Etzebeth, MRK vergader oor klag

Eben Etzebeth. Foto: Twitter

Die Springbok Eben Etzebeth het Donderdag met verteenwoordigers van die Menseregtekommissie (MRK) in Johannesburg vergader nadat ʼn klag teen hom aanhangig gemaak is.

Die klag hou verband met ʼn beweerde bakleiery die naweek buite ʼn kroeg in Langebaan aan die Weskus.

ʼn Man beweer hy is deur ʼn groep mans aangerand en rassistiese aanmerkings toegesnou. Daar word beweer die woord “h*tn*tte” is gebruik. ʼn Video met kru taalgebruik word intussen ook op sosiale media gedeel.

Etzebeth het vroeër ontken dat hy enigiemand aangerand of rassistiese aanmerkings toegesnou het tydens die voorval.

Volgens SA Rugby was die doel van die vergadering tussen Etzebeth en die MRK om hom in te lig oor die klag en om ʼn verbintenis van samewerking tussen die twee partye te vestig.

“Albei partye het hul tevredenheid uitgespreek oor die beoogde proses wat voorlê en het die vergadering as konstruktief beskryf.

“Die speler het enige misdryf teenoor die MRK ontken en het aanduiding gegee van sy volle samewerking in die saak,” lui die verklaring van SA Rugby.

Die Springbokke vlieg vandag na Japan vir die Wêreldbekertoernooi.

Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie gesê hulle het intussen nog niks verder van die polisie gehoor oor die voorval nie.

“Ek moet glo wat die speler my vertel want ons het ʼn verhouding. Ons kan slegs optree wanneer die teendeel bewys word.”

Die polisie het vroeër bevestig hy ondersoek die voorval wat Saterdagaand plaasgevind het.

“ʼn Klag van aanranding is aanhangig gemaak in verband met die voorval,” het sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Daar word beweer dat ʼn argument tussen twee groepe ontstaan het. Daar is mense wat beseer is en na ʼn hospitaal geneem is behandeling.” Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Etzebeth het op sy Facebook-blad op die bewerings gereageer.

“Dit is heeltemal onwaar en ongegrond om te beweer dat ek iemand in Langebaan fisies of rassisties mishandel het, soos op sosiale media berig word. Verskeie getuies kan dit bevestig,” het Etzebeth gesê.

“Ek is en sal altyd daarna streef om ’n ware ambassadeur te wees vir hierdie pragtige reënboognasie en die sport wat ek liefhet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Joey ·

@Jonathanm en 1 uit elke 4 Saffa mans het al gerape, is jy daai 1? waar daar n rokie is….

Jaco ·

Die realiteit is as n blanke gaan jy heeltyd uitgelok word. Loop eerder weg maak nie saak wie het wat gedoen die feit bly as n blanke sal jy altyd die skuldige wees in die oë van die reg en die meerderheid is Suid Afrika, as n blanke het ons nie meer regte in ons eie land nie.

Die Etzebeths is uitgelok in die video word gese neem n video van die Spribfbok

Christo ·

My vraag hoekom word Malema se uitsprake ook nie met soveel dringendheid en spoed gehanteer nie, dis om van te braak

CallieL ·

Wil net vra. As hy daar was, hoekom het hy dit nie gestop nie. Glo my, niemand gaan skoor soek waar daardie manne is nie. Glo liewer die fris manne het soos altyd as hulle in so groep is mos maar iets vir almal te vertel want wie kan teen hulle stry. Iemand het toe seker maar teruggepraat

Andre Coetzee ·

Ek stem.Ek vind dink moeilik om te glo dat enige iemand net so storie sou uitdink en Eben het ongelukkig reeds ‘n sleg naam wat vuilspel,baklei ens betref.So ek is geneig om die klaer in die geval te glo totdat daar konkrete bewyse is om die teendeel te staaf.Ongelukkig het Eben ‘n sleg rekord en dit tel teen hom.Hy moet verkieslik nie in drink plekke rondhang waar onderonsies kan uitbreek nie want sy humeur is glo haardun.

