Eskom kan dalk nie in dié stadium die ligte behoorlik aanhou nie, maar die sukkelende kragvoorsiener het ʼn belangrike hofoorwinning in een van sy gedinge met die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) behaal.
Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag beslis Eskom mag nou van die koste begin verhaal wat die kragvoorsiener sê hy in die 2019-boekjaar aangegaan het, het Bloomberg berig. Die bedrag beloop meer as R29 miljard.
Eskom het Nersa vir ʼn tariefstyging van 18,9% gevra sodat hy ʼn inkomste van R219,5 miljard kon invorder. Nersa het net toegelaat vir ʼn inkomste van R190,3 miljard en het gesê die kragvoorsiener moet die verskil deur kostebesnoeiings opmaak.
Bloomberg berig die hof het bevind Nersa het gefouteer in dié vasstelling. Eskom het nou 60 dae om ʼn aanvullende aansoek by Nersa in te dien om die tariewe wat hy van verbruikers mag vra, te verhoog.
Eskom sit met enorme opwekkingsprobleme – fase 4-beurtkrag is Woensdag weer ingestel – en het ʼn skuldlas van nagenoeg R454 miljard.
Tito Mboweni, minister van finansies, het net verlede maand in sy begrotingsrede boonop aangekondig dat die regering nog sowat R43 miljard op medium termyn aan Eskom sal gee.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Ja enige verdere verhogings in elektrisiteit tariewe sal meer ondernemings toemaak en meer sal hulle werk verloor.Meer mense sal onwettig krag probeer aansit.Minder krag sal gebruik word.Verstaan ESKOM die probleem ?? Hulle gaan nie wen nie. Hulle gaan nie wen nie.Verduidelik die som asb vir hulle.
Dan is dit nou weer tyd vir ‘n stewige salaris verhoging en ‘n lekker prestasie bonus, anders wag daar nog ‘n staking ook.
Eskom het die pinkie gekry let nou op hoe hulle die hele hand gryp.
Soos gewoonlik moet Jan Publiek nou vir Eskom/Nersa se “foute” betaal! Wat is nuut?
So n paar jaar terug was Eskom in die knyp. Hulle kondig toe trots aan dat hulle ‘n reuse lening bekom het. Ek het gewonder wat is daar om op trots te wees want selfs ek weet as jy geld leen moet jy dit terugbetaal. Nou sit hulle met die ENORME skuld wat hulle nie kan afbetaal nie. Nou will hulle nog die staadsdiens pensioen geld ook leen om hulle skulde mee te delg. En elke keer as hulle vir tarief verhogings vra, dan is daar beurtkrag. Is dit toevallig?