Eskom wil nóg druk op stelsel verlig

Die Komati-kragsentrale. (Argieffoto: Eskom)

Eskom gaan sy ingrypings verskerp om druk op die land se kragstelsel nog verder te probeer verlig.

Dié ingrypings, wat deel vorm van Eskom se programme om die aanvraag na krag te bestuur (wat in Engels bekend staan as Demand Side Management, of DSM), maak volgens Eskom se raadsvoorsitter, Mpho Makwana, voorsiening vir die voldoende bestuur van kliënte se kragverbruik om aanvraag tydens spitstye en ander tydperke te verminder.

Verskeie voorstelle en oplossings oor hoe om die kragkrisis op kort, medium en lang termyn op te los is Maandag tydens ʼn DSM-bosberaad, wat deur talle rolspelers bygewoon is, bespreek.

“Die doeltreffende instelling van die DSM-programme kan ʼn wen-wen-oplossing bied om druk op die kragstelsel te verminder, asook verbruikers in staat stel om beter bewus te wees van hul energieverbruik sonder dat dit ʼn uitwerking op produktiwiteit en lewensgehalte het,” het Makwana gesê.

“DSM is nie ʼn Suid-Afrikaanse konsep nie. Dit is ʼn wêreldwye verskynsel wat reeds in toplande ingestel word en waar tegnologie ingespan word om in die aanvraag na krag te voorsien.”

Volgens Makwana kan verskeie soortgelyke beleidsmaatreëls ook in Suid-Afrika ingestel word om deelname aan hierdie programme aan te moedig, kragbesparing te bevorder en spitstydaanvraag te verminder.

“Eskom het vordering gemaak met verskeie DSM-inisiatiewe, waaronder energiedoeltreffendheid, reaksie op aanvraag, verspreide opwekking en energieberging.

“Die organisasie [Eskom] dryf tans energiedoeltreffendheidsprogramme en -besparingsinisiatiewe soos die oorskakeling van tradisionele gloeilampe na kompakte fluoresseerlampe. Eskom gaan ook voort met sy veldtog om slim kragverbruik aan te moedig, wat behels dat Suid-Afrikaners met die nodige inligting bemagtig word om energieverbruik tydens spitstye [17:00 tot 21:00] te verminder.”

Makwana sê van Eskom se groter kliënte baat reeds by DSM-inisiatiewe; dit sluit in belonings en aansporings om kragverbruik vrywillig tydens hierdie spitstye te verminder.

Dit is ook ʼn meganisme wat Eskom gebruik om laer beurtkragvlakke in te stel of beurtkrag heeltemal te vermy waar moontlik.

“DSM-programme kan deur ʼn samewerkende benadering meer doeltreffend wees. Ek wil erkenning gee aan ons groot kliënte wat aan Eskom se DSM-inisiatiewe deelneem. Ons wil graag alle belanghebbendes van ondernemings, nywerhede en residensiële kliënte aanmoedig om aan boord te kom.

“Ek bedank ook Suid-Afrikaners wat gehoor gegee het aan die versoek om elektrisiteit spaarsaam en doeltreffend te gebruik om druk op die kragstelsel te help verlig.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Burgermeester ·

Wat bedoel hulle met Eskom gaan sy ingrypings verskerp om druk op die land se kragstelsel nog verder te probeer verlig.” Wanneer het hulle dit die eerste keer verlig? Ek is in die donker, help asseblief.

Truthful ·

Ek glo niks Meer van eskom… Die loadshedding gaan net hoor fases wees

SjN ·

Is dit die nuwe minister se bevindings of is dit reeds ou nuus? Eskom is seker die enigste alleenreg besigheid wat nie sy produk wil laat gebruik nie aangesien hy nie in die behoefte kan voorsien nie en mense nog aanmoedig om dit spaarsamig te gebruik indien beskikbaar. Pre paid krag kan vrylik sonder beperkings gekoop word en kan nie voorsien of is nie beskikbaar as jy dit wil gebruik nie, dit kom mos neer op bedrog. Wat van verbruikersregte?

Jr ·

Aagh man what n lot of polony. DSM. n useless woord wat hulle laat slim klink. Baaahhhh

Manie ·

Ja, Ja, ek wil die druk wat julle op op my rektale kringspier plaas ook verlig.

Onnie ·

DSM klink vir my soos die beurtkrag wat ons tans het. Dit is tog hoe hulle verbruikers se kragverbruik “bestuur” gedurende spitstye? Korttermynoplossings gaan later langtermyn boggerops word.

Asgat ·

En hoevoel het die bosberaad gekos – kon sekerlik betaal vir een of twee solar krag panele saam met al die ander geld wat hulle mors nog n’ paar en ons kon begin om sonkrag stelsels in plek te sit. Terwyl Eskom nog on krag voorsien gaan dit net meer en meer pateties gaan. Regtig… en dan nog die ekstra glo ek salararis van die elektrisiteit minister ……..

Nuustak ·

Maar mense wat wil help om vir Eskom krag op te wek word oor die vingers getik? Sou dit nie alreeds effens verligting gebring het nie?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die regime kan nie ‘n ontwikkelde ekonomie bestuur nie. Hulle is ‘n vlak laer as die Taliban.

Mieke ·

Ja, né!…. En Frankfort is een van die sprankelende voorbeelde van hoe dit gedoen moet word!!!

annie ·

Spaarsamig is ‘n beter woord wat pas by nonsens. Die eintlike oplossing is glo diesel en nogmaals diesel. En dit gaan glo ge-pledge word aan SA deur onbekende skenkers genaamd die SA-belastingbetalers.

anko ·

Vorder uitstaande skuld wat blykbaar afgeskryf gaan word. Daarmee kan heelwat gedoen word. Hou daarna vingers op die knoppies van skuld en vorsiening van krag.

Nico ·

Die rede waarom die ANC nie kon aangaan waar hulle oorgeneem het in 1994, groot rede is bedrog, diefstal en geld wassery, die afskryf van woon buurtese groot skuld las.

Nico ·

Ek verstaan nie mooi hoe Eskom die krag gaan verbeter met die herstel nie.

MARELIZE ·

Hoe bestuur jy die aanvraag?? Ek het x kWh nodig om my fabriek, myn, plaas, winkel te bestuur. Hoe wil Eskom besluit wat ek nodig het, wanneer ek dit nodig het, en hoe dit bestuur moet word? Al wat ons ervaar is stygende pryse per kWh met geen resultaat nie – net stakings vir hoër lone. Nee wat, kom ons belê in eie opwekking.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.