Eskom waarsku weer oor beurtkrag

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Woensdag gewaarsku dat beurtkrag weer ingestel kan word indien die druk nie op die kragnetwerk verlig word nie.

“Ons gebruik tans ons noodreserwes,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, gesê. “Na verwagting gaan die noodreserwes voor die einde van die week uitgeput wees wat ekstra druk op die kragnetwerk gaan plaas en die kans op beurtkrag kan verhoog.”

Dit raak die hele land.

Etzinger het Maandag gesê daar is nie enige beplande beurtkrag hierdie week nie, alhoewel die stelsel steeds onder druk bly.

ʼn Steenkoolsilo het verlede maand by die Majuba-kragstasie in Mpumalanga ineengestort en landswye kragonderbrekings tot gevolg gehad. Die silo het meer as 10 000 ton steenkool geberg en die voorraad na ses ander eenhede by die kragstasie beïnvloed.

Instandhouding by die Cahora Bassa-aanleg in Mosambiek beïnvloed ook die kragvoorsiening.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

scalla ·

Hou eerder op met jul waarskuwings en doen asb jul job reg, dan sal dit nie nodig wees vir al jul verskonings nie, kan nie eers die bestaande infrastruktuur in stand hou nie, pateties

henk ·

Die anc en eksdom is besig om ons as gyselaars aan te hou met hierdie beurtkrag ding ten einde hulle belaglike hoe fooie vir die plaaslike verbruiker te “regverdig” en dit terwyl krag byna verniet na lande soos Kenia, Zimbabwe en Angola uitgevoer word

lillian ·

Dink ons moet maar ESKOM dagvaar vir die verlies aan dienste, want ons betaal vir ‘n diens wat nie na behore gelewer word nie!

in 20 jaar kon ESKOM al verskeie nuwe substasies gebou het, maar ja, so verval alles in ons land … elke dag sien mens die verval … dis om van te huil!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.