Eskom wil hof toe oor kragtariewe

(Foto: Reint Dykema)

Suid-Afrika se beleërde kragvoorsiener Eskom is op pad hof toe in ʼn poging om sy benarde finansiële posisie ʼn hupstoot te gee.

Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het vroeër tariefverhogings van 9,41%, 8,1% en 5,22% oor die volgende drie jaar vir Eskom goedgekeur. Eskom sê dít het hom met ʼn tekort van nagenoeg R102 miljard gelaat. Die verhogings was minder as waarvoor Eskom oorspronklik gevra het.

Nersa se rede hiervoor was die R23 miljard-reddingsboei wat die minister van finansies aan Eskom toegestaan het. Maar Eskom sê sy finansiële volhoubaarheid hou aan versleg.

Nersa het pas die redes bekend gemaak vir sy besluit om die spesifieke verhogings toe te staan.

“Ná ʼn ontleding van die redes vir die besluit, het die Eskom-raad besluit om die kwessie in die hof te betwis. Gevolglik het ons ʼn aansoek ingedien vir dringende verligting wat nodig is om ʼn finansiële ramp by Eskom te voorkom,” het Calib Cassim, Eskom se uitvoerende finansiële hoof, gesê.

Hy sê Eskom vra ook die hof om Nersa se oorspronklike besluit te hersien.

Volgens hom het Eskom die uitwerking van die voortgesette tekort vantevore al duidelik uitgestippel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lourens

Gaan haal die biljoene by soweto. Julle vernietig die land.

se maar ook net

NOG hoer tariewe o wee hier gaan ons – hoe diep is eskom se sakke dan nog? hierdie land verarm sy eie mense teen die spoed van witlig ;-(

Penellope Jones

Wat eintlik moet gebeur is dat Eskom in hof toe moet gaan staan oor die REDES vir die benarde posisie!!
Hulle verongeluk die ekonomie en Alles wat daarop volg!
Hulle kan Nie verwag om hulle swak bestuursvermoe van die gewone publiek te verhaal nie.

Lynette

So die mense wat betaal, moet nog meer betaal. Die ouens wat nog nooit betaal het nie, kom weg daarmee. Nee!! gaan vorder julle skuld!

Adri

So nou betaal hulle nog regskostes wat hulle nie kan bekostig nie! Maar hof toe wil hulle hof toe om weer bloedneus te kry.