Eskom waarsku teen slenter

Argieffoto: GCIS

Eskom in die Noord-Kaap en die Vrystaat het talle berigte ontvang van kliënte wat bedrieg is deur mense wat voorgee dat hulle Eskom-kontrakteurs is.

Eskom het in ʼn verklaring gesê die bedrieërs bel kliënte en sê hulle moet hul meters laat toets, vervang of kalibreer.

“Die kliënte word dan versoek om vooraf geld in die bedrieërs se bankrekeninge in te betaal. Daarna hoor die kliënte nooit weer van hulle nie en geen toets word op die meters gedoen nie,” lui die verklaring.

Kliënte bel Eskom dan om te hoor wanneer die toets gedoen gaan word. “Ons moet die kliënte in kennis stel dat die mense wat hulle gebel het nie Eskom-werkers is nie, maar dat hulle slagoffers van bedrog was.”

Eskom het kliënte herinner dat alle betalings aan Eskom direk deur die normale rekeningstelsel gedoen moet word in die bankrekening waarvan die besonderhede op hul Eskom-rekeninge verskyn.

“Geen kontant moet aan enige Eskom-werknemer of -kontrakteur wat die kliënt besoek, gegee word nie. Geen betalings moet in ʼn bankrekening gemaak word wat nie amptelik deur Eskom op die normale Eskom-rekening verskaf word nie. Daar sal nooit versoek word dat kliënte kontrakteurs direk betaal nie,” lui die verklaring.

Eskom het kliënte gewaarsku om versigtig te wees vir “opportuniste wat lede van die publiek uitbuit”.

Meld verdagte mense of aktiwiteite by Eskom se inbelsentrum by 0860 037 566 aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ek vra jou ·

REGTIG? Enigeen wat enigiemand nog glo dat jy geld vooraf in ‘n rekeing moet betaal…mens maak mos seker en bel ORAL rond en vra uit AS jy enigsins dink om so iets te glo.

Nettie ·

@ek vra jou – 100% op die spyker se kop geslaan – WIE IS IN VANDAG SE DAE NOG SÓ ONNOSEL OM TE VAL VIR TRUUKS SOOS DIÉ?

Genieve ·

Ja daar is nog sulke mense wat in die strukke val ek lees nog baie van hulle veral mense wat na sangomas toe hardloop vir meer geld hulle verander R50.000 na R100.000 sjoe kan jy so onnosel wees.

Frans C ·

Is dit nie ironies dat die waarskuwing van Eskom
kom, wat self ‘n hele paar diewe opgelewer het.

marous ·

Die publiek is met angs en weersin vervul vir Eskom se slenters…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.