Eskom waarsku teen konsessie-slenter

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Vrydag ʼn waarskuwing uitgereik oor ʼn slenter oor Eskom-konsessies.

“Eskom distansieer homself van ʼn bedrogskema waar misdadigers aanvoer die maatskappy bied konsessiegeleenthede vir die verspreiding van voorafbetaaldeelektrisiteit-geldmasjiene,” het die kragvoorsiener gesê.

Volgens Eskom voer die bedrieërs aan dat die verspreiders ook elektrisiteit sou kon herverkoop teen ʼn bedrag wat hulle self bepaal. “Dit is verkeerd, aangesien elektrisiteitpryse in Suid-Afrika bepaal word deur die Nasionale Energie-reguleerder (Nersa), en geen verkoper toegelaat word om addisionele koste by te voeg nie.”

Eskom maan lede van die publiek om nie slagoffers te word van dié slenter nie en om nie handel te dryf of kontak te maak met die SA Tendergate-webwerf nie, aangesien dit ʼn “bedrogskema” is en alle Eskom-sakegeleenthede slegs op sy eie webwerf, eskom.co.za, adverteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nollie du Plessis ·

Maroelamedia hou vinger op die pols met belangrike nuus

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.