Eskom wil beurtkrag verhoed

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het gesê hy hoop om beurtkrag te vermy nadat meeste ondernemings hul bedrywighede hervat het na die feesgety.

“Die kragnetwerk is onder druk, maar stabiel,” het Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, Maandag gesê. “Eskom kan tans aan die aanvraag voldoen, en ons hoop dat ons nie weer binnekort beurtkrag hoef in te stel nie.”

Fase 1-beurtkrag is Vrydag tussen 11:00 en 17:00 ingestel nadat die aanvraag na elektrisiteit toegeneem het.

Phasiwe het gebruikers gemaan om spaarsamig elektrisiteit te gebruik.

Die stad Kaapstad het Maandag gesê hy gaan sy beurtkragskedule, wat al in 2008 opgestel is, van 1 Februarie 2015 verander. “Met die nuwe skedule sal die stad seker maak dat inwoners telkens op verskillende tye en weeksdae beurtkrag ervaar, en die ongerief van kragonderbrekings sal roteer,” het Ernest Sonnenberg, burgemeesterskomiteelid, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.