Eskom-werkers ontruim

Ingula-pompstasie Foto: www.royalhaskoningdhv.com

Ingula-pompstasie Foto: www.royalhaskoningdhv.com

Eskom moes Woensdag werkers van ʼn konstruksietonnel by die Ingula-pompstasie naby Ladysmith in KwaZulu-Natal ontruim.

“Die werkers is ontruim as ʼn voorsorgmaatreël weens rook in die tonnel,” het Andrew Etzinger, woordvoerder vir Eskom, gesê. Hy het gesê ʼn geringe fout met een van die masjiene in die tonnel het die rook veroorsaak.

Etzinger het gesê nie een van die werknemers is beseer nie.

Ses werkers is in Oktober 2013 by die konstruksieperseel dood nadat ʼn tonnel meegegee het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.