Eskom wil ligte dié naweek aanhou

Foto: Twitter

Eskom sê hy doen alles in sy vermoë om beplande kragonderbrekings so gou moontlik stop te sit, want dit kom nie net die ekonomie van die land duur te staan nie, maar ook die kragvoorsiener weens verlore inkomste wanneer verbruikers se ligte afgeskakel word.

Beurtkrag word weer Woensdag, vir die vyfde agtereenvolgende dag, van 09:00 af toegepas, het Khulu Phasiwe, Eskom-woordvoerder, by navraag aan Maroela Media gesê. Die verwagting is dat beurtkrag ook Donderdag weer ingestel sal word.

“Dis nog te vroeg om te sê of dit Vrydag ook nodig sal wees,” het hy gesê, “maar daar is beslis ʼn risiko.” Wat die naweek betref wanneer die vraag na elektrisiteit in elk geval laer is omdat nywerhede dan gesluit is, hoop Eskom hy sal die ligte Saterdag en Sondag kan aanhou.

Phasiwe sê Eskom het ʼn nege-punt-plan ingevoer om ʼn spoedige einde aan kragonderbrekings te bring. “Ons het R11,5 miljard opsygesit vir dringende instandhouding, maar die probleem is daar is soveel van ons eenhede wat onderhoudswerk kort.”

Van die eenhede was Woensdag steeds buite werking nadat hulle onklaar geraak het.

Eskom gaan gebuk onder ʼn skuldlas van sowat R420 miljard en sy verkope het afgeneem. Die ouditeur-generaal het twee weke gelede gewaarsku die kragvoorsiener se geldsake het in so ʼn mate agteruitgegaan, dit hou ʼn gevaar vir die land se finansiële stelsel in.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

SjN ·

Onderhoud en instandhouding bestaan nie in hul woordeskat nie, dit is hoekom alles so verval.

Anoniem ·

Ek wil dit nog eers sien ! Doen net asb. Julle werk ??? Los die ‘side shows’

De Villiers ·

Ja Eskom, en so sit die Guptas nou lekker in Dubai sonder enige beurtkrag.

koos ·

Eskom se oplossing is korttermyn en gladnie volhoubaar. Die eenhede word gedruk vir krag en instandhouding is ‘n bysaak. Gaan nie lank wees dan kan die eenhede gladnie meer krag lewer…

Sal maar sien ·

Wyk julle elektrisiteitafsitters!

Moet maar nie julle vuurhoutjies, primusse, gasstofies en vetkerse wegbêre nie.

Jaco ·

Gaan voort sit aan en af soos julle wil!!! Ons reeds so baie skade van ons toestelle wat breuk met krag wat aan en af gaan
Binne kort werk niks meer in my huis en by julle. Dan begin ons maar voor… heel voor by vuurtjie wat brand en kos op vuur en dan kerse. Welcome back to 1800s

jannie ·

Die mense met kennis om instandhoudingswerk REG te doen is ook gone!!

brens ·

Is dit waar dat Soweto nie beurtkrag het nie maar biljoene agterstallig is? just asking for a friend.

Elna ·

Hulle gaan seker die groot kokkedore se krismis party hou die naweek om geraas te maak dis hoekom hulle die ligte die naweek wil aan hou. Hulle is in elk geval nie bevoeg om enige instandhouding werk te doen nie. Eskom the one and only company that pleads the people not to use their products in SA only. The other countries get electricity on your consumer s expensises in SA.

liz ·

Nou wat nou, moet ons julle bedank vir ‘n diens wat ons elke maand deur ons nekke voor betaal wat meeste van die tyd nie bestaan nie, gaan aan doen wat julle lus het ek kan ni wag om pad te gee uit hierdie land? dis nie meer ‘n land nie dis ‘n nie funksionele hool!!!

Krummel ·

Nee, instandhouding gaan nie gebeur nie. Nadat die salarisse betaal is, bly daar niks oor nie. Vir hulle is dit mos die enigste uitgawe wat daar bestaan in ‘n besigheid. Hier kom ons Afrika!!!

Callie ·

Met 35 000 ekstra mense, hoe kan daar nie onderhoud gedoen word nie. Daar is eenhede wat al vir hoe lank af is. Dis mos waar jy begin. Of is al die ekstra mense kaders wat in kantore sit en net geld kry. Asb dis n siek, patetiese, onbevoegde, onbekwame spul narre wat die plek bestuur

liz ·

Ek het so pas gehoor Eskom voorsien hulle gaan tot Maart 2019 beurtkrag moet toepas, Ekskuus hulle kan nie van dag tot dag voorsien wat gaan gebeur nie maar ewe skielik kan hulle hierdie voorspelling waag gegrond op wat??? die verkiesing dalk hierdie is grootskaalse manupilasie en intimidasie en die publiek ontgeld dit.

zoom zoom ·

Die geld waarvan Eskom praat is nie vir instandhouding nie maar eerder vir prestasie bonusse en kersfees bonnuse vir die top manne. En ou arme CR het nie ‘n clue wat Om hom aangaan nie wat nog van in SA. Net so blind en doof soos die res van sy kaders

James ·

Eskom lieg vir julle. Ja, daar is lae vlakke steenkool en water – maar dis nie die probleem nie. Ek het dit op goeie gesag –

Die probleem is die volgende: Eenhede wat tans staan vir sogenaamde onderhoud, word nie onderhou nie – inteendeel – hulle word gestrip van parte, om die eenhede wat nog werk aan die gang te probeer hou…

Hoe lank vat dit vir ‘n stukkende kar wat met skrootwerf onderdele en bloudraad aan die gang gehou word om finaal die gees te gee?

