Eskom waarsku oor wintermaande

Argieffoto

Argieffoto

Malusi Gigaba, die minister van openbare ondernemings, het Dinsdag gesê die elektrisiteitstoevoer sal tussen April en Julie onder erge druk verkeer.

“Ek wil gebruikers maan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik terwyl die winter nader,” het hy by Eskom tydens ʼn konferensie oor die stand van die stelsel gesê. Hy sê Eskom se instandhoudingsprojekte vorder. “Dit sal uiteindelik tot langtermynsekuriteit van betroubare elektrisiteitsvoorsiening lei.”

Hy doen ʼn beroep op die land om Eskom se pogings, om die “ligte aangeskakel te hou”, te ondersteun.

Gigaba het gesê Eskom het van die somerseisoen gebruik gemaak om sy instandhoudingswerk te doen, aangesien elektrisiteitsverbruik nie dan so hoog is nie.

Die druk op die stelsel word ook veroorsaak weens die vertragings in die konstruksiewerk by die nuwe kragstasies. “Sonder die ondersteuning van sy verbruikers, sou Eskom gesukkel het om by sy verpligting te hou en sy mandaat te vervul,” het hy bygevoeg. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.