‘Eskom was die hoofverhoog in die teater van korrupsie’

Jabu Mabuza. Foto: Nhlanhla Phillips/African News Agency (ANA)

Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom, het Vrydag voor die Zondo-kommissie na staatskaping getuig dat die huidige direksie in Januarie verlede jaar met hul aanstelling besef het die kragreus is “die hoofverhoog in die teater van korrupsie”.

Vincent Maleka, getuienisleier, het Mabuza gevra om besonderhede te verskaf oor die stand van sake toe hy by Eskom aangekom het. Mabuza het ’n verskeidenheid probleme, waaronder korrupsie, ongerymdhede en lae moraal onder personeel, uitgelig.

“Eskom se finansierders het ʼn streep in die sand getrek en gesê hulle gaan nie meer geld aan Eskom bewillig terwyl dit onder daardie leierskap was nie. Die JSE het aangedui dat hy Eskom-effekte sal denoteer as hy nie sy finansiële state vrystel nie.”

Volgens Mabuza het Eskom ʼn staatswaarborg van ongeveer R350 miljard gehad toe hy by die kragvoorsiener aangestel is en sowat R100 miljard in ongebruikte waarborge vir kapitaalprojekte.

Mabuza het gesê Eskom het skade gely met die verskaffing aan die Gupta-familie se steenkoolmyn, Tegeta Exploration and Resources. Die kragvoorsiener het ’n voorskot van R600 miljoen gegee om die Optimum-steenkoolmyn van Glencore te koop. Volgens Mabuza het Eskom kwartaalliks nagenoeg R600 000 aan banke betaal om die waarborg te diens.

“Ek weet nie wat die raad gedink het om dit te doen nie. Ek dink nie hierdie raad sou instem om ʼn waarborg aan ʼn verskaffer te gee nie. Dit is verkeerd om te sê Eskom het nie skade gely nie aangesien die waarborg verval het. Eskom het definitief skade gely, minstens wat betref sy reputasie,” het Mabuza gesê.

“Dit word korrupsie genoem. Die naam is korrupsie en die speletjie is tenders. Maar die waarborg is baie spesifiek. Die waarborg is vir kapitaalprojekte.”

Maleka het ook kommer uitgespreek oor die Eskom-raad wat nie regstellende stappe gedoen het teen agt voormalige uitvoerende beamptes wat betrokke was by onreëlmatige uitgawes nie. Die beamptes is geïdentifiseer in ʼn 2017-verslag deur die Nasionale Tesourie rakende die R600 miljoen wat aan Tegeta betaal is.

Volgens Mashela het hy egter eers in November verlede jaar bewus geword van die tesourie se verslag, maar bygevoeg dat Eskom hierdie kwessies hanteer, óf by wyse van sy interne dissiplinêre prosesse óf op ’n kriminele vlak óf in siviele verrigtinge.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dries du Toit ·

Dit is vreeslik. Die gewone man op straat besef nie hoe hierdie blatante diefstal mense se lewe verwoes nie. Ek het n steekproef gedoen onder mense in n gewone buurt. Meeste van die mense wat n paar jaar gelede n normale gesins lewe gelei het van opstaan en gaan werk het om sodoende sy huisgesin te versorg, huis af te betaal ,motor te koop, water en elektrisiteit te betaal . Hulle is nou op n stadium dat hulle huis en voertuie klaar betaal is. Baie van hulle het voorsorg gemaak vir slegte tye. As hulle nie op pensioen is of werkloos is a.g.v. BEE nie veg hulle om net die ligte aan te hou. Sonder uitsondering het almal al munisipale rekenings uit die bloute gekry wat hulle begroting by verre oorskry. Dan bly daar net een ding oor verkoop maar die huis en gaan soek blyplek by kinders, ouetehuis of karavaanpark

IK ·

Iewers moet daar ook sirkusnarre wees?
Ek kan Mashela (laaste par.) nie plaas in die berig?

Penellope Jones ·

En ons belastingbetaler moet finansieel vir die ”verhoogproduksie” wat geflop het instaan….

Jack Sadie ·

Ek lees nou ‘n boek van Frankryk in die middeleeue. Die plaaslike adelheer was alles en het in weelde gelewe, terwyl sy onderdane in armoede krepeer het. Klink dit bekend?

Pietsepan ·

Dit wys daarop dat die korrupsie nie net in Afrika ‘n rol gespeel het nie. Korrupsie met tenders is en van die grootste oorsake vir die verderf van die Romeinse ryk.

LHS ·

Mooi om te sien hoe val die huidige narre rond on hulself uit die moeilikheid te probeer hou.

Calamarie ·

LHS een nar val dan kom nog een in die tent. Probleem is, die narre sien die Rande rol in om die besigheid te red en all wat die narre sien is Mercs, groot huise en take aways!

Elbie Naude ·

Deesdae is net Bosassa se aapstreke, die plundering van en regrukaksies by Eskom, vakbonde wat dreig as die vet uit die staatsdiens en ander wanfunksionerende instansies gesny gaan word ens ens. Ons hoor niks meer van die Guptas, Zuma tragedie nie behalwe dat sake en lasbriewe teruggetrek word. Is hierdie strategiese afleidingstegniek?

John ·

Interne ondersoeke… watter grap. Waarom word die Guptas se myne en eiendom nie gekonfiskeer nie, maar ons spandeer miljoene om onwettige myners uit te help en gaan seker skadevergoeding aan die Indiese swendelaars betaal. Waarom word niks gesè oor die heldeontvangs wat CR onlangs in Indiè beleef het nie… die enigste buitelandse staatshoof nogal voor massas soldate. Wat het ons gedoen om dit te verdien… met Cyril skaars aangestel. Hier is ‘n kobra in die gras en ons weet dit nie.

Awie jansen van vuuren ·

Dit is so goed jy gaan verklaar die duiwel by die satan

Hennie ·

En die hoof narre was Jakob, en die Gopta fieta tjômmies!

Sarel ·

CR is n kommunis , hy is deel van die top eliete , hy voel vir die gepeupel niks. Kry uself op hoogte van kommunisme en weet wat vir ons wag en neem u besluite daar volgens . Niks gaan verander nie. Hy was nog heeltyd deel van alles. Kyk bietjie hoe het dinge reeds in die Mbeki era begin sigbaar word. Die verandering nou is maar net om die publiek te dus.

Naas Vermaak ·

Kommunisme is niks in vergelyking met al diegene wat heeltyd net hier, en ook op ander forums, sit en kla en dreig om nie te stem nie of dan gaan stem vir klein partytjies…

George in Bloem. ·

Met die spul korrupte onnosele narre in beheed sal niks ooit weer reg kom nie. Die land is gedoem om maar net nog ‘n Afrika mislukking te wees.

Robert ·

‘n Staatswaarborg van R350 miljard ja! My GEPF waarvoor ek 30+ jaar gewerk het! Dis om van te ontplof ……..

Piet Petrol ·

Mense ons kyk almal die olifant in die kamer mis. Die probleme het begin met die “kruis subsidiering” van dienste aan die minder bevoorregtes in die township. in essensie beteken dit dat die wie het en hard werk moet betaal vier die wie nie het nie en heel toevallig ook nie vreeslik ambisie het nie. Liberation before Education byt die wie het nou hard aan die hakskeen. Dit is juis hierdie kultuur van ‘”wanbetaling en steeds kry jy die dienste” wat korruposie bevorder, want as die wie het ander kan susidieer moet daar mos genoeg wees om vir ons ook geld te gee. Eskalasie van die “dit is wat my toekom kultuur” dus. Begin deur die wanbetalers te dwing om te betaal vir wat hulle gebruik dan skep jy mos die fondament vir gehoorsaamheid. In die huidige bedeling is hierdie maar net ‘n hersenskim.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.