‘Eskom wil rasplanne verskerp’

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Die vakbond Solidariteit sê hy is verstom dat Eskom te midde van Suid-Afrika se kragkrisis sy regstellendeaksie-beleid glo nog aggressiewer wil toepas.

Volgens nuwe planne van die elektrisiteitsreus moet die nasionale rassedemografie teen 31 Maart 2020 in die maatskappy weerspieël word.

“Volgens hierdie teikens het Eskom sowat 3 400, of 44%, te veel wit werknemers. Die posvlakke wat die hardste getref gaan word, is gekwalifiseerde, ervare spesialiste en middelvlakbestuur. Eskom moet nou vakbonde konsulteer oor die nuwe planne,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

“Ons is totaal verstom oor die nuwe voorstelle. Eskom beleef tans ʼn krisis en nou moet ons en ander vakbonde met hulle konsulteer oor meer aggressiewe regstellende aksie. Ons sal eerder wil praat oor hoe om die krisis te hanteer. Die poste wat nou in die visier is, is op die oomblik kritieke poste vir Eskom. Eskom moet nou alles in sy vermoë doen om alle vaardighede te behou. Van die sowat 3 400 wittes wat verminder moet word, is ongeveer 3 200 op kritieke tegniese en bestuursvlakke.”

Volgens Hermann gaan Eskom sy 2020-teiken oor die volgende vyf jaar in jaarteikens volgens elke posvlak indeel.

“Die verskaffing van elektrisiteit is as ʼn noodsaaklike diens verklaar en dit moet so hanteer word. Die Eskom-krisis is só groot dat dit net logies is dat daar in dié krisistyd ʼn moratorium op regstellende aksie geplaas moet word. Die laaste ding wat Eskom nou behoort te doen, is om ʼn klimaat te skep waarin enige vaardighede-werknemer nie tuis voel nie. Eskom moet nou presies die teenoorgestelde doen en jaloers oor vaardighede waak. Die grootste gevaar vir Eskom sal wees dat hulle wel hulle doelwitte bereik,” het Hermann gewaarsku.

Uit dokumentasie van Eskom blyk dit dat die provinsiale demografie ook in die stel van teikens in ag geneem gaan word. In Eskom se geval kan dit egter die verlies van tegniese vaardighede vererger. Die meeste kragstasies van Eskom is in Mpumulanga geleë. In dié provinsie maak swart Afrikane 90,8% van die totale bevolking uit. Indien 1 000 mense by ʼn kragstasie sou werk, beteken dit dat slegs 92 van hulle wit, bruin of Indiër mag wees. In Limpopo, waar ʼn nuwe kragstasie soos Medupi geleë is, is 95,4% van die totale bevolking swart Afrikane. In hierdie geval sal daar slegs 46 bruin, wit en Indiër-werknemers vir elke 1 000 werknemers mag wees.

Hermann voeg by dat die syferbenadering in ʼn tyd van ʼn kragkrisis absurd is. “Eskom benodig nou die beste vaardighede om Suid-Afrika se ligte aan te hou.”

Lees gerus ook dr. Hermann se bydrae Eskom – die donker kant van regstellende aksie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Die reddingsboei wat die regering gereeld na Eskom moet uitgooi gaan net groter word en die belastngbetaler gaan net meer hoes. Krag gaan net duurder word en die loafers wat die werk moet doen gaan ook net meer word en nog meer loaf. Neewat daar is nie pille vir onnoselheid nie.

Petro Bezuidenhout ·

Ek bid dat die regering die wysheid van Dr.Hermann se insigte sal deel en dit sal T O E P A S. Sommige dele van ons bevolking sien nie kans om te studeer nie .Skole en kerke word afgebrand ,nie nou vir die eerste keer nie.In die vyftiger jare het my pa die koerant toegemaak en moedeloos gesê:Nog ‘n skool en kerk is afgebrand.Wie is nou te blameer?!

Riaan Slabbert ·

Petro, ongelukkig is daar sekere dinge wat nie reg gebid kan word nie

Charl ·

Ai mense, wees tog slim. Begin julle eie konsultasie besighede. Wanneer Eskom dan nie krag kan voorsien, of onderhoud doen nie, is julle daar. Teen n prys. Of stig julle eie private kragvoorsieningsmaatskappy. Begin klein. Stig 3000 eenmanmaatskappye. Dan hoef julle geen BEE te he nie. Maar leer tog net – die regeerders van ons land stel nie belang in goeie diensverskaffing nie. Net in wraak teen die witman.

