Eskom weier glo om ‘geheime’ inligting oor bonusse bekend te maak

spaarvarkie_geld.jpg

Argieffoto

Die sakeregtewaghond, AfriSake, het vandeesweek verdere regstappe teen Eskom gedoen nadat die elektrisiteitsverskaffer geweier het om sekere inligting oor die uitbetaling van bonusse aan sy topbestuur vir die 2014/15-boekjaar aan AfriSake beskikbaar te stel.

AfriSake het Eskom reeds in September vanjaar ingevolge die Wet op die Bevordering van Inligting versoek om inligting beskikbaar te stel oor onder meer die prestasie-ooreenkomste, evalueringsverslae en notules van die vergadering waar dié bonusse goedgekeur is, asook ʼn lys van topbestuurslede wat dié bonusse ontvang het.

“Eskom weier egter omdat die inligting volgens hulle persoonlik van aard is. Hulle voer ook aan dat hulle geen bonusse in die 2014/15-boekjaar betaal het nie,” het Stefan Pieterse, AfriSake se woordvoerder, gesê.

“Eskom se netto inkomste het gedurende die 2014/15-boekjaar met meer as die helfte gedaal. Tog word bonusse van miljoene rande met belastingbetalers se geld betaal.”

Pieterse het gesê AfriSake het ’n interne appèl van stapel gestuur om die inligting te bekom. “Indien dié appèl onsuksesvol is, sal AfriSake die hof met ’n aansoek nader om Eskom te verplig om die inligting beskikbaar te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

nico ·

Ja nee hulle steek beslis iets weg as ek my bonus kry sal ek spog omdat ek goeie werk gedoen het maar soos hulle pocket eers dan sal kyk of daar oor is miskien help ek jou

GES ·

Politieke aanstellings is nie daar om ‘n diens te lewer nie maar slegs daar om te oes. Dit sal interessant wees om te weet hoe groot die top amptenate se pakkette is tov Eskom se totale begroting.

Pieter V ·

En dan het hulle die vermetelheid om op nasionale tv sonder om skaam te kry te verkondig dat ons as verbruikers moet pa staan vir die diesel wat gebruik is om beurt krag te verhoed,terwyl dit die anc en Eskom is wat gedink het die krag stasies wat deur die ou bedeling opgerig is vir altyd voldoende sou wees,miskien moet die ouens wat hulle verbeel hulle kom n bonus toe liewer die bonuses gebruik vir die diesel, in elk geval word bonuses betaal vir prestasie alleen

Dee ·

En às di bekend gemaak word nadat hule gedwing is om dit te doen, wat dan? Terugneem?

GES ·

Ek raai ons gaan niks regkry nie. Ons sal kollektief aksie moet neem. Sluit aan by Afriforum. Het ons ‘n ander keuse?

Rynhardt ·

Eskom beplan reeds n verhoging van 17% in april volgende jaar.Ons mense word opsetlik finansieel doodgewurg! Groot bonusse, salarisse en partytjies moet floreer by hierdie geld-monster! Die Anc beskerm Eskom wat alles doodmaak.Die voormalige hoof van Eskom, Brian Dames se rykdom was bekend gemaak In 2014.Hy het in die vorige boekjaar meer as R20 miljoen verdiej.Hy werk deesdae as konsultant vir Eskom.Sy volgende mikpunt is om multi-miljoenerstatus te bereik.Die Eskom -geldmonster moet gestuit word!

Winston ·

Dis maar net die begin. Ons sien net die oortjies van die seekoei.

Kobus ·

Hoe op aarde is dit moontlik dat daar enigsins bonusse betaal kan word as ‘n besigheid so agteruit boer en tegnies bankrot is? Waarteen word die mense se prestasies gemeet om te kan bepaal of daar enigsins ‘n bonus of salarisverhoging vir die werker is? Waaruit word bonusse betaal as die besigheid moet gaan geld leen om hom aan die gang te hou? Privatiseer alle semistaatsinstellings en stel mense aan wat weet hoe om sulke groot organisassies te bestuur en nie kaders wat nie ‘n idee van besigheid het nie. Weinig, indien enige van die sogenaamde “bestuurders, direkteure, voorsitters” ens ens, noem hulle wat jy wil, het enige besigheidsagtergrond waar daar ‘n bewese rekord van prestasie is nie.
Maar ons sit met Zuma aan die hoof van die land! Die swakste president wat die land nog ooit gehad het. So dit is geen wonder dat die mense wat hy aanstel of laat aanstel, net daar is vir hulle eie sak en het geen saak om die organisasie op te bou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.