe en wil hulle slegmaak en gooi name soos Gerrie Nel rond en vertel hoe aaklig is die vakbond en afriforum wat nie wil help nie . intussen het hulle LEKKER saamgestem met alles wat daar gebeur want manlief moet sy FORTUNER elke maand betaal .. sy is heel happy om sonder krag te wees sien ek.

ANNA ·

Dan speel ons maar weer lekker donkerkamertjie en bad in kerslig,wat ?

jakes ·

Binne n maand sal ons slegs 2 ure per dag krag he. Dit is al 6 maande gelede deur n kenner voorspel en dit gaan kom.

Fanie ·

Die regering voel niks vir die land nie vir hulle gaan dit oor geld in hulle sakke

HPV ·

Eskom is net soos die eff narre, ignoreer hulle net. Hulle verdien geen kommentaar, nie eers slegte kommentaar.

Dollar Rules ·

Welkom by die vierde nywerheidsrewolusie…rewolusie…rewolusie…

Marinda ·

Whatever Eskom. Wr camp out every night and having supper by candle light is fabulous.
Looks like we heading the same way as Venezuela, 5 days without power.

Gert van Wierdapark ·

Ons word gemaan om krag spaarsamig te gebruik! Die swerkaters weet nie wat spaarsamig beteken. nie, maar wel wat regstel(l)ende aksie betref! Power to the People!

Thomas ·

Ek gebruik minder krag as die wat dit my kos om dit te ontvang. Gas stoof. Solar ligte buite. Heatpump. LED ligte. Ens. Probeer krag spaar, maar kom agter ek is die swaap Ek werk nou vir Eskom. Van nou af sal ek nie meer my swembadpomp afsit as hul vra nie. Beurtkrag gaan my in elk geval tref.

Heksie ·

Julle is so in julle maai, julle kan nie eens ‘n “transformer” kry wat 2 plase moet voer in Hekpoort nie! Useless verby!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.