Verkiesingsplakkate kan op verskeie plekke in stede in regoor die land gesien word, soos kiesers gereed maak om op 3 Augustus hul kruisie in die munisipale verkiesing te trek. Eskom het Maandag gesê die praktyk van politieke partye om verkiesingsplakkate op lamppale en mini-substasies aan te bring, is gevaarlik en slegs gemagtigde personeel word toegelaat om op hierdie strukture te klim of aan hulle te werk.
“Eskom wil graag alle politieke partye herinner aan die gevaar daarvan om plakkate op elektriese strukture aan te bring. Hierdie strukture dra lewendige elektriese toerusting en geleiers. Wanneer iemand te naby daaraan kom, of per ongeluk daaraan vat, kan dit lei tot direkte kontak met die elektriese stroom. Dit kan ernstige beserings veroorsaak en selfs dodelik wees,” het die kragverskaffer in ʼn verklaring gesê.
Die maatskappy het gesê behalwe vir die gevaar daaraan verbonde om plakkate op elektriese strukture aan te bring, is dit ook ʼn oortreding van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid.
“Sou iemand wat besig is om verkiesingsplakkate aan te bring met elektrisiteit in aanraking kom, kan jy vervolg word, beide strafregtelik en siviel,” het Eskom gesê.
As so n persoon in aanraking kom met elektrisiteit sal hy nie vervolg kan word nie….want hy gaan getoast wees……
Wonder nou waar moet hulle dan die goed op sit ? Teen die bome? Dan is natuur bewaring weer op hulle perdtjie?? Die regerende party probeer als om te kyk of hul nie kan wen nie.hulle weet hul dae is getel
Dis so vertraag.
Met ander woorde, die veiligheid van die publiek is op risiko gestel deur hierdie ligte in te sit. Dit is roekeloos en nalatig. As ‘n HSE profesioneel dink ek dat hulle nounet ‘n groot lat gepluk het. Ek dink nie hulle het die saak baie mooi deur gedink voor hulle daardie stelling gemaak het nie… As ek dit nie mis het nie sal hulle akreditasie geskroeteneer moet word.
Presies wat ek gedink het. So hierdie pale is dan eintlik onveilig vir die publiek ook… met daardie stelling.
Ongelukkig steur die mense hulle nie aan die waarskuwings nie … tot iets gebeur … dan is dit weer almal behalwe se skuld
Bo op die paal, is dit n lig of n stortkop?
Die laaste sin verstaan ek so: solank die iemand net nie met elektrisiteit in aanraking kom nie sal die iemand nie vervolg word nie.
Ek weet van 3 gevalle waar mense hulle lewens verloor het deur aan ‘n lamppaal te vat. Professionele mense het meettoerusting wat kan bepaal of dit veilig is of nie. Aan die onverskrokke mense: Gaan voort en moenie huil nie!
@GES, m.a.w., wat André en Reinhardt hier bo gesê het, is waar? Dat Eskom se elektriese lamppale onveilig is? En hoeveel miljoene daarvan staan op ons sypaadjies wat ons elke dag gebruik???
Lamppale is die verantwoordelikheid en eiendom van munisipaliteite, nie Eskom. Eskom moet hulle plek ken.
Maar wat hulle nie se nie is dat die dom riglyn nie op ANC afgedwing word nie.
Lees ek nou reg? Waarsku Eskom dat bv. lamp pale mense kan skok? Want as dit die geval is, Eskom, trek ek julle kaal uit in die hof as dit met enige geliefde van my gebeur… Loop maak reg julle gemors!
Eff maak hulle skuldig hieraan in Pretoria ,plak hulle rooi plakkate orals op
Sit die goed op tydens load shedding, wat in elk geval deesdae gebeur sonder waarskuwing.