Eskom waarsku weer oor moontlike beurtkrag

(Foto: Christel Cornelissen)

Eskom het verbruikers Maandagmiddag weer gemaan om krag spaarsamig te gebruik, aangesien die kragnetwerk steeds onder erge druk verkeer.

Eskom het verlede week fase 2-beurtkrag ingestel, wat oor die naweek sou voortduur. Dit is Vrydag afgeskaf, maar die kragvoorsiener het Sondagaand reeds gewaarsku dat die stelsel weer onder druk verkeer.

“Die terugkeer van een opwekkingseenheid na die stelsel word vertraag, terwyl nog twee eenhede vandag (Maandag), een by Tutuka -en die ander by Hendrina-kragsentrale, onklaar geraak het,” het Eskom in ʼn verklaring gesê. Dit kom nadat ʼn reeks kragopwekkers by kragstasies reg oor die land verlede week die gees gegee het.

“Eskom se spanne werk onverpoos om soveel moontlik van hierdie eenhede so vinnig moontlik te herstel, maar enige verdere onderbrekings aan die kragnetwerk kan veroorsaak dat beurtkrag op baie kort kennisgewing ingestel moet word,” lui die verklaring. Eskom sê aangesien die verouderde kragnetwerk onbetroubaar is, word verwag dat die druk op die netwerk die res van die week sal voortduur. Onbeplande onderbrekings het teen Maandagmiddag op 11 000 MW gestaan. ʼn Verdere 4 658 MW is tans verlore weens beplande opknappingswerk aan die stelsel.

“Ons doen opnuut ʼn beroep op die mense van Suid-Afrika om krag spaarsamig te gebruik en Eskom te help om die ligte aan te hou.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

koos10 ·

Môre begin dit weer. As hulle waarsku, sê hulle eintlik na 24 uur begin dit.

marius ·

Ons doen ‘n beroep op julle om te vlieg . Na ‘n plek waar daar altyd kole is . Verniet .

Mariana ·

Verstaan nou nie hoe soveel opwekkers gelyk onklaar raak nie. Iets maak nie sin nie

Anel ·

Sit eers die niebetalers se krag af, dan sal daar nie probleme wees nie. Hoekom moet ons swasrkry, ons wat betaal?

PieterP ·

Ons bied julle ons produk, moet dit asseblief net nie gebruik nie.
Saboteurs van die land se ekonomie! Dit is wat julle is.

henndrik ·

Ek wonder, my Pa het jare vir Eskom gewerk (voor 94) en daar was nooit eenhede wat onbeplan afgegaan het waarvan ek weet nie, hoekom is dit nou dan anders?

Persheks Adri ·

Dis nie die stelsel wat vertraag en onstabiel is nie dis JULLE Eskom! Doen julle werk waarvoor julle betaal word en stop julle patetiese verskonings! Ons betaal mos vir krag regtig waar

Cornelius ·

Yip, ” Ruiter in die nag” of is dit dalk “Ou Ryperd…”

Annelize ·

As hulle waarsku, kan jy maar weet dis ‘n uitgemaakte saak. Sorg maar dat die Genny vol petrol is en die gasbottels vol is.

Anton ·

Raak ontslae van al die onwettige koneksies. dan gaan daar genoeg krag wees en meer bekostigbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.