Eskom wil krag van 3 munisipaliteite in Vrystaat afsny

Bloemfontein. (Argieffoto: Facebook)

Eskom het drie munisipaliteite in die Vrystaat kennis gegee dat hy die kragtoevoer na die munisipaliteite by geleentheid as gevolg van wanbetaling gaan onderbreek.

Volgens Eskom het hy Centlec, kragverskaffer van die Mangaung-metro, sowel as die Mafube- en Mantsopa-munisipaliteit ingelig van sy voorneme om die kragtoevoer van 3 Desember vir die grootste gedeelte van die dag af te sny.

Die kragvoorsiener het gesê dit is weens die munisipaliteite se oortreding van die betalingsvoorwaardes in die elektrisiteitsvoorsieningsooreenkomste wat met Eskom gesluit is. Die maatreël het ook ten doel om die styging in munisipaliteite in die Vrystaat se skuld aan Eskom te verminder.

Die drie munisipaliteite is volgens Eskom verskeie kere gemaan om hul elektrisiteitsrekeninge te vereffen. Volgens die kragvoorsiener het hy begrip vir inwoners van die munisipaliteite en sal hy om dié rede elektrisiteitsvoorsieningsdienste op ʼn gereguleerde patroon weerhou.

Dit sal lede van die onderskeie gemeenskappe en verbruikers die geleentheid gee om alternatiewe reëlings vir die geskeduleerde periodes te tref.

Indien die munisipaliteite Eskom nie betaal of betalingsooreenkomste aangaan nie, sal die kragvoorsiener op 3 Desember begin om van Maandae tot Sondae die krag van 6:00 tot 20:00 af te sny. Eskom kan ook ná sewe dae van 3 Desember af die kragtoevoer heeltemal sny.

Die volgende dorpe/munisipale areas sal geraak word, behalwe dié wat direk van Eskom krag ontvang:

Mangaung-metro: Bloemfontein, Botshabelo, Thaba Nchu, Dewetsdorp, Wepener en Vanstadensrus.

Mafube-munisipaliteit: Cornelia, Frankfort, Tweeling, Villiers en dele van Namahadi.

Mantsopa-munisipaliteit: Dawiesville, Excelsior, Ladybrand en Tweespruit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Anoniem ·

Hoekom kan ons nie direk krag by Eskom koop nie en die munisipaliteite uitsny wat krag aanbetref? Munisipaliteite het baie ander werk om te doen, soos dienslewering, paaie in dorpe/stede herstel, ens ens. Eskom sal baie vinniger kan herstel!

Wondermaarnet ·

Dit is waar. Munisipaliteite moet nie lisensies kry om krag te verkoop nie. Daar is meer as genoeg om munisipale werkers besig te hou. Eskom verkoop in elk geval krag baie goedkoop aan munisipaliteite wat weer die verbruiker uitbuit en buitensporige tariewe hef.

Anon ·

In die kol en tóg kan Eskom nie self tot die slotsom kom nie… Ons moet net gee en gee… En dan sit hulle boonop hulle kliënte wat betaal het se elektrisiteit af!

Lolla ·

Dit is wat hulle nou wil doen in die Wes Kaap en iewers in die Vrystaat is hulle tans besig met dit.

Trots Afrikaans ·

Iemand moet die plaaslike (dorp) krag netwerk onderhou. So al koop jy krag direk van Eskom, wie gaan die onderhoud doen?

Spook op thaba ·

Hoekom betalende mense se krag sny. Sny die mense by mun se huise se krag. Nie die dorpe . Hulle sal vinnig plan maak of iets afbrand

RP ·

Dis die antwoord wat ek gesoek het. Die betalende inwonders word nou gestraf. Straf eerder almal wat werk vir die munisipaliteit se elektrisiteitsdepartement.

Anoniem ·

O ja, wil tog net vir Maroela Media vra om die boodskap by die nuwe hoof wat aangestel gaan word by Eskom, te vra om groot asseblief vir Ted Blom as sy persoonlike raadgewer aan te stel?

Neels ·

Asb. doen di en kry klaar want ons geld word vir partytjis en oorsee s reise en vakansies gbruik. Gee ons betalers dan n kans om direk aan julle te betaal dit sal beter vir almal wees

Neels ·

Asb. doen dit en kry klaar want ons geld word vir partytjies en oorsee se reise en vakansies gbruik. Gee ons betalers dan n kans om direk aan julle te betaal dit sal beter vir almal wees

Jaco ·

Hoekom die mense se krag afsny wat klaar daarvoor betaal het… hou eerder die blikskottels se pay en christmas bonusse van die munisipaliteiete terug.

Anon ·

Alhoewel ek saamstem weet ons mos dat indien só iets gedoen word… Hulle die hele land sal afbrand

Ronel ·

Weerens moet mense wat gereeld en op datum betaal, onder wanbestuur en korrupsie deurloop. Well done ANC.

Arak ·

En wat van Soweto? Hierdie drie is klein oortreders teen Soweto, hoekom nie ook daar sny nie?

Erik ·

Sover ek weet word die water in Bloemfontein ook verminder na 30% indien die munisipaliteit nie Bloemwater teen 7 Desember betaal nie. Klink maar na ‘n moontlike droë KERSfees wat op Bloemfonteiners wag.

Donald ·

Daar is net een oplossing. Voorafbetaalde krag. Dit gesê, en of jy daarvan hou of nie… ‘n deel daarvan moet opsy gesit word om die wat dit nie kan bekostig te help.

