Eskom-werkers vas oor bedrog

Foto: GCIS

Foto: GCIS

Twee Eskom-werknemers is in hegtenis geneem in verband met bedrog wat daartoe kon lei dat die kragvoorsiener miljarde rande sou verloor, het die Valke Woensdag gesê.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, het gesê die twee werknemers en ʼn medepligtige is die naweek in hegtenis geneem. Eskom het verdagte aktiwiteite in sy IT-departement opgemerk en die Valke in kennis gestel.

Ramaloko het gesê twee werknemers is na ʼn twee maande lange ondersoek geïdentifiseer en in hegtenis geneem. “Die twee werknemers, 27 en 29 jaar oud, het met Eskom se salarisnetwerkstelsel ingemeng en dit sou miljarde rande in die gedrang gebring het. Hulle is Vrydag, terwyl hulle aan diens was, by Eskom se opleidingsfasiliteit in Midrand in hegtenis geneem.”

Volgens Ramaloko het die twee verdagtes die Valke na die beweerde meesterbrein gelei. Die 32-jarige verdagte is in hegtenis geneem in Meredale, suid van Johannesburg. Ramaloko het gesê daar is klopjagte op die drie verdagtes se huise uitgevoer waartydens daar op talle rekenaars, selfone en ander toestelle beslag gelê is wat moontlik gebruik is om die misdryf te pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anton ·

Geen wonder eskom is onderdeur nie fondse word teen so spoed gesteel niemand kan by hou nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.