Eskom-wagte by substasie geskiet

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Marcus Trapp/pixabay)

Drie Eskom-wagte is beseer toe hulle Sondagaand by die energieverskaffer se Winterveld-substasie aangeval is.

Luidens ʼn verklaring wat Eskom Donderdag uitgereik het, het vier wagte Sondagaand ʼn roetinepatrollie uitgevoer. Ongeveer 22:30 het twee van die wagte gereedgemaak om te vertrek toe vier verdagtes skielik op hulle afgepyl en losgebrand het.

Drie wagte het skietwonde opgedoen en is ook van hul vuurwapens en selfone beroof.

Die verdagtes het van die toneel gevlug.

Een van die wagte het hulp ontbied, waarna die beseerde wagte na ʼn hospitaal geneem is. Hulle is Dinsdag uit die hospitaal ontslaan.

“Eskom veroordeel hierdie wandade en versoek lede van die publiek om met inligting vorendag te kom wat tot die inhegtenisneming en vervolging van die skuldiges kan lei,” het Kith Maitisa, Eskom se bestuurder vir veiligheid en gesondheid in Gauteng, gesê.

Die voorval word tans deur die maatskappy en die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JL ·

Rigg al die substasies ens dat net Eskom werkers dit kan omseil. As jy nie vir Eskom werk nie wat soek jy daar?

Duck ·

Ons manne verrig bystand diens, sommige tye vroeg oggend ure, moet maar lelik rondkyk as ons werk

Lillian ·

Doerie jare het die veiligheidspolisie die radio torings beman …. swaar gewapen met honde ….

Waarnemer ·

Regtig!!!Net gewond…dalk is hulle almal nog kop in een mus met die kabeldiewe….iets soos okay skiet my in die been met , kettie

Swerwer ·

O gonna nou gaan die werknemers weer te bang wees om te gaan werk want die veiligheid moet nou eers weer opgeskerp word.

Wondermaarnet ·

Dit gaan by Koeberg net so. Daar is sowat 5 wat kan skiet en die res is nie bevoegd nie en druip keer na keer die skiet oefening maar meer en meer patrone word gegee om aan te hou mors en dan word hulle deurgesit. Hoe vries jy met ‘n vuurwapen, maar bly in ‘n sekuriteit posisie?

Di ·

DIS wat gebeur as jy onbevoegde mense in diens neem! Kry ordentlike opgeleide mense

Suzette ·

Ordentlike opgeleide mense sal nooit hierdie poste kry nie. Hulle is lankal werkloos deur BEE. En almal van ons weet dis al wat nodig is. Stop being “pennywise and pound foolish”. Met n ordentlike hand uit gesoekte sekuriteitsmag gaan ESKOM floreer, oor genoegsame ondse beskik om hulle te betaal vir wat hulle werd is. Stadig maar seker terug op die “map” kom en beter diens lewer. Dis egter baie gevra WANT dan gaan korrupsie en vergrype stop. Julle het die antw Mnr de Ruyter maak so!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.