Wesley ·

Gelukkig werk enige regstelsel nie so nie. Skuld moet bewys word, nie anders om nie.

En watter “humeur” buiten sy rugby aggressie op die veld, praat jy van? Indien hy n paar nagklubs te voorheen ontwrig het met n paar warm klappe, dan is daar absoluut niks in sy verlede wat teen hom kan tel nie.

Sarie ·

Die klaer Sammy het ook ‘n geskiedenis van leuens. Selfs die ANC wil hom nie hê nie.

Johan Neuteman ·

Dis onnodig om woorde te gebruik wat aanstoot gee. Ek stem nie saam met die oordrywing van die aanstoot en wat alles nie, maar dis nou maar so dat mens dan eerder die woorde vermy en met jou lewe aangaan. Daar is gelukkig al alternatiewe woorde uitgedink, soos om die groen insek met lang pote en tentakels wat amper soos ‘n stokkie met pote en vlerke lyk, ‘n bidsprinkaan te noem.

Hans ·

Wanneer kla die MRK vir me Zinzi Mandela aan oor haar rassistiese uitlatings/haatspraak

humor ·

Huh?????? “hierdie pragtige reenboognasie” Dit klink maar kruiperig! Ek dink nie hy se dit eens met die tong in die kies nie. Hy weet sommer baie goed hy jok

ANC ·

Kan eben nie vir my, en die 30miljoen ANC lede aanvat nie? Die massas sal hom braai

ANC ·

Hy is hopeloos te bang. Ons mag dalk kleiner wees, maar look at the numbers. We rule till kingdom come!

Regs! ·

ANC! Hy gee jou een klap dan hardloop die ander 29 999 999 weg dat die stof so staan.
( Hoop jy kan die getal lees?)

hendrik ·

Regs, vra vir Zuma om die getal vir ons te lees. Hy sal weet wat dit is.

ANC ·

Voor hy sy hand kan lig klap my knopkiekieverstand in sy kop in! Staal het nie duktenodig nie,koper wel!

M ·

ANC wees versigtig waarvoor jy wens, jou kingdom mag dalk anders lyk as wat jy dink dit moes wees. Kyk net hoe lyk die land!!

Swartwolf ·

ANC – die trog word leeg. Die geskiedenis gaan herhaal – eers sal julle en julle verhongerde kinders by die UN se kostrokke toustaan vir meel daarna eet hulle mekaar.

Cry the Beloved Country ·

As mens se voorstoep so vol akkies is, soos die ANC s’n, het mens liewers stil gebly oor wat reg en verkeerd is. Langs die woord korrupsie in die WAT pryk nou ‘n ANC vlaggie ter verduideliking.

KKLK ·

@ANC, wys net weer. Jy praat van n handgeveg maar julle ANC lafaards sal met wapen gaan whahahaha bangbroek. Seker ook 8 teen 1?

ap ·

MRK moet entbind word , mors van belastingbetalers se geld , meeste soek net aandag

@Anc ·

Bwaahahaa Anc ek is amper seker jou regte skuilnaam is kolla of bolla oom wp of so iets,jy en hy praat maar dieselfde dwase twak! Wel hier is vir jou bietjie ontnugterende nuus ou maat so lank die Anc die land regeer solank sal dit tot rommelstatus gereken word….Geniet hom dan tot VEREWIG ! Nog slegter nuus vir jou dinge sal erger raak maar geniet hom die Anc se werke en die septiese put van gemors waarna hul Suid Afrika in aftrek.. Duidelik pas jy mooi daar onder saam met al die maaiers en …!geniet hom hoor…nog n ding so is dit nou ok rassisme as iemand my n Afrikaner noem of boer of witvel? Hmm maar die agtergeblewenes lot is vir jou fyngevoelig ne en hul weet nou hoe om die rassekaart speletjies soos bekroonde toneelspelers uit te voer…hehe ai ai ai so kleinlik…foeitog!

kolla ·

Ek wil dit baie duidelik stel dat ek nie die ANC perd is wat hier kommentaar lewer nie.

