Eskom-werker lank tronk toe vir kabeldiefstal

Argieffoto

ʼn Voormalige Eskom-werknemer is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir kabeldiefstal.

Ziphozonke Daniel Ntuli (33) is in die Middelburg-streekshof in Mpumalanga skuldig bevind op twee aanklagte van kabeldiefstal.

Hy is op elke aanklag tot 12 jaar tronkstraf gevonnis. Daar is egter gelas dat die vonnisse gelyklopend uitgedien word.

Ntuli en ʼn kollega, Busisiwe Edith Mawela (37), is op 31 Januarie 2018 in hegtenis geneem nadat die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad hulle verbind het met twee voorvalle waar magtigings uitgereik is vir die verwydering van koperkabels ter waarde van R1,2 miljoen van ʼn Eskom-perseel in Middelburg.

Die saak met betrekking tot Mawela is tot 26 Julie uitgestel wanneer ʼn verhoordatum na verwagting vasgestel sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

Ek het in die afgelope jaar die kabeldiewe 4 keer op die toneel gekry en die polisie laat weet. Niks het gebeur nie. Die laaste keer het ek handskoene en skoene naby die toneel gekry met eskom se logo op….hulle is kop in een mus. Sal ook nie weer pogings aanwend om diefstal te rapporteer nie.

Arno Scheepers ·

Lank? Ek wonder hoe lank? Die tronke is mos oorvol. Môre loop almal, met konneksies, weer buite rond

George in Bloem ·

Intussen lees ek netnou op IOL News dat ‘n man wat sy vriend op ‘n braai met ‘n mes doodgesteek het tot 5 jaar tronkstraf gevonnis is maar dat hy net 10 maande gaan sit? Daar is regtig iets drasties en groot fout met ons regstelsel. Van konsekwente regverdige nie-rassige nie-politieke bevoegde uitsprake is daar regtig byna geen sprake nie. Lyk my elke regter vonnis maar soos hy die dag voel of lus kry. Absoluut belaglik.

SjN ·

Dis nie net bloot diefstal nie, sabotasie is n ernstige oortreding

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.