Eskom waarsku oor toename in steenkooltrokke

Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Twitter (@Eskom_SA)

Eskom het Woensdag padgebruikers gemaan om op hul hoede te wees vir ʼn toename in steenkoolvragmotors op verskeie groot paaie in die land, veral in Mpumalanga.

Volgens die kragvoorsiener sal die trokke heen en weer tussen die steenkoolkragstasies en steenkoolmyne ry.

Eskom sê hy slaan tans munt uit die laer vraag na elektrisiteit tydens die feesseisoen om kragstasieinstandhouding en herstelwerk te bespoedig, in ooreenstemming met die maatskappy se herstelplan om opwekkingskapasiteit te verbeter en teen November 2019 terug te keer na 75% kragbeskikbaarheid.

Hierdie daadwerklike pogings sal tot gevolg hê dat daar meer steenkoolvragmotors as gewoonlik op die paaie gesien word.

“Hoewel die herstel van die kragnetwerk die oorkoepelende doel is, bly die veiligheid van alle Suid-Afrikaners op ons paaie ʼn prioriteit. Ons wil daarom padgebruikers aanmoedig om waaksaam te wees en te alle tye die reëls van die pad na te kom,” sê Phakamani Hadebe, Eskom se uitvoerende hoof.

Eskom sal steenkoolvervoer staak op dae wanneer daar ʼn toename in padgebruikers verwag word – van 24 tot 27 Desember en weer van 31 Desember tot 1 Januarie 2019.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pietertjie ·

Wat ‘n klomp twak! Dis juis nou die gevaarlikste tyd op die land se paaie. Pleks dat hulle die eksamen-tyd hiervoor gebruik het. En wat het die vragmotors in elk geval uit te waai met die vlak van elektrisiteit-verbruik?

Anonieme Lafaard ·

Hoekom gebruik hulle nie spoorvervoer nie? Dit is tog goedkoper, veiliger en geriefliker. O nee, wag ‘n bietjie …

Potties ·

Wat van Majuba rail in Ermelo nuut gebou tot by Majuba Amersfoort……..

John ·

ESKOM die middelpunt van die heelal of middelpuntvlietende krag… die moeder van alle uitskieters. Daai spul gaan nooit verander nie. Belangrik verby.

Hansmyt.eeiskoud ·

Eskom gaan uit hul pad om die lewe moeilik te maak vir die landsburgers!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.