Eskom wéér in beheer van beurtkrag in Ekhurhuleni

Argieffoto (Foto: Lukas Waynetrain / Pixabay)

Eskom sal nou Vrydag wéér beheer van beurtkrag in Ekhurhuleni neem nadat die metro vir die soveelste keer versuim het om die praktykkode na te kom.

Eskom sê ’n onlangse ontleding het daarop gedui dat die Stad Ekurhuleni nie beurtkrag volgens die regulasies verminder nie.

Dié bevinding volg maar sewe maande nadat die munisipaliteit hom in Julie verlede jaar daartoe verbind het om die praktykkode – wat verspreidingslisensiehouers vereis om van las te verminder tydens die verklaring van ’n stelselnood – na te kom en Eskom die implementering van beurtkrag weer aan die munisipaliteit oorhandig het.

Eskom sê nou die munisipaliteit het hom met geen ander keuse gelaat as om beurtkrag in Ekhurhuleni te implementeer nie aangesien die metro se nie-nakoming verdere druk op die reeds sukkelende kragnetwerk plaas.

“Versuim om beurtkrag te implementeer wanneer dit vereis word deur alle elektrisiteitsverspreiders, insluitend munisipaliteite, ondermyn die integriteit en stabiliteit van die kragnetwerk, wat tot hoër stadiums van beurtkrag kan lei.”

Dit is nie die eerste keer nie dat Eskom sê hy sal nou self beurtkrag op die substasies in Ekurhuleni afdwing – wat voorheen aan die Stad Ekurhuleni oorhandig is om te bestuur – nadat die metro die reëls en regulasies van die kragonderbrekings verontagsaam het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ES ·

Ons is nie veronderstel om enigsins beurtkrag te he nie… maar nou ja.

Samuel ·

Eskom behoort nie ‘n sukkelende omderneming te wees nie, maar die a en c kaders ken nie van instandhouding nie.

Papsak ·

Ja daar mag nie beurtkrag wees nie maar hulle stel dit sommer in wonder wie se idee is dit die Eskom en al die Munisipaliteite is korrupt hulle moet by pluk

Jakes ·

Eskom moet liewer voor sy eie deur vee en meer bevoegde bestuur en personeel aanstel.

Cassie Carstens ·

Nog net ‘n verplasing van verantwoordelikheid wat nie nagekom gaan word nie, want almal is kaders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.