Stier ·

@@ANC – stem saam met jou. Die goed is so oor die kop geslaan dat hulle in beheer is “till Jesus comes again” dat hulle vergeet dat dit help nie om koning te wees oor ‘n “wasteland” nie. Tweedens was die oorhandiging van mag ‘n “negotiated settlement” hulle het niks gewen nie. Kon niks regkry nie saam met al hulle tjommies in Angola, Rhodesia of Zambie nie. Liederlik gebloei teen die goeie ou SAW 1 teen 5 nog steeds verloor.

Andre ·

Dit moet n krimenele oortreding wees om n profesionele sportman te tart. Want dit is wat die mense doen hulle tart n man uit wat hy is in n groep dan maak hulle aanmerkings en is baie braaf. En dit gaan te ver.Kaapsemense is mos maar bekend vir hulle vuil bekke As jy stupid genoeg wil wees om in n onderonsie met Eben betrokke te raak moet jy nie huil oor hy jou n lelike woordjie dalk toegesnou het nie. Want jy kan dalk baie seer gekry het !

Rinkhals ·

Jy kan hulle uit die WP haal maar jy kan nie die WP uit hulle haal nie.

Jerry ·

Eben gaan die hele SA trots maak wanneer hy na die wereldbekertoernooi die wereldbeker SA toe vat. Selfs Jonathan, ANC en die persoon wat die klag gele het gaan juig van blydskap! Dan is almal in SA, veral in Langebaan, weer goeie pelle, maar ook maar net weer totdat te veel brandewyn en coke in daai Langebaan se kroeg vloei!

Regs! ·

Die politieke bokke sal nie weer ‘n wêreldbeker wen nie!

Schalla ·

Geen manier dat Eben iemand getik het nie. As hy iemand aangerand het sou hulle nie meer met ons gewees het nie.

potlood ·

Eben, vat jou ervaring talent en gaan speel vir ‘n ander land. Hierdie land wil jou nie meer he nie.
Dis wat hierdie storie vir my se…

Waag om iemand iets te noem en jys so diep in die bruines dat jy Nooooit weer jou mond eers sal wil opper nie. Maar moor iemand en die saak sloer vir jare en niks gebeur…
hmmmmm ek verstom my aan hierdie land en sy mense…

Baardman ·

So jy wil voorgee daardie man wat hy getik het is onnodig

JL ·

Ek verstaan nog nie wat sy rol in die hele relletjie was nie. Eers dog ek hy het saamgeslaan, toe verstaan ek hy was ‘n bystander en toe hy het toevallig verbygeloop. Waar pas hy nou eintlik in die hele storie?

Hanna Hoekom ·

As mens na die klaer se gesig kyk, sal jy sien daardie jong word gereeld warm geklap! Dis net “scars” waar jy kyk. Ek dink iemand soek net sensasie en moontlik geld. Vreemd hoe gou die MRK reageer as die klaer nie-blank is nie. Daar sit ou Zinzi Mandela, die BLF ou en Malema nog met bekke vol tande. Hierdie kommisie is n hengse klug!

kolla ·

Hy was per ongeluk in dieselfde kroeg maar dis al. Die bakleiery het buite plaasgevind sonder hom.

Rina ·

MRK moet ontbind ….. geld mors ….. hukum is jul oe so grooooot ……

Rupert Ashford ·

As die MRK betrokke is, gaan daar net een verloorder wees.

Lou ·

Ek dink nie vir een oomblik dat Eben ‘n engeltjie is nie maar is die H woord ook nou onwettig verklaar? Ek het iewers iets gemis
Dan gaan ek nou by die MRK ‘n klag lê as iemand my weer ‘n whitey of rock spider noem.

a Kellerman ·

Dalk kan die patetiese MRK n lys saamsstel van al die verbode woorde.Dan doen hulle darem iets nuttigs.

