Eskom-werkers se raaiselagtige dood ondersoek

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ondersoek die dood van twee Eskom-werkers wat vandeesweek in raaiselagtige omstandighede gesterf het.

Eskom het Saterdag in ʼn verklaring die dood van die twee kontrakwerkers bevestig. Volgens die kragvoorsiener het een van die werkers by die Medupi-kragstasie gewerk wat steeds in aanbou is naby Lephalale in Limpopo, terwyl die ander een by die Duvha-kragstasie naby Witbank in Mpumalanga gewerk het.

“Een van die werkers is Saterdagoggend dood in ʼn vragmotor gevind wat ten tyde van skofruiling op die steenkoolstapelwerf by Medupi staan en luier het. Die ander werker is Woensdag dood in sy kantoor by die Duvha-kragstasie aangetref.”

Eskom wou nie meer besonderhede bekendmaak oor die moontlike oorsake van die werkers se dood nie en het gesê dit word deur die polisie ondersoek.

Die kragvoorsiener het sy medelye teenoor die oorledenes se families, vriende en kollegas uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theuns Corver ·

As zuma se dae nie na dese getel is nie , sal dit nie !! Na al die belaglike onlangse uitsprake , sport ens ens !!

TDW ·

Snaaks hoe niemand bewus is daarvan van die strike wat aan die gang is daar nie. Hoe duisende mense gedwing is deur geweld om die terrein te verlaat deur ‘n paar honderd betogers wat permanent aangestel wil word. Die vraag is wie wil dit onder die mat vee?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.