Die antwoord is: Wanneer die kar finaal die gees gee.

En dan is die HELE land se krag af. ALLES, gelyktertyd – vir MAANDE.

Dink bietjie na oor wat dan gaan gebeur? En ek praat nou nie oor jou vrieskas wat ontdooi nie….

Mel ·

In Suid Afrika het ons elektrisiteit gehad voor ons kerse begin gebruik het.

WAT ‘n storie vir die kleinkinders!

koos ·

Jip, en ek wil die Lotto wen. Gaan ek dit reg kry?
Ek hoor fase 4 beurtkrag is op die kaarte. As dit inskop kom Eskom na jou huis en blaas al jou kerse dood!

Shirley ·

Gaan kyk bietjie op hul webwerf na die fase 8 beurtkrag planne. Skokkend.

En nou? ·

Maar Zuma het dan gese ons sal nooit weer beurtkrag he nie!

Elvira ·

Ag Eskom julle kan nie onderhoud doen nie, julle kan nie bestuur nie, julle is al sedert 2013 gewaarsku dat die situasie soos tans gaan ontstaan. Julle is met EEN WOORD USELESS.

Elvira ·

Ag Eskom julle kan nie onderhoud doen nie, julle kan nie bestuur nie, julle is al sedert 2013 gewaarsku dat die situasie soos tans gaan ontstaan. Julle is met EEN WOORD USELESS. Stel mense aan wat weet wat gedoen moet word.

Johann cb ·

Ek is dankbaar Eskom besef uiteindelik hoe nadelig die ekonomie beïnvloed word!

Jaco ·

Ek lees in die citizen dat Suid Afrika een van die eerste lande in die wêreld was wat krag kommersieel begin gebruik het, dat Kimberly die eerste stad in die wêreld was wat straatligte gehad het, ons was n wêreld leier met krag voorsiening…teen 1990 het eskom letterlik die helfde van AFRIKA van krag voorsien…en nou kan ons nie meer eens die ligte in ons eie land aa hou nie. Dit wat ek van die huidige regime dink kan ek ongelukkig nie hier sê nie, want dan is ek môre my werk kwyt.

Die kommentators moet aan die stuur wees!! ·

Laat daar ligte wees!! Vervang die Eskom bestuur onmiddellik met die kommentators hierbo!!!

Johan H. ·

Dit is nie vuurpyl werenskap nie. Laat die wat krag verniet kry ,begin betaal. En sny die krag af van die wat nie betaal nie… Hoe kan julle dit nie verstaan nie, of is julle maar plainweg net te dom om te verstaan.???

Anoniem ·

Escom is nou net so soos wat Waterwese in die Wes-Kaap was met die Theewaterskloof Dam wat 10% water in gehad het – IN ONTKENNING ! Treurig is die woord !

Piet parys ·

Dit werk so die wat betaal vir eskom word maar weereens die mel k koeie . Eskom te slapgat om die wat nie betaal nie aan te vat ….want dan verloor die anc stemme

Majuba ·

Vra bietjie vir Eskom hoe het hulle nog geld gemors in 2018 by Majuba kragstasie met die Majuba Railway en tippler projek onder leiding van AU-JV. Nog miljoene wat belasting betaler nie meer wil betaal nie

Nin ·

Hierdie raak nou belaglik. Ons krag was Maandag van 11:00 tot 17:00 af. Kan nie so aangaan nie.

Pieter ·

Landgenote begin om ondersoek in te stel na sonkrag en klein windlaaiers. Verminder afhanklikheid van ESDOM. Jy kan klein begin en uitbrei na groter stelsels soos jy geld het. Verkoop daai ekstra motorfiets, vroutjie se Fortuner, boot of karavaan, wat net eenkeer per jaar gebruik word en bele in sonkrag.

Westing ·

Daar is niks fout met Eskom of steenkool of diesel nie. Dit word net gedoen om weer prysverhogings in te stel. Eskom en SAL is die twee plekke waar die maklikste geld gesteel word dit is hoekom daar so baie geld bestee word. Die vorige keer toe daar beurtkrag was, was daar ook niks verkeerd nie. Net diefstal

Boet Fasie ·

Ek het klaar vir my koop krag betaal maar Eskom het nie krag nie – pateties verby. Weet nie hoekom verbruilers die munisipaliteit maandeliks moet betaal vir beskikbaarheid nie, want krag is in elk geval nie beskikbaar as die verbruiker dit nodig het nie, hoeveel bejaardes is nie daagliks afhanklik van krag vir hulle gesondheid nie – krag word net afgesit Eskom en die ANC voel vere vir mense se gesondheid en behoeftes nie .Grap is indien mens bele in alternatiewe krag voorsiening , is jy maandeliks nogsteeds verantwoordelik en verplig vir betaling van basiese tariewe t.o.v bekikbaarheid , of jy nou hulle krag en water gebruik of nie. Self al kry jy geen krag of water nie betaal jy maandelikse beskikbaarheid – lekker ne !!!!!!!

Di ·

Beurtkrag vind nie plaas in SEKERE plekke nie!! Die “spesifieke plekke” skuld Eskom biljoene rande maar word gespaar van beurtkrag. Ons getroue betalers moet nou die spit afbyt en die wanbetalers ontvang die voordeel. Hierdie dinge word nooit in die media gemeld nie maar word stil stil onder die mat ingevee. Doen net bietjie navorsing en julle sal gou agter die kap van die byl kom!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.