“Die tipe voorvalle moet ten sterkste veroordeel word,” het Mchunu gesê. Volgens hom het ʼn groep gewapende mans Stick Green vroeg Maandagoggend aangeval. Green is in die maag geskiet.
“Die verdagtes het glo Green se bakkie, selfoon, skootrekenaar en ander waardevolle items gesteel voordat hulle van die toneel gevlug het,” het Mchunu gesê.
Hy het sy meegevoel met Green se familie, kollegas en vriende uitgespreek. Volgens Mchunu kan die tipe voorvalle voedselsekerheid en sakevertroue in die provinsie ondermyn.
“Ek is die versekering gegee dat die polisie onverpoos werk om te verseker dat diegene wat vir dié koelbloedige moord verantwoordelik is so gou as moontlik voor stok gebring sal word.”
Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het vroeër Maandag gesê dat die motief vir die moord nog nie bekend is nie en dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en roof.
Die ANC moet vir ons sé wat gaan hul doen aan die moorde in ons land elke dag.
Of is dit ook kultuur.???
Die LUR van al die provinsie belowe en se dat die moord op alle plaasboere is skokkend. Wat doen hulle daaroor? Eintlik niks. Die probleem is dat daar baie lee beloftes is en dit bly daarby. Alle boere ongeagt vel kleur is onderworpe aan die tipe geweld. As n werker op die plaas afgedank word deur een of ander geldige rede kom hy met maatjies saam om wraag te neem. Die dood straf moet terug gebring word om die mense te laat dink oor wat hulle doen. Ook die land se grense moet gesluit word vir al die ongewenste kriminele van ander lande om hulle kriminele bedrywighede te laat voort sit ons land. Die ander probleem is die polisie is nie volwase of die lus het om alle sake te ondersoek nie. Ons het wel n probleem in Siud Afrika met al die ongewenste persone van ander lande.
Die ENIGSTE afleiding wat ek kan maak vir die talle moorde op blanke boere is dat die regering hulle daarin verlustig. Die antwoord vir die moorde in ons land is die doodstraf. Net ‘n paar maande van doodstraf en al hierdie moorde sal opdroog. De HEL met menseregte! Moordenaars is nie mense of diere nie. Hulle is NIKS! GEEN aanwins vir enige gemeenskap nie.