Eskom-werkers skok op bouperseel, beurtkrag duur voort

(Argieffoto)

Twee Eskom-werkers het erge beserings opgedoen toe hulle Dinsdagoggend in aanraking met elektristeit op ʼn bouterrein naby Johannesburg gekom het.

Die twee is in diens van derdeparty-kontrakteurs vir Eskom en was besig om aan die elektrisiteitsnetwerk by ʼn residensiële bouterrein in Kyalami te werk, toe hulle in aanraking met die elektrisiteit kom.

Hulle is daarna per helikopter na die hospitaal geneem waar hulle mediese behandeling ontvang het.

“Ons vermoed die twee was besig om te werk tydens geskeduleerde beurtkrag en is beseer toe die krag weer aangaan. Volgens Eskom se eie veiligheidsmaatreëls is dit ʼn ernstige oortreding om tydens beurtkrag aan die kragstelsel te werk,” sê Eskom in ʼn verklaring.

“Die betrokke kontrakteurs het werk gedoen sonder Eskom se toestemming en dit het ongelukkig gelei tot beserings wat vermy kon gewees het,” sê Motlhabane Ramashi, senior bestuurder van instandhouding en bedrywe by Eskom.

Die saak is aangemeld by die betrokke owerhede vir verdere ondersoek. Eskom sê hy sal sy volle samewerking gee om te verseker dat die saak behoorlik hanteer word.

“Eskom maan lede van die publiek om alle elektriese toestelle te alle tye as gelaai te hanteer, al is daar beurtkrag of enige vorm van kragonderbrekings.”

Eskom het intussen laat weet dat beurtkrag Vrydag en waarskynlik tydens die naweek sal voortduur.

“Aangesien die stelsel baie onbetroubaar is, het Eskom geen ander keuse as om fasetwee-beurtkrag Vrydag toe te pas nie, met ʼn hoë verwagting van beurtkrag gedurende die naweek,” sê Eskom in ʼn verklaring. Eskom sê die vraag na krag was meer as 30 000 MW gedurende spertye Donderdag, wat die beskikbaarheid van kragreserwes verminder het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willem Sterrenberg

Weereens!Onbevoegde werkers né!

Leon

S.E.B.

Wondermaarnet

Dit is lagwekkend. Nog onbevoegde Eksom mensies LOL