@Donald ·

Ek bly in Bloemfontein en ons het prepaid krag en prepaid water. Dit word nogteeds afgesny indien Centlec of Bloemwater nie deur die munisipaliteit betaal word nie. Dit gebeur gereeld met die water.

Adam ·

Donald, ek stem saam maar die voorafbetaalde krag moet deur beide die munisipaliteit en die verbuiker betaal word. Indien munisipaliteite hul krag by Eskom koop en dan aan die inwoner verkoop, sal dit perfek werk, maar huidiglik is voorafbetaalde krag ‘n grap deurdat die munisipaliteite die krag van Eskom kry, nie daarvoor betaal nie en dit boonop verkoop op so’nwyse dat hulle geld ontvang vir ‘n diens/produk waarvoor hulle nog nie betaal het nie.

Anti DA ·

Praat is baie, doen is min. Kersfees by kerslig. Betaal of nie, kom ons kyk of dit in Eskom se broek sit.

korrupte amptenare ·

So wanneer word soweto se krag afgesit. Hulle is een van die grootste skuldenaars.

Volgens die drankverspreiders is soweto die grootste gebruiker van johnny walker blue label. Maar die wetters kan nie hulle krag betaal nie.
Sny hulle af.
Of is julle bang eskom.?

Of moet ons kragbetalers ook begin goed afbrand en staak.

ESKOM STOP JULLE KORRUPSIE. Sny wanbetalers af. En vat dan stappe teen die burgemeersters van daai stede wat nie betaal nie.

OF IS JULLE BANG ESKOM?
Of is julle bang julle arme ‘comrades’ gaan sonder krag sit.
Eskom julle is n klomp Slapgatte wat deur korrupte anc ‘comrades’ bestuur word

Karlahari ·

Verbruikers betaal aan Centlec. Centlec betaal die geld oor aan Mantsopa. Mantsopa het n afbetalings ooreenkoms met Eksdom. Mantsopa gebruik die geld om salarisse te betaal.
Nou wil Eskom die verbruiker straf. Doen die regte ding en maak bedrog klagtes teen die munisipale ANC bestuur en sluit hulle toe. Maar dit sal nie gebeur nie.

jaco ·

die munisipaliteite word, NET soos Eskom, deur die ANC beheer. so waarom sny die ANC nou die ANC se krag af???
Dis n weeklange administratiewe proses om bloot hierdie skuld af te skryf.

Gedagte ·

Dalk moet Eskom op d punt kom om d middel man wat d munisipaliteid is uit te skakel dat die verbruiker direk Eskom betaal.

Japan ·

Dog dan die Bokke het almal positief gemaak om die regte ding te doen?

Hennie ·

In n neutedop betaal die ANC nie die ANC nie. Daarom, gasn die verbruimdr nou gestraf word. Hond… Eet hond!

Marlene ·

So wat dan van Soweto wat so ver agterstallig is. Hoekom word daar gepraat van hul krag wat afgeskryf gaan word. Hul is veronderstel om n flat rate te betaal wat nie eens gedoen word nie. Nee wat. Eskom en die munisipaliteit moet Soweto verantwoordelik hou vir hul skuld. Ander mense moet altyd betaal vir hulle. Hoekom moet daar geraak word aan die landsburgers wat agterstallig raak omdat hulle verarm as gevolg van die hoe rekeninge wat gedra moet word van ander wat versuim om dit te doen uit moedwilligheid. En die regering val daarvoor. Niks word daaraan gedoen nie

emily ·

Hoekom wil julle dit nou doen, JULLE het dan toegelaat dat die rekeninge so ophoop.
As ek nie krag betaal nie, sny hulle, Nou wat maak julle uniek.

Karools ·

Ander interessante ding van Centlec: Dudu Myeni (onthou – van SAA) is adjunk voorsitter van Centlec direksie. Hoe op dese aarde het hierdie dame wat SAA in die grond in “bestuur” het nog hierdie posisie. Ek kan nie dink dit sou Pres CR se goedkeuring wegdra nie???? Wil hy nie skoon regeer nie? Wonder of Centlec se probleme hierdeur vererger word?

toy ·

Dit is asof hulle, hulle blind staar teen iets. Kan hulle nie sien watse se SWAK diens word gelewer. Hulle moet minder miljoene rande se karre koop en betaal wat betaal moet word.

LS ·

Wat Eskom “wil” en wat hulle “gaan” doen om stadrade se krag af te sny is 2 verkillende goed….Eskom is nie in staat om al die uitstaande gelde van stadrade te vorder nie…

Johan Engelbrecht ·

Dit is nie net die Vrystaat nie. Escom gaan ook Randfontein se krag afsny vanaf 27 Nov. 2019. Dit word stilgehou deur die onbevoegde en koruptes.

Michiel ·

Een strukturele oplossing is #selfbestuur, weg van ANC dan het jy geen kopseer meer. En eie klein mini-landje so groot soos Swaziland. kan ons ons eie ding doen!!
Voorlopig: eie onafhanklike kragvoorsiening met sonnepanelen op 240V 50hz, dit is ‘n kans vir ondernemende jongemense om in te spring.
Vraagstuk is net, hoe waar bewaar jy te veel geproduceerd electriciteit vir later, of balanseer die netwerk by groot verbruik?

HPV ·

Daardie dag moet ons sommer ‘n ry staan om diefstal klagtes teen Eskom vir voorafbetaalde krag aankope wat nie kan of wil gelewer word nie. Dit is eintlik die oposissie, die DA, se plig maar hier in Bloem moet ons maar self skouer aan die wiel sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.