Etzebeth huis toe weens ‘persoonlike redes’

Eben Etzebeth. (Foto: DIARMID COURREGES/AFP)

Springbok-slot Eben Etzebeth het bevestig hy verlaat die Franse klub Toulon om aan die einde van die seisoen terug te keer Suid-Afrika toe. Daar word reeds gepraat van sy moontlike skuif na die Sharks in Durban.

Die 30-jarige slot het hom in 2019 by die Franse klub aangesluit, maar het hierdie seisoen nog net een keer gespeel. Dit was in gister se oorwinning met 21-18 oor die Top-14-voorloperspan, die Bordeaux Begles.

“Ek is hartseer om Toulon en my spanmaats te verlaat aan die einde van die seisoen, maar persoonlike redes dwing my om dit te doen,” het hy aan AFP gesê.

Etzebeth se seisoen het begin met toetse vir Springbokke in die Rugbykampioenskap en daarna het hy vir die Bokke in November se Europese toetse gespeel. Hy het in die nederlaag teen Engeland vir die derde keer harsingskudding opgedoen.

Kort nadat hy dus vyf maande weg was van Toulon af, was hy vir nog drie maande op die krukkelys.

Die klub het in ʼn verklaring gesê Etzebeth het die wens uitgespreek om sy kontrak te beëindig voordat hy om persoonlike redes na Suid-Afrika terugkeer. “Bewus van die probleme wat die speler ondervind, het Toulon kennis geneem van sy versoek en dit aanvaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

007 ·

Anlia verlang seker te veel? Die man is al 30jr hy kan nie so alleen deur die lewe gaan nie. Bly jy kom terug Eben.

piet ·

Speel tog net vir die Stormers die ander SA spanne is so swak dit gaan jou rugby benadeel as jy vir hulle gaan speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.