Mezza ·

Stem geheel en al saam met jou……hul ken en soek net wraak…wat hul doen is cut your nose to spite your face maar dit is nie van toepassing op die klomp rassistiese idiote nie want hul het geen selfrespek of morele waarde of skaamte nie daar is geen reconcilliation nie net payback tot hul eie nadeel eisch….tipies Afrika….barbare…

John Smith ·

As ñ Eskom werknemer lees en neem ek met diepe bekommernis kennis van hierdie nuwe verwikkelinge. Na 33jr diens in hierdie industrie is dit werklik ñ riem onder die hart om van die voorneme te verneem in die media. Voorheen was die werknemer eers in kennis gestel alvorens dit in die media geplubiseer was. Hedendaags moet die werknemer die stand van sake in die media volg. Eskom is huidiglik ñ lekker politieke speelbal en waar dit in die verlede deur kundiges bestuur was, is dit nou suiwer politieke agendas. Politici kannie eens die land regeer of bestuur nie, wat nog ñ publieke utiliteit soos Eskom. Maak my paket die moeite werd en loop more. 33jr is meer as ñ leeftyd?

Bruno Stef ·

Dit klink alles so bekend 1993 het die slagting onder goed opgeleide personeel met jare se diens rekord al begin.Die ironie van die saak was dat blanke personeel onder mekaar begin wedywer het om op die hoogste posvlak moontlik te probeer kom en dit gelei het tot die aller aakligste rugstekery in Eskom se geskiedenis.Ek neem die destydse bestuurder Ian mc Crae verantwoordelik hy moes geweet het wat gaan kom maar die rol van die drie apies ingeneem Sien niks/ Hoor niks/ Se niks.

Leon ·

Diegene wat geld voorskiet, maak die reels. Die hele krediet wêreld werk so.

Leonard ·

Was gelukkig om ‘n EKSDOM beurshouer destyds te kon wees. Het vakansies by kragstasies soos Majuba & Tutuka geleer.
Na ‘n ernstige ongeluk was ek afhanklik van GOD se genade & liefde (was meer as 3 maande in ‘n koma, 9 maande in 6 hospitale).
Het daarna beurs voltooi te Tegnikon. Was nou in ander kategorie(AA) : regstellende aksie omdat ek medies ongeskik was.
Gelukkig werk ek nou vir myself.

Piet Pompies ·

Ja, dit is die een kant van die storie, intussen word kontrakteurs en konsultante ten duurste ingehuur om die brouwerk van ESCOM reg te maak. Regstellende aksie is onwettig, kyk na enige ander land se grondwet!

Collin Parker ·

Ek sit lekker in Kanada en kyk na die storie. Dit is soos is TV sepie. Mense met meesters grade, doktors grade en die tipies intellektuele elite met hulle opinies. Ek is afgetree op 55 met i standard agt sertifikaat en bly in i $1.5 miljoen huis, kinders profesioneel gekwalifiseer en verdien 6 syfer inkomstes. Ek kon julle al die storietjie vertel het in the 1980’s….Ek het vroeg al besluit dat intelektueles nie my toekoms gaan bepaal nie. Ek het self ook lekker daardie jare by Megawatt Park gekuier, lekker ge-eet daar en op die “dik” matte rond geloop. Vir die ape wat nog nie die skrywe aan die muur verstaan nie – julle moet kry wat julle verdien….Cheers.

Irah ·

wow – jou houding is regtig pateties…. Die van ons wat nog hier bly is nie ape nie. Ons het dalk net nie die geleentheid of genoeg geld om vir ons gesinne iets beters te gee nie selfs al wil ons bitter graag.

PS Ons almal kan sien jy het “i” Std 8 sertifikaat….

Piet Pompies ·

Hi Collin, nogals uitgesproke, ek wonder hoeveel van jou ape, ekskuus, familie bly nog in SA. Mens kan duidelik agterkom jy skuil agter die “American syndrome” van, ek is die beste, die grootste, jy kan my niks vertel, ek weet alles. Geniet jou koue Canada waar jy 80% van die jaar elke dag in jou miljoen dollar huis sit omdat die weer dit nie toelaat om uit te gaan. Ek sal my braai en potjie saam my geliefdes in die natuurskoon van die Laeveld geniet terwyl ons hard daaraan werk om ons geliefde land op die reg te pad te kry. Sal aan jou dink as ek weer die vrieskas oopmaak om ys uit te haal.

Ronel Storm ·

Om Eskom bestuur sowel as die ANC van onnoselheid te beskuldig us om te erken hulle Het breins. En mens kan dit werklik nie doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.