Vierde-Oog ·

Hy was betrokke, hy was hier by twee plekke en by elkeen was daar n probleem waar hy rassistiese opmerkings gemaak het en soos n matroos gevloek het.Is dit die tipe ambassador wat ons land na die wereldbeker gaan stuur ?

Karlien ·

Hoe dikwels noem iemand jou n whitey of rock spider? Vertel meer asb

Dries ·

Hoekom sal ‘n ou ‘n week voor die WB iemand aanrand welwetende dat hy geskors sal word en nie saamgaan nie. Daar is altyd mense wat sal skoorsoek by ‘n kuierplek met ‘n bekende rugby speler of sy groep want hulle weet hy mag niks done nie. In hierdie geval het sy familie, handgemeen geraak, nie hy nie. Dis snaaks niemand het nog die sogenaamde videos aan die MRK of die Polisie gewys nie. Dis ‘n poging om weer sommige bevolkingd groepe se spelers uit te werk

Johhnie ·

MRK HET GEEN BESTAANSREG. HULLE INTIMIDEER. ALMAL LY AAN MINDERWAARDIGHEIDSGEVOEL. EK SAL HELP BETAAL VIR BERADING.

toy ·

Dit is nou belaglik. Daar is erger dinge in die land, gee liewers aandag aan die moorde en los die nonsense dit is tyd mors en geld wat gemors word.

Robert ·

Jonathan: waar daar ‘n rokie is is ook ‘n vuur aan die doodgaan want daar is nie genoeg brandgoed nie. Gaan jy nou ook die sensasie rond vertel van ongegronde feite. As Eben nie daar was nie dan sou ons niks van die storie gehoor het nie.

humor ·

ap Ontbind man ontbind!!!!! Beleef jy dan nie die land en die anc is al van lankal af besig om te ontbind nie. Die ganse wereld ruik dit al.

WONDER ·

Alles is beweringe. n Groep word beskuldig. Nou wonder ek was hy alleen in die groep wat beskuldig word want alle skrywes verwys net na hom. Indien hy skuldig is moet hy pa staan vir sy foute.

Vintcent ·

Sal die MRK min minagtig hanteer. Hul is eensydig en jaag net kamstige wit rassisme. Die enkele blanke wat daar dien, het bagasie soos n Soweto-taxi òf een of ander psigose.

Werner ·

Dink as Eben terugkom moet al die blanke spelers saam terugkom dis mos wat hulle maar wil hê skree defnitief nie weer vir die blokke nie alles word mos n rasse ding ander kan se en doen wat hul wil maar ons moet net altyd die ander wang draai

PJC ·

Hierdie klomp wil van Eben ontslae probeer raak omdat hy wit is en goeie rugby speel. Nou is hulle bang hulle gaan dalk nie reg kom in ń gewone hof met hul liegstories nie en hardloop daarom na die MRK en dan ook later na die sogenaamde (on)gelykheidshof. Ons het mos almal die afgelope paar jaar ervaar hoe word dinge daar gedoen.

Werner ·

Volgens oorlewering is Andre die naaste aan die waarheid. Bottels en n baksteen is na die Mustang geslinger.

Mak Muil ·

Hierdie “klaers” is nie dalk van ou Tony Ehrenreich se trawante nie?

Johann M van Heerden ·

Belaglik. Maar nogtans verontrustend. Suid-Afrika word ‘n gevaarlike plek vir wit en veral Afrikaanse mense

Ans ·

Klink my Vierde Oog was by die al die drama, kan hy ons dalk meer vertel wat gebeur het? Wat het die klaers dan gedoen dat Eben-hulle so handuit geruk het of het hulle sommer vanself begin vloek en skel? Arme mense wat so
te na gekom is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.