Eskom waarsku oor moontlike beurtkrag

kersEskom het ʼn beroep gedoen op verbruikers om hul geisers, swembadpompe en ander nie-noodsaaklike toestelle tussen 18:00 en 20:00 af te skakel ten einde beurtkrag te vermy.

“Die kragnetwerk is erg beperk en sal vir die res van die week onder druk wees,” het Tshediso Matona, uitvoerende hoof van Eskom, in ʼn verklaring gesê. “Dit is weens tegniese probleme wat by van ons kragstasies ervaar word en die verlies van bykomende opwekkingseenhede.”

Matona het gesê Eskom het sy groot industriële kliënte reeds oor die situasie ingelig en gemaan om hul kragverbruik met minstens 10% te verminder. “Die risiko sal tot in November voortduur,” het hy gesê.

Eskom het ʼn beroep gedoen op verbruikers om ook deur die dag elektrisiteit spaarsamig te gebruik ten einde die druk op die kragnetwerk te verlig. Motana het gesê Eskom sal alles in sy vermoë doen om kragonderbrekings te vermy, maar dat beurtkragskedules as ʼn voorsorgmaatreël op Eskom se webtuiste beskikbaar gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

catryn ·

Eskom moet ophou om die betalers van hulle krag so te manipuleer om vir die diewe en immigrante gratis van krag te voorsien. Gaan sny die onwettiges se bedragings af vanuit hierdie informele nedersettings – of is julle te bang om daar in te gaan?

Pieter ·

Eskom moet liewer ophou verskoning soek vir die swak dienslewering,tegniese probleme as gevolg van swak beplanning en om liewer krag aan buurstate te verkoop is die oorsaak tesame met korupsie in munisipaliteite.

Pieter ·

Eskom is al jare terug gese dat daar meet kragstasies opgerig moet word asook om bestaande kragstasies op te gradeer so hulle het nie n verskoning nie

Jannie ·

Pieter stem saam jou. Hoeveel jaar hoor ons nie nou al daar is probleme nie. Vir die laaste 10 jaar word krag onsagtlik duurder elke jaar want Eskom het geld nodig vir opgradering en herstel werk. Maar mens sien nooit dat daar n verbeterring is nie behalwe aan die vet bonusse en hoë verhoogde salarisse. Eskom kort nuwe bestuur wat weet wat hulle doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.