Eskom waarsku teen dié slenter

(Argieffoto: Unsplash)

Eskom-kliënte moet ligloop vir ʼn bedrieglike mediaverklaring wat ʼn boetebetalingsproses vir ontkoppelingskennisgewings uiteensit.

Die kragvoorsiener waarsku dat hierdie mediaverklaring nié deur Eskom opgestel of uitgereik is soos daarin beweer word nie.

“Kliënte word aangeraai om geen betalings te maak of op dié mediaverklaring te reageer nie.

“Die boete vir ʼn ontkoppelingskennisgewing is R6 052,52 en is by enige Easy Pay-betaalpunt betaalbaar met die bankbesonderhede wat op kennisgewings deur Eskom-amptenare uitgereik is.”

Lede van die publiek word versoek om enige misdadige aktiwiteite by die polisie aan te meld of Eskom se misdaadlyn by 0800 112 722 te skakel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.