Eskom was glo bewus van probleme met silo

'n Foto van die silo

‘n Foto van die silo

Eskom was glo al sedert Januarie vanjaar bewus van strukturele probleme van die steenkoolsilo wat Saterdag by sy Majuba-kragstasie in Mpumalanga inmekaargestort het.

Die vakbond Solidariteit het Eskom Maandag van nalatigheid beskuldig en kwalik geneem dat hy nie aandag aan die probleem gegee het nie.

“Solidariteit het verneem dat Eskom-werkers al sedert Januarie resonansies van die silo monitor,” het Deon Reyneke, bedryfshoof van die energiebedryf by Solidariteit, in ʼn verklaring gesê. “Daar is toe al aan die bestuur van die maatskappy gerapporteer dat die silo weens die toenemende vibrasie tekens van agteruitgang toon.”

Volgens Reyneke is daar in Junie vanjaar, en weer drie weke voor die ineenstorting, vasgestel dat die vibrasie van die silo vererger het. “Vibrasie van ʼn struktuur wat uit beton gemaak is, is uiters problematies. Die vibrasie het swak plekke in die silo veroorsaak of vererger wat, soos wat die vibrasie toegeneem het, uiteindelik tot die ineenstorting gelei het,” het Reyneke gesê.

Tsheido Matone, Eskom se uitvoerende hoof het Sondag tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg gesê die steenkoolsilo is in September verlede jaar geïnspekteer en daar was geen oënskynlike tekens van verval nie.

“Tydens die laaste inspeksie is daar bevind dat die struktuur in ʼn goeie toestand was,” het Matone by die konferensie gesê. “Die risikokategorisering is tydens die inspeksie as laag geklassifiseer.”

Volgens Matona sal daar ʼn ondersoek na die voorval plaasvind. Die ondersoek sal na verwagting sowat drie maande duur.

Eskom moes sedert die ineenstoring plan maak om steenkooltoevoer na die eenhede te herstel aangesien ʼn vervoerband weens die ineenstorting beskadig is. Eskom het Maandag aangekondig dat toevoer na twee van die eenhede herstel is.

Reyneke meen egter dat die tydelike maatreëls wat nou toegepas word, veiligheid by die kragstasie in gedrang bring. “Eskom plaas sy werknemers in gevaar deur sy nalatigheid. Om al ses eenhede van die kragstasie ten volle van steenkool te voorsien, moet honderde vragmotors per uur steenkool by tydelike vervoerbande digby die oonde aflaai. Buiten die gevaar van vragmotorongelukke en die hoër bedryfskoste, veroorsaak dit ook ʼn brandgevaar,” het Reyneke bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Francois ·

As ek kon vloek op die site, sou ek dit NOU gedoen het. Jis ek HAAT Eskom soos die pes!

se maar net ·

Eskom moet ophou om sy probleme toe te smeer.vir n groot broodnodige maatskappy is hulle baie lafhartig want hulle skuif die blaam ALTYD oor na iemand anders toe.nee man, kom reg en doen wat julle moet doen om die kragstasies instand te hou, en die nuwes wat gebou word, moenie blind wees vir probkeme nie, sort dit uit en voorsie ONS LAND MET KRAG.

ag nee ·

Nou moet ons al weer “uithelp” en krag spaar, omdat Eskom weereens nalatig was! Nuwe SA glo mos nie aan instandhouding nie!!!!!!

Lizl ·

Sjoe ! Eskom loop sleg deur , en ja daar is baie foute in Eskom, net soos daar foute is in munisipaliteite, die regering, posdiens, transnet, hospitale , skole , orals oor. Orals is onbevoegte mense in hoë poste. Maar tussen alles deur is daar die mense wat hulle bes gee, soos die operators in Eskom, soos simpel Eskom klerke (dis nou ek) en soos die mense op Majuba wat op amper vol vrag staan ten spyte van die krises wat hulle het. Wat van dankie se as jy jou lig aanskakel en dit gaan aan ? Daar was net sondag beurtkrag gewees as gevolg van die silo se ineenstorting, en tenspyte van die “contraints” is daar nie beurtkrag ingestel nie. Ons stasies is verouderd en behoort meer maintenance te kry… maar as gevolg van finansies en krag “demand” word ons nie toegelaat om “outages” te hou soos dit moet nie. Dit is hoekom dit gaan soos dit gaan. Miskien moet Eskom die publiek toelaat in die stasies , vir Francois hier bo sal ek graag vir n week in ons operator panel wil he sodat hy kan sien wat werklik aangaan binne Eskom, miskien sal die haat dan oorgaan in “verstaan” .

Ockert de Reuck ·

As daar nie so baie korrupsie, bonuse, groot salarise en reuse tariewe aan Escom betaal word nie sal dit beter gaan. Jy is nie baie slim nie.

CR ·

Stem saam Lizl…. Daar is nie geld vir maintenance nie. Ek werk vir een van Eskom se subkonrakteur maatskappye en al ons maintenance is gestop tot die nuwe finansiele jaar a.g.v. daar nie geld is vir maintenance nie. Nou hoop en bid ons maar niks breek tot daar weer geld is nie. Outages word gekanseleer omdat die demand te hoog is vir krag en dan word die maintenance uitgestel – tot dit uiteindelik breek. Maar ek sien daar word geld uitgegee vir The New Age se ontbyt konferensies… sommer ‘n hele paar miljoen! So ja, as hulle minder geld mors emeer maintenance doen en mense met die regte skills in die regte pos sit sal dit dalk bietjie help.

Ghost ·

Lizl, ek verstaan waarvan jy praat en ek se dankie vir die mense wat op die grond hard werk om dinge reg te laat verloop, maar ek verstaan ook Francois se reaksie. Want soos dit in baie Staats Departemente gaan werk die ouens op die groend hulle allie af, maar die bestuur kry groot bonusse en weet nie hoe dinge werk nie, of is onbevoeg om in n bestuurs pos te wees.
Doe persoon wat op die grond werk kan hoe hard werk, maar as die bestuur nie hulle kant bring en die vaardigheid het om dinge te kontroleer ens nie, help alles niks nie.
Ons hoor gereeld Eskom het nie geld nie, maar dan hooe jy ook elke jaar die groot bonusse wat die bestuur kry. Waarvoor kry hulle daardie bonusse. Volgend my kry mens n bonus as jy jou werk uitmintend gedoen het en in die geval die land voorsien het van krag sonder enige probleme. Of kry Eskom bonusse omdat hulle reg kry om meer geld uit die publiek te wurg en instandhouding agter uit te laat gaan.
Wonder maar net.

ag nee ·

Hoekom is daar nie finansies nie? Is dit miskien dat die “bestuur” groot verhogings kry? Goeie beplanning kan ook help, want daar is meer as 1 kragstasie, maar nie een v hul werk ordentlik nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.