Eskom-werker en makker vas oor ‘gesteelde’ koperkabels

Die vermoedelik gesteelde koperkabels. (Foto: SAPD)

’n Werknemer van Eskom en die eienaar van ’n skrootmetaal-en-herwinningsmaatskappy sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Polokwane in Limpopo verskyn nadat hulle glo betrokke was by die steel van koperkabels.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê die verdagtes is Donderdagmiddag in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het oor koperkabels wat by ’n huis in Greenside buite die dorp afgelaai is.

Volgens Mojapelo behoort die huis aan die eienaar (31) van ’n skrootmetaal-en-herwinningsmaatskappy. Die polisie het die huis deursoek waar hulle op koperkabels ter waarde van meer as R100 000 afgekom het. Die eienaar van die huis is in hegtenis geneem waarna dié se makker (37) kort daarna in die Seshego-polisiëringsgebied vasgetrek is.

’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat dié verdagte werksaam is by Eskom en na bewering die koperkabels gesteel en verkoop het.

Die twee verdagtes staan tereg op ’n aanklag van diefstal van koperkabels en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nie Verbaas ·

Daar het die twee menere dit. Hoop hulle word goed gestraf sodat dit n voorbeeld vir ander is.

Peetjie ·

Daar is mos al lankal vermoed die werkers is betrokke by die diefstalle

marius ·

Le beslag op alles in die plek . Sluit en stuur direk tronk
toe

Fedup ·

Not long from now, you will see this tiny little black spot from the moon, the remaining dot that was south africa, and still they will steal and destroy anything and everything.

MAGRIETHA ·

Die eienaar moet nooit weer n besigheids lisensie ( as hy 1 het ) kry nie , eskom werker gaan sy werk verloor en alby moet maks gestraf word

Johan ·

Dit voel vir my gelykstaande aan hoogverraad. Slaan ongenadiglik hard en betoon GEEN genade en gee hulle nie kans om dit weer te doen nie.

Scalla ·

Sluit alle privaat skrootmetaal handelaars, solank daar n afset is sal die diefstal nie stop nie, kabeldiefstal is gelyk aan sabotasie en moet swaar gestraf word.

PieterP ·

Hoop van harte die ou tweetjies se borgtog word ook op R60 000 elk vasgestel

Rodger17 ·

As jy vanuit die ruimte kyk sal jy binnekort net n swart kol sien.Dis SA se gat wat hy gaan sien!

Strandloper ·

Seeker ook net n maand sonder pay…as dit die straf vir n minister is dan geld dit seekerlik vir almal?

Sonneblomkind ·

Tronk toe en maak n voorbeeld. Gedink dis hul eie mense …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.