Eskom waarsku sy skuld kan tot R550 miljard styg

Argieffoto

Eskom se finansiële situasie sal in die afsienbare toekoms benard bly met die gevaar dat sy skuldlas kort voor lank van R400 miljard tot R550 miljard kan toeneem.

“Die kragvoorsiener verkeer regtig onder uiterste finansiële druk,” het Eskom se voorsitter, Phakamani Hadebe, Woensdag aan die parlement se portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê tydens ʼn inligtingsessie oor die kragreus se geldelike en logistieke hoofbrekens.

Calib Cassim, waarnemende hoof- finansiële beampte, het gesê die probleem is deels die instelling se onvermoë om sy skuld te delg en rente te dek uit sy bestaande inkomste, wat hom dwing om selfs meer te leen.

Eskom hoop sy uitgawes sal binne die volgende drie jaar stabiliseer.

Hy het gesê Eskom hoop sy uitgawes sal binne die volgende drie jaar stabiliseer sodra die kragvoorsiener se nuwe kragsentrales voltooi is, maar die prentjie kan vertroebel word deur die noodsaaklikheid van agterstallige instandhouding.

Jan Oberholzer, hoofbedryfsbeampte, het aan die komitee gesê Eskom voer ʼn nege-punt-strategie in om agterstande die hoof te bied en ʼn oplossing te kry vir die verminderende beskikbaarheid van krag.

Dringende instandhouding sal lei tot 59 beplande kragonderbrekings. Tog voorsien hy nie dat beurtkrag in die afsienbare toekoms nodig sal wees nie.

Hy het bevestig Eskom se kragbeskikbaarheid sal voor die einde van die boekjaar tot 72% of 73% afneem en die kragvoorsiener sal aanhou diesel moet gebruik as bykomende bron van brandstof omdat die vlak van steenkool steeds by krisispunt is.

Ons gaan diesel verbrand tot Maart toe.

“Ons gaan diesel verbrand tot Maart toe,” het Oberholzer gesê en bygevoeg dat die koste van diesel sedert April R538 miljoen beloop en teen die einde van die boekjaar R1 miljard kan bereik.

Oberholzer het sewe kragsentrales, onder meer Arnot op Mpumalanga se hoëveld en die nuwe Medupi en Kusile as “ʼn handvol probleemkinders” ten opsigte van bedryfsvermoë beskryf.

Nog 10 aanlegte het minder as 20 dae se steenkoolvoorraad, en van dié het die helfte minder as 10 dae se steenkool.

Hadebe het gesê die huidige krisis ten opsigte van steenkool is die gevolg van die kragvoorsiener se berugte ooreenkoms met Tegeta Exploration vir steenkoolvoorsiening. Toe dit duidelik geword het Tegeta sou nie genoegsame steenkool kon lewer nie, was Eskom se verhouding met sy vorige voorsieners reeds versuur weens die haas om ʼn kontrak met die Gupta-verwante maatskappy te onderteken.

Nadat Eskom se raad verander het, kon die kragreus reeds 29 nuwe kontrakte onderteken vir die lewering van altesaam 15,8 miljoen ton steenkool. Dit is steeds nie voldoende nie, maar Eskom het toestemming by die tesourie gekry om voorstelle vir nog 4 miljoen ton steenkool te versoek.

Dit het reeds gelei tot kontrakte vir die lewering van 1,1 miljoen ton steenkool, het Hadebe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Alida

Alles te wyte aan swak bestuur en korrupsie. Moenie julle probleem ons sn maak nie.

Zukof

Dis hoe ons vir betaal vir hulle onvermoe om eenige iets te kan bestuur. Maak nie saak wat dit is nie !

Chanel

Gee nog bonuses
Hou meer parties
Ry nog duurder karre
Dit verkeerde bestuur en die wonderlike anc

So ewe

Ek verstom my dat Eskom so ewe waarsku né. Useless en korrupsie het nog altyd handjies vasgehou.

Dries

Interessant di deel van ni instaat om skuld te delg met di huidige inkomste, en moet daar dus Meer geleen word om dit te kan betaal!
Is dit n voorloper van di Staat se begroting in n paar jaar?