Eskom-werkers staak

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Nagenoeg 15 000 Eskom-werkers verbonde aan die National Union of Mineworkers (NUM), het Woensdag by ʼn onbeskermde staking aangesluit ten spyte van ʼn hofbevel wat die kragverskaffer Dinsdagaand bekom het.

NUM het in ʼn verklaring gesê die mynvakbond het besluit om met die volskaalse staking in al nege provinsies voort te gaan om salarisverhogings te eis.

Eskom het op sy beurt in ʼn verklaring gesê hy is in gesprek met drie vakbonde, NUM, National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) en Solidariteit, om ʼn “vriendskaplike” oplossing vir hul looneise te vind.

Die loononderhandeling is vandeesweek reeds in sy vierde week nadat dit middel-Julie begin het. NUM eis ʼn salarisverhoging van 12% vir die hoogsbetaalde werkers en 13% vir die laagsbetaalde werkers, maar Eskom hou by sy aanbod van 7%.

Khulu Phasiwe, ʼn woordvoerder van Eskom, het gesê tugstappe sal teen werkers wat die hofbevel verontagsaam, gedoen word. “Hulle weet hulle mag nie staak nie, aangesien hulle noodsaaklike dienste lewer, net soos die weermag of nooddienste,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

snoefie ·

lekker man. kry vir julle. eskom het we’ll steenkool wat gemyn word nodig maar hulle myn nie self nie. hoekom is num (National Union of Mines) by hulle workers betrokke? deel bedankingsvorms uit. konstititionele regom te staat se gat. die werkgewer het ook n konstititionele reg op die diens daarvoor hulle die werkers betaal en die gebruiker het n konstititionele reg op ononderbroke diens daarvoor (wit) gebruikers ononderbroke betaal. eskom, wees regverdig teenoor almal. een eenheid krag, een orys. of jy nou 25 000 eenheid in waterkloof koop of vyftig in mamelodi.

jaco ·

aanstellings is al hoe meer suiwer op grond van ras. die regte velkleur word die HOOF kriterium om n werk te kry. opleiding, ondervinding, vaardigheid ens ens tel omtrent niks nie.
Ek sidder vir die dag wat een van hierdie regstellende aksie aanstellings van Eskom in ‘n krisissituasie by Koeberg kernkragstasie nie gaan weet wat om te doen nie en die verkeerde knoppies gaan druk. ‘n Nuclear meltdown by Koeberg, wat aan die kant van kaapstad met 3.7 miljoen mense gelee is, gaan katastrofiese gevolge he
as mense wat suiwer op meriete en die regte opleiding nie die nuclear meltdown by Chernobyl kon keer nie, WAT kan dan alles by Koeberg verkeerd gaan waar regstellende aksie die primere rede is om werk daar te kry???

Pottie ·

Laat die zuptas die salaris verhogings betasl. Hulle verdien miljoene rande elke dag uit begunstigde tenders aan hul toegeken. Hulle verryk hulself deur Suid -Afrikaanse burgers wat hard moet werk om net die basiese op die etenstafel te kan sit.

Johann ·

En die verskil tussen ESKOM wat werk en ESKOM wat staak is?????? Min of meer soos die wat laat kom vir werk wat vasloop in die wat vroeg huistoe gaan!

Jos ·

In die kol Pottie. Ek was ook ‘n werknemer by ‘n groot industriële maatskappy en werkers raak baie ongelukkig as hulle sien hoe die bestuur hierdie massiewe bonusse kry en hoe sekere kontrakteurs hulself verryk deur kontrakte, soos die zuptas, maar daar kan nie behoorlik omgesien word na die werkers nie. ‘n Bestuurder is so goed as die mense wat onder hom werk. As die werkers presteer sal die bestuur goed vertoon en anders om. So, hoekom kry die bestuurders altyd die masiewe bonusse as hul prestasie eintlik afhang van hoe sy werkers presteer. Maak nie saak hoe goed ‘n generaal se strategie in oorlogvoering is nie, hy kan nie die oorlog alleen sonder soldate veg nie.

NEL ·

Geen wonder die mense verwag 13 % verhoging nie met die enorme suifer van 4.6 miljard wins wat gemaak is deur Eskom. Wonder net hoe reg die syfer is want daar is mos nou hooggeplaastes wat ‘n bonus eers moet kry voordat die res wat oor is bereken word vir die